‘Loop lig vir ontsnapte leeus’

Argieffoto van ‘n leeumannetjie in die natuur Foto: designerpoint, Pixabay

Vyf leeus het ontsnap uit die Krugerwildtuin.

Rey Thakuli, woordvoerder van SANparke, het aan Maroela Media gesê SANparke maan inwoners van die Mananga-nedersetting naby Komatipoort in Mpumalanga om versigtig te wees.

“SANparke-veldwagters, Mpumalanga-toerisme en die ander beamptes van die park en die Suid-Afrikaanse Polisie is op die toneel en is besig om na die leeus te soek,” het Thakuli gesê.

Volgens Thakuli het die leeus glo verdeel en in verskillende rigtings beweeg. “Ons maan inwoners om versigtig te wees en enige tekens van die leeus aan te meld,” het Thakuli gesê.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het die voorval bevestig en gesê die vyf  leeus is glo in die omgewing van die N4 by Mananga.

“Lede van die park het my verseker hulle is in beheer van die situasie. Motoriste moenie stilhou in daardie gebied nie. Hulle moenie uit hul voertuie klim nie en daardie gebied verkieslik heeltemal vermy,” het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi sal die leeus gevang word en nie van kant gemaak word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

snoefie ·

ja nee, net mense en motorists in die omgewing van die N4rondom mananga moet op hulle hoede wees. leeus het mos nie pote nie. hulle kan nie kms per uur loop nie.

Leonie ·

Glo my ek dink nie hulle is eers meer in daai omgewing nie. Die woordvoerder van SANparke weet duidelik nie hoe vining hulle beweeg nie.
Stem saam met jou Snoefie .

Scalla ·

Ek ken nie daai omgewing so goed nie maar is dit nie dalk daar waar die renosterstropers inglip in die wildtuin nie, hoop dit dien ook vir hulle as afskrikmiddel en die nuus versprei vinnig.

Piet Pompies ·

Vanoggend op pad werk toe hardloop iemand by my motor verby en skreeu iets van 5 leeus, my eerste gedagte was dat dit iets met die rugby te doen het en die man is op sy laaste met sy span se ondersteuning…..toe lees ek die berig…..

foxi ·

Ja…..rowers moet nou ligloop. N honger leeu is baie gulsig………

m ·

Hierdie tipe ding sal ma net al hoe meer gebeur want hierdie mense steel mos de laaste grensdraad af. Hoop tog nou net die die arme diere word doodgeskiet nie.

CAV ·

Ek neem aan daar sal maar min spoed lokvalle wees in daai omgewing

Anton ·

…nou weet ek…my skoonma het my gesmeek om die deur oop te sluit toe ons daar ry en ek het net aanhou ry…sy wou inklim en nie uit klim nie…lol

Scalla ·

Anton, fauna en flaura sal jou aankla, mens voer nie enige soort goed vir n leeu nie.

Chaparel ·

Hulle wat se ons het nog nie die leeus gevang nie maar ons het alles onder beheer maar wat het hulle dan in beheer as die leeus nog vry rondloop?

Hennie ·

Mens hoor nie sommer dat leeus uit die Kruger wildtuin ontsnap nie, en wie is daar in beheer???

Nettie ·

@Hennie, vrá jy nog? Jy weet mos, alles wat van orde na wanorde, eerlikheid en openhartigheid na bedrog en korrupsie, voldoende bestuur na laksheid in verval val, word deur ….. die swart oormag gedoen.

E.K. ·

Bedaar almal, volgens enuus is die leeus naby Swaziland opgespoor en word planne gemaak om hul aan te keer.

Terloops ·

Die leeus het nie ontsnap nie. Net eenvoudig aanhou loop om te jag vir kos. Die grensdrade is mos verwyder of gesteel.

Oom Piet ·

Ek het gehoor die leeus is op pad Loftus toe om die Bulle te help – so los hulle asb. uit.

Judith ·

LOL – ja Oom P, die hele park se leeus kan los loop ,sal geen verskil maak aan die Bulle Span nie. Soos hulle sê in WP land (Weer Probeer)

amvi ·

‘n dien ontsnap nie. Hy beweeg in die ruimte wat hom gegun word. Nou het een of ander idioot nie sy werk gedoen nie en sodoende die Leeus se lewens in gevaar gestel. Ek hoop regtig hulle word nie seergemaak nie, want hulle is nie in die verkeer nie.

Kosie ·

Een van die leeus is opgespoor..en ‘n dooie bok. Wat kan mens sê, ‘n man moet eet.

Frank ·

Hello wat is die nommer wat Moet Genel word. Moontlik leeu in Nelspruit. River side mall.

Janie Monsieur ·

Dagsê Frank,
Dankie vir jou kommenataar. SANparke het gevra dat enige inligting oor die leeus aan die polisie deurgegee word. Die nommers wat jy kan kontak is: 080010111, 0768019679 of 0137350197.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Oom Kaspaas ·

Ag moenie worrie nie, ek het hulle sommer so in die ry deur die ruit van my Hilux gevang, hulle sterte aanmekaar geknoop, en hulle agterop die bak gegooi. Ek is nou by die Kruger se hoofhek om hulle af te laai, maar die wagte wil nie vir my oopmaak nie….sê ek is kamtig te laat en moet maar môre oggend weer kom. Nouja, ek wil nou ook nie hê die ou vyf welpies moet vannag koue vang nie, so ek sal hulle maar elkeen ‘n doppie brannewyn inja en hulle dan sommer so tussen my en Ta’ Anna op die dubbelkatel laat slaap.

Dries ·

Het hulle uit die hotel in Melbourne of uit die een in Canberra ontsnap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.