Loop lig vir haaie by Kommetjie

(Argieffoto: Lubo Minar/Unsplash)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die Stad Kaapstad het gewaarsku teen verhoogde haai-aktiwiteit nadat ʼn walviskarkas by Langstrand, Kommetjie, uitgespoel het.

Die organisasies sê die karkas het merkbare verhoogde haaibedrywigheid veroorsaak en branderryers, roeiers en swemmers in die omgewing van Langstrand en Noordhoek is gemaan om ekstra waaksaam te wees.

Die stad sê sy vasteafvaleenheid sal sorg dat die karkas verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Shark Sighted Today
Enter Water At Own Risk

Dit is immers àltyd op eie risiko.
Nie slegs wanneer haaie gewaar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.