‘Los hom uit’, sê Magashule oor Zuma

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, meen daar is geen rede om oudpres. Jacob Zuma uit die regerende party te skors nie.

“Los hom uit. Wat is die probleem?” wou ‘n duidelik geïrriteerde Magashule weet nadat joernaliste hom Woensdag in Soweto oor Zuma se optrede uitgevra het.

“Pres. Zuma is pres. Zuma. Ek kan nie namens hom praat nie,” het Magashule, wat self op 21 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery teregstaan, gesê. “Pres. Zuma is ʼn Suid-Afrikaner en het sy eie regte.”

Zuma het Maandag ondanks ʼn bevel van die Konstitusionele Hof aangedui dat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping geen verdere samewerking van hom in enige van sy toekomstige prosesse kan verwag nie.

“Ek vrees nie inhegtenisneming nie, ek vrees nie skuldigbevinding nie en ek vrees dit ook nie om opgesluit te word nie,” het die beleërde oudpresident gesê.

Die Zondo-kommissie het in reaksie gesê dit blyk dat Zuma homself verhewe bo die Grondwet  beskou. Die kommissie het ook aangedui dat hy strafregtelike klagte teen Zuma sal indien.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Oor eise dat Zuma uit die ANC geskors word en op ʼn vraag aan Magashule oor of die party dit oorweeg, het hy geantwoord: “Nee. Hoekom moet ons ʼn persoon skors wat glo in wat hy glo? Pres. Zuma het die reg om te doen wat ook al hy wil. Ons het nog nie hierdie kwessie bespreek nie. Ek kan nie insien wat die kwessie is nie.”

Die DA het intussen die Zondo-kommissie se voorneme om Zuma strafregtelik aan te kla, verwelkom. Adv. Glynnis Breytenbach, DA-woordvoerder, meen daar moet dringend stappe deur wetstoepassingsagentskappe gedoen word om te verseker dat die klag geregistreer word en dat Zuma boonop verplig word om te getuig tydens sy geskeduleerde verskyning vir die week van 15 tot 19 Februarie.

“Veral die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) moet voorbereid wees om Zuma in hegtenis te neem indien hy nie opdaag nie. Indien hy met sy beplande uittarting voortgaan, moet Zuma in hegtenis geneem word en die gevolge van sy afskuwelike gedrag die hoof bied, net soos enige ander burger,” het Breytenbach gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Stefan ·

Die anc het al die jare bankvas agter hierdie 2 gestaan terwyl daar duidelike tekens van korrupsie was/is.
Dit bewys mos dat die hele anc korrupt is en dan staan die merendeel van die kiesers weer bankvas agter die anc.
Met ander woorde: ons kan droom dat dit in die toekoms beter gaan, maar dit gaan nie gebeur nie.
Jammer dat ek so moedeloos klink.

Louis ·

Stefan jy praat so waar, selfs al kom ‘n ander regering ooit aan bewind, sal dit nooit beter gaan nie, want dieselfde korrupte mense sal nog steeds in die staatsdiens werksaam wees. Ons bevolking is papvrot!!!

Jackie ·

Natuurlik sal hy dit sê. Hyself moes lankal geskors gewees het.

SomeOne ·

hy moes lankal sy oranjepak al gedra het, zondo kommisie speel ook vir tyd

Pieter ·

“Pres. Zuma is ʼn Suid-Afrikaner en het sy eie regte.”
Dis die probleem, julle verstaan nie die betekenis van REG-TE nie. Julle maak staat op julle REG-TE om misdaad te pleeg. Maar die wiel draai en so ook sal die REG-TE draai na TE-REG.

Werner ·

Natuurlik sal hulle hom los want as hy praat sluit hulle ou Cyril ook toe

SomeOne ·

dan moet cirrrrel so gou moontlik toegesluit word, moenie tyd mors nie

Friedrich ·

Ace wil seker vir Zuma as selmaat hê. Hulle altwee verdien die tronk, maar sal seker nooit die binnekant van ‘n tronk sel sien nie. ????????????

