‘Los die hof, lewer dienste’

Frankfort se naambord. (Foto: Facebook/ Namahadi, Frankfort -Fefethu)

Die Vrystaatse hooggeregshof het die Mafube- plaaslike munisipaliteit (Frankfort) sy tweede bloedneus in minder as ’n jaar toegedien.

Die munisipaliteit se aansoek om verlof tot appèl teen ’n dringende interdik wat die burgerregteorganisasie AfriForum vroeër bekom het om die rioolinfrastruktuur van Frankfort in stand te hou, is Maandag met koste van die hand gewys.

Die munisipaliteit word nou daarvan beskuldig dat hy die inwoners van Frankfort se geld mors deur hofsake te dryf eerder as om verantwoordelikheid vir die dorp se probleme te aanvaar en dit op te los.

“Die munisipaliteit kon veel eerder die geld gebruik het om dienslewering in die dorp te verbeter en om die rioolinfrastruktuur in ’n werkende toestand te kry. Dit wil voorkom asof die munisipaliteit hom tot die hof wend net om nie dienste te lewer nie,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir gemeenskapstrukture vir die sentraalstreek.

Die interdik wat in Junie verlede jaar aan dié organisasie toegestaan is, het die munisipaliteit verplig om die onwettige rioolstorting in die Wilgerivier stop te sit en te verhoed. Dit het ook onder meer die deeglike instandhouding van die Namahadi-pomphuis en Namahadi-rioolwerke, asook gereelde betalings aan Eskom ingesluit.

Grobbelaar sê dit is jammer dat AfriForum en gemeenskapslede eers die hof moes nader om die munisipaliteit te verplig om dienste te lewer, “maar dit blyk dat dit die enigste uitkoms is nadat talle pogings aangewend is om saam met die munisipaliteit te werk om die probleme uit die weg te ruim”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

sal eerder in riool versuip voordat hulle werk vir hulle geld!

Ian ·

Dit is nie die munisipaliteit nie maar eerder die korrupte ANC lede wat daar is maar nie hulle werk doen nie. Dit is n haatlike spul mense.

Marius ·

Die naambord lyk net soos die dienste wat gelewer word. Dit se vir my alles.

Jr ·

Afriforum dit is nou saak 100 002 gewen. Knap gedaan. Govt nil ty nil en nikkies nix and naughty naught en zilch. Now listen carefully

Kokerboom ·

Kan ons nou ernstig ndie ANC kriminele uit ons plaaslike owerhede verwyder?!!!!

JohanR ·

Na 28 jaar het die ANC die laagste punt bereik…..gaan hof toe sodat hulle NIE dienste hoef te lewer nie. Wat maak hulle met hulle begrooting……hou partytjie?

Casper ·

Dit is nou ironies.Die blankes is goed genoeg om te baklei vir al die inwoners.Dit sluit my felliw SOUTH AFRICANS in maar kom verkiesing dan stem hulle ANC.

Harley Davidson ·

Die gemeenskap moet ophou betaal as hulle nie dienste kry nie en slegs betaal vir dienste gelewer punt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.