Los die howe; skeur op ‘drakoniese wapenwet’

ammunisie-vuurwapenwet-vuurwapens

Die DA is sterk gekant teen die voorstel om selfverdediging as rede vir die besit van ʼn wapen te skrap. (Argieffoto: David Levêque/Unsplash)

Die DA het ʼn hernieude beroep op die minister polisie, Bheki Cele, asook die ANC gedoen om die “drakoniese” Wetsontwerp op Vuurwapenbeheer te laat vaar. Die wetsontwerp het onder meer ten doel om selfverdediging as rede om ʼn vuurwapen in Suid-Afrika te besit, ongeldig te laat verklaar.

Daar was die afgelope ruk groot kritiek op die voorgestelde wetgewing.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê nou pleks daarvan om vir die howe te wag om ʼn besluit oor die kwessie te neem, moet die regering die wetsontwerp opskeur.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê dit sal aan die howe oorgelaat moet word om te besluit of Suid-Afrikaners selfverdediging mag aanvoer as rede om ʼn vuurwapen te besit.

“Die stelling dui op ʼn duidelike gebrek aan vertroue deur die president in die wetsontwerp. Die DA is van mening dat die regering nie agter die howe moet skuil nie. Die ANC moet sy siening oor die saak bekend maak sodat die publiek hom aanspreeklik kan hou vir die poging om hulle te ontneem van die grondwetlik beskermde reg om hulself en hul gesinne te beskerm,” sê Whitfield.

Die DA is sterk gekant teen die voorstel om selfverdediging as rede vir die besit van ʼn wapen te skrap.

“Met Suid-Afrika se hoë misdaadsyfer, maak hierdie drakoniese stuk wetgewing misdadigers selfs dapperder, terwyl dit die laaste linie van verdediging van wetsgehoorsame burgers wegneem.”

Meer as 65 000 Suid-Afrikaners het reeds die party se petisie teen die wetsontwerp onderteken.

“Hulle is wetsgehoorsame burgers wat weier om ontwapen te word en gedwing te word om staat te maak op ʼn polisiemag met te min personeel en te min hulpbronne wat misluk in die stryd teen misdaad,” sê Whitfield.

Hy sê om burgers te ontwapen in die huidige misdaadgeteisterde omstandighede is roekeloos en laat talle onskuldige burgers aan die genade van misdadigers oor.

“Die president en min. Cele moet die drakoniese vuurwapenwetsontwerp opskeur. Hulle het die mag om dit te doen. Die regering moet ophou om sy verantwoordelik op die howe oor te skuif. Suid-Afrikaners het hul gevoel jeens die wetsontwerp glashelder gemaak.”

Whitfield sê die regering en die polisie moet dit vir Suid-Afrikaners makliker maak om veilig te voel, nie moeiliker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Hierdie gewysigde stupid wet moes in die 1ste plek nie eers opgekom het nie! Hoed, ons is meer bekwaam as jy of jou nuwe “wannabe rambo’s” om onsself te beskerm! Misdadigers kom eet nie koek of drink tee nie hulle wil ons vrouens en kinders verkrag en vermoor! Voetsek met die wet! Ek gaan nie ‘n krimineel word vir jou nie oor die vertraagde wet nie!

Wikkelwillie

Ek verwerp die voorgestelde wetsontwerp op die FCA 2021 in sy totaliteit. Die redes hiervoor is legio Misdaad syfers en plaasmoorde sal die hoogte inskiet. Dalk pas dit die regering se agenda, maar dit is n skending van elke individu se mees basiese mensereg: die reg op lewe. In n land soos SA is die reg om jouself te verdedig on onderhandelbaar. In teendeel, dit is waar van enige land ter wêreld. Die regering kan burgers nie soos dit is beskerm nie, wat nou nog as artikel 13 wegval? Is dit deel van die regerende party se doelstellings? Verder sal… Lees meer »

Delene

Sal glad nie verbaas wees as die nuwe Wetgewing Vrydagmiddag deur gevoer is nie. Hoekom die skielike opskorting van beurtkrag op ‘n Vrydagmiddag? Waarom die skielike haas?

Johanncb

Die howe regeer lankal ons land met groot sukses! Kom ons wag op hul logiese uitspraak!

Francois Le Cochon

Maak dit eerder verpligtend dat almal bo 18 ‘n vuurwapen moet besit. Geen misdadiger sal dan sy/ haar vuurwapen uitruk nie, want dan is hy/sy in almal se visier.