Loop lig vir ‘betaalvakansies’, waarsku kenner

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

ʼn Skuldberader waarsku oor ʼn moeilike finansiële tydperk wat vir almal voorlê as gevolg van die ekonomiese impak van die algehele landwye afsondering om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) te voorkom.

Benay Sager, uitvoerende hoof van die skuldberadingsorganisasie DebtBusters, het gesê Suid-Afrika se afgradering na rommelstatus deur die Moody’s-kredietgraderingsagentskap, kan nie met ʼn lagie suiker bedek word nie.

Volgens hom sal dit beduidend minder belastinginkomste vir die regering beteken. Die afgradering sal dit ook moeiliker en duurder maak vir die regering om geld te leen en elke Suid-Afrikaner sal die gevolge hiervan ervaar.

“Die betaalvakansies wat sommige finansiële instansies aanbied om die impak van die afsondering op verbruikers te verlig kan dalk die onafwendbare uitstel, maar nie onbepaald nie,” het hy gewaarsku.

“Ons maan mense om nou hul uitgawes te hersien en te kyk hoe en waar hulle kan bespaar. As hulle reeds sukkel om hul maandelikse verpligtinge na te kom, gaan hierdie situasie net vererger. Hulle moet by ʼn geloofwaardige skuldberader aanklop voor dit gebeur.”

Banke sal, weens die afgradering, ook onder druk wees en sal waarskynlik strenger leningskriteria opstel sodat dit moeiliker sal wees vir verbruikers om geld te leen. Sager het gesê die silwer randjie van die afgradering is moontlik dat Suid-Afrikaners minder sal staat maak op lenings om hul leefstyle te onderhou.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
DieKriek

Leefstyl? Wat is dit? By ons lyk dit meer soos oorlewing. As jy moet geld leen vir kos, as jy nie eens meer n rekenaar of tv het nie, dan leen jy uit nood, nie om n leefstyl te handhaaf nie.

charmaine

Ek dink in die tyd van afsondering kan n mens nogals baie spaar, ons ry minder, net my man ry vir werk, ek was eenkeer n week, ook nou koop ons nie wegneem etes die geld wat jy nie nodig vir nog n motor se petrol vir daai wegneem etes al is dit R500 spaar dit of koop eeder ekstra kruideniers want ons weet wat le nog voor nie.

Peet

In hierdie geval beteken vakansie jy gaan meer betaal. Dus niks om na uit te sien nie,

Grassie

Miskien het sommige mense nou agtergekom dat hulle heel goed sonder ‘n huishulp en/of ‘n tuiningenieur kan klaarkom en dat die kruideniersware sommer baaaie langer hou.

Johnny

Die doel van hierdie sogenaamde “betaalvakansie” is bloot sodat die instellings hulle balansstate kan red. Omdat hulle grasie gee vir betalings, hoef daardie agterstallige lenings nie as moontlike oninbare skuld klassifiseer te word nie. Verder hou hulle nie op om rente te hef nie, so inderwaarheid hef hulle 3 ekstra maande (of watookal die betaallgrasietydperk is) se rente, wat weer bykomende rente oploop weens die effek van saamgestelde rente. So kliënte het niks om voor dankbaar te wees nie. Wat my nog verder grief is dat die banke hierdie voorhou as synde hulp en opoffering van hulle kant af, terwyl… Lees meer »