‘Loopmaag’ laat bekende Afrikaanse sanger in die knyp

armand-hofmeyr-groter

Armand Hofmeyr.

Armand Hofmeyr, sanger en seun van Steve Hofmeyr, is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo op die N4-snelweg naby Bronkhorstspruit gejaag het, omdat hy glo maagprobleme gehad het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte [Hofmeyr] is omstreeks 14:32 van die snelweg afgetrek nadat hy glo 185 km/h in ʼn wit Ford ST in ʼn 120 km/h-sone gejaag het.

“Hy het beweer dat hy die spoed oortree het omdat hy ʼn loopmaag gehad het,” het Nxumalo gesê.

Hy is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en nalatige bestuur omdat hy die spoedgrens van 120 km/h oorskry het.

Maroela Media het Armand geskakel en hy was teen 16:20 steeds by die Bronkhorstspruit-polisiestasie “besig met papierwerk”.

“Ek het regtig diarree en vermoed dit was iets wat ek Saterdagaand geëet het,” het hy gesê. Hy het Saterdagaand ʼn optrede in Burgersfort gehad en gesê sy aandete het uit “boeliebeef en ʼn kaassous” bestaan.

“Ek het letterlik vandag saam met my neef van Burgersfort af van vulstasie tot vulstasie gery om die nood te verlig. Ek hoop om gou hier uit te kom en ʼn boete te betaal en sal dan my saak in die hof stel as dit voorkom.”

Hy het gesê hy moes verskeie kere vandat hy by die polisiestasie aangekom het, die badkamer besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gerhardt ·

My maag sal ook wil loop as ek so vinnig ry en dan gevang word.

Gerhardt ·

O en armand, hou ALTYD ‘n pakkie ‘loperamide” by jou! Dis nou die naam van generiese Immoiduam. Strekte ou maat maar moenie weer so maak nie. Gaan poep eerder in die bos lang die pad. Mens noem dit ‘n “plasie”.

Johan Erasmus ·

Jy het n vuil broek vandag vermy wag tot jy daai boete sien dan gaan daai broek vuil wees

Leonie Burmeister ·

As hierdie dalk n wake up call was boetie Hofmeyer dan moet jy dankie se vir fie ondervinding.

annoniem ·

As jou maag werk gaan 185 kpu te vinnig wees vir n maagwerking en jou broek vuil , teen 80 kpu kan jy betyds stop en jou broek nog skoon. Armand vat n vuil kans,gaan nog baie moet leer. Wat sou hy gemaak het as iemand voor hom ingehardloop het

Jakoos ·

Nina en volgens wet moes hy by spoeeodbeperking hou. As mens so maagaandoening het dan stop jy mos maar oor, kry medikasie en bly van die pad af. Om ander in gevaar te stel met ‘n gejaag is nie die oplossing nie.

Elaine Roos ·

Die mannetjie kort ‘n goeie pakslae. As hy so siek was die oggend hoekom dan self bestuur. Ek glo nie sy storie nie. Hy is ‘n klein bederf. Hy kon iemand se dood veroorsaak het.

Nina ·

Het jy hom help grootmaak dat jy kan sê hy is bederf? *confused*

Eish! ·

Volgens my iemand wat op pappa se naam wil ry. Ekskuus Steve Hofmeyer se seun?????? Wat het sy Pa met sy sondes te doen? Ag nee rerig en dit is wat die verkeersmense ook vir mense se, gaan bestry die saak en vertel vir hulle jou maag werk. (Het in Secunda met my kind gebeur)

jeanet tana botha ·

Wat n pragtige man het hy nie geword nie – baie sterkte jong met jou maag en jou loopbaan – jy sing awesome verby

Peet Schabort ·

Ook kon die opskrif gelees het: ‘Loopmaag’ laat bekende sanger in die knyp terwyl hy knyp.
Armand, jy moes sommer net daar jou ding gedoen het sodat die spietkops nie naby jou kon kom. Dan kon jy hierdie nuwe ‘wapen’ gepatenteer het.
Dalk ‘n nuwe liedjie oor spietkops, iets soos beginnende met:
“O, my maag, my maag;
Is besig om my te plaag.

Nou ry ek teen ‘n verskriklike spoed;
Hoop nie ek gaan hiervoor boet.

O wee!, daar staan die spietkop in die pad;
Hier kom ek aan met my gietergat.

Nou moet ek stop vir ‘n vale;
Terwyl ek loer na die pad se heining met die lang pale.

Wat gaan ek nou maak;
Terwyl my agterstewe kraak.

Dit lyk my hy glo nie my storie;
Dit lyk my hy ruik dit ook nie, gedorie!

Sal in die vervolg moet onthou;
Om op die toiletrol te vertrou.

Martin ·

Aartjie na sy vaartjie. Sy pa het ook mos al dieselfde ondervinding, as ek dit nie mis nie ook in Bronkhorstspruit gehad.