Jaco ·

Die ANC regering beheer die dept van justisie, waaronder die Zondo kommissie val. Dié kommissie ondersoek vir Zuma wat steeds ‘n ANC-lid is en hy was op ‘n stadium ANC-president en president van Suid-Afrika. So eintlik ondersoek/vervolg die ANC vir die ANC. Dis absurd. Skrap dié nonsens nie wat NET geld en tyd mors en in elk geval nêrens gaan kom nie. Skik die dinge alles binne die ANC-huis. Dis hoogstens 1 week se admin.

Hennie J ·

Sy kommentaar en reaksie is sprekend van die anc se houding teenoor wetteloosheid deur hulle lede. Hulle is te bang vir hulle eie wickets en sal nie teen ander kaders optree nie.

Swerkater ·

Hoe gerieflik ne…..? Maar laat dit nou een van ons moes gewees het.
Hoop Gerrie Nel en die privaatvervolgingsgesag neem kennis.

Persheks Adri ·

Baie slinks! Almal weet as hy praat val almal in die parlement pffft! Hoog tyd!

PH ·

‘n Mens moet darem ‘n paar breinselle hê om te besef JZ het oortree

Hendrik ·

Hoekom word na hom verwys as president Zuma. Hy lankal nie meer pres nie.

Hendrik ·

Ek stem saam met Ace. Zondo moet hom uitlos want die ondersoek kommissie beteken niks en mors net belastinggeld. Dit is tyd dat Zuma en ook Ace na ‘n behoorlike hof toe moet gaan om pa te staan vir al die korrupsie en stelery.

SomeOne ·

waar gaan die hof wees ?, anc almal van hulle moes lankal voor die wereld hof gestaan het, : klagte: wreedheid teenoor die mensdom

Casper ·

Ek dink Zumpi het nou te vêr gegaan.Sy uittartende houding gaan vir hom duur te staan kom.Sy ouderdom,wel kyk wat het met Bob Hewit gebeur.Eish kan nie baie praat nie want hy volg dieselfde pad.

ES ·

Hy het dalk sy eie regte, maar hy het nie die reg om te doen wat hy wil nie. Hy is nogsteeds verbonde aan die landswette, net soos enigeen van ons. Hy is ook lankal nie meer President nie, hy is nou net ‘n gewone landsburger.

Jr ·

ES u weet seker dat hierdie land het altyd twee stelle wette. African Law and Roman Dutch Law. Dit is nog steeds so in die “nuwe SA”. One law for
” our people” and one for the minorities.

Mariana ·

Ja nee wat soort soek soort. Almal klomp skelms en weet te veel van mekaar.

annie ·

Daar is sake waaruit AfriForum moet bly. Dit is nie Afrikaners se taak om die ANC se nagkar te ry nie. Bemoeisiekheid in ander party se smerige moleste is dwaas; dit moet deur hulself opgeruim word want bloedvergieting word ‘n sterk moontlikheid. Die magsmisbruik was wel astronomies en Afrikaners word misken maar laksman speel gaan katastrofiese nagevolge hè. Die ANC sal vreeslik bly wees as ‘n dwaas die prys betaal. Zuma, erg soos hy is, het die Afrikaners ‘n stam van Afrika genoem. CR & kie glo die teendeel.

Baardman ·

Amper lag ek. Hoe verwag jy dat hulle self hulle moleste uitsorteer. Hulle plunder alles waaraan hulle vat. So jy stel voor ons sit op die kantlyn en kyk hoe hulle die land in die grond in regeer, soos in Zim en Mosambiek. Glo my, as dit nie vir organisasies soos AfriForum was nie was hier lankal niks oor nie.

Androclus ·

Los die klomp skelms,lekkerte is maar ‘n vinger lank,die wiel draai maar seker kom hulle onder.

Okmardom ·

As jy voorheen n gevangenisnommer gehad het, word jy weer met dieselfde uitgereik, of kry jy n nuwe?

Dirk Mostert ·

Daar was omstredenheid om Ace se verkiesing as Sekretaris-Generaal van die ANC. CR het ter wille van eenheid in die ANC die uitslag aanvaar. Daardeur het hy vir himself ‘n lat gepluk. Laat ons