Gideon ·

Dalk was dit regtig sy probleem!! Wie is ons om te sê hy jok. Dit is ook gladnie so vinnig nie!! Kom by mense dit is ‘n snelweg, wat vir my sê mens behoort daarop te kan jaag!! Dit is nie spoed wat doodmaak nie, maar ek glo swak paaie sonder strepe, slaggate, lang gras langs paaie, dronk bestuurders, oormoegheid, alkohol, oorlaaide voertuie.

Bruno Stef ·

Ai ou soetkoekie jy is baie gesteld op die toepassing van jou voorgeskrewe prosedures ivm verwydering van kommentare.Jy gaan n klop op die skouer kry.

sarie van heerden ·

Ek dink nie die Hofmeyr seun is so dom om ‘n lopmaag as verskoning te bied terwyl hy weet ‘n mediese ondersoek kan hom verkeerd bewys nie. Daar is baie bitterbekke wat net sit en kyk of hul nie ‘n Hofmeyrtjie so ‘n laaste knypie kan gee nie. Laat tog die mense met rus!

Arie Steyn ·

Ag foeitog , dit pla my as daar so min aandag gegee word aan nuus wat saak maak , nou ry armand te vinnig is dit nuus of is dit n manier om die hoe bome te probeer afkraak , nee mense ons almal ry maar vinnig as jy kan bestuur, so ek dink die storie is nou regtig nie nuuswaardag nie.

EMK ·

As ek loopmaag het bly ek waar ek is tot dit beter is. Netnou kry jy ‘n glipsie in die kar, ga! Boeliebief met of sonder kaassous sal my in elk geval ook loopmaag gee; wat se ete is dit?

Piet ·

Baie mooi gestel daar jou volgende treffer Armand lyk my Bronkhorstspruit is nie bedoel vir jou en jou pa nie (steve nog steeds my hero ) kom sing eerder daar b ly weg van die N4 met julle vuurwaens

pop ·

Elaine asb. moenie goed se wat jy nie weet is n feit nie, en bly dan nogsteeds stil oor n ander se manier van kind grootmaak. A nee a vrou.

Marietjie ·

Ek het ook al 1 keer 4 ure lank aanhou bid vir elke beskikbare badkamer en dat ek asb betyds daar sal uitkom , dit was die langste 4 ure van my lewe en jy kan naderhand sweer hulle het die vulstasies geskuif …… en dan al blaffende badkamer toe hol weet nie wat is die ergste nie want jy kan sweer die mense kyk jou aan asof dit nog nooit ooit met hulle gebeur het nie … en die saligheid as jy gaan sit, kyk dan is jy maar ook stokdoof !!!

Peet Schabort ·

En Marietjie, onthou ook die wasgoedpennetjie vir die neus want jy kan nie vlug terwyl jy daar geanker sit.

Peet Schabort ·

Michiel, dan hoef ons dit nie in die Huisgenoot te lees. Dis eintlik ‘n storie vir die Kleinhuisiegenoot.
Dit was hier in die 1950’s wat ‘n oom op Bethal heel rustig op die ‘longdrop’ gaan sit het en met bepeinsing sy pyp aan die brand gesteek het. Die gasse in die ‘longdrop’ het ontplof en die oom het gesit/staan in die oopte met ‘n bruin ‘kombers’ oor hom. Dit was vir weke die grootste hoofnuus in Bethal.

Michiel ·

Peet, daardie Bethal-storie is een van die sg “urban legends” – het dit al meermale gehoor en dat dit, soos dit is met sulke “stories” is, op verskillende plekke plaas sou gevind het!

Sean Oberholzer ·

Laat een van ons gewone mense dit durf om so te jaag en gevang word dan word ons net daar toe gesluit. Maak nie saak wie of wat hy is nie reels bly reels.

Jakoos ·

Sean, net so. Kan nie dink as mens bestuur as men sloopmaag het nie. Gaan na apteek/kliniek/hospitaal in so noodgeval (AS dit natuurlik die waarheid is) en bly êrens tot dit oor is. Belaglikste verskoning ooit. Hoe gaan hy dit bewys – met sy vuil onderbroek? Dis juis die punt niemand kan die teendeel bewys so die mannetjie sal wegkom met dit. Die wette is vir almal, maar glo my dis die tipe wat vinnig kla as die anc reëls/wette verbreek !

schaun ·

nee kyk mater, as jy siek is of nie in staat is om te bestuur nie, bly by die huis, hoe gaan jy dit verduidelik as jy op daai spoed ongeluk maak en iemand se kinders verloor hul lewens, wat se jy vir daai ma, jy het maag probleme… jy maak n klomp geld met jou optredes en nie enige persoon kan n st bekostig nie, boek n hotel en n dokter…. dink nugter volgende keer

Riette ·

Is dit nou regtig nodig om so artikel te plaas, net omdat hy bekend is moet die hele wereld weet as hy n loopmaag het?????? Ek het ook n loopmaag wil julle nie dalk n artikel oor my loopmaag ook doen nie

jo-anlie ·

Ner kyk ek stop net daar langs pad en kry verligting daai tipe nood mense dis erg glo my ek weet waarvan ek praat. Dit voel of jy in n hartstilstand wil gaan . So dis geen grap. Hy kon stop om gejaag te vermy. Mense se lewens is in gevaar gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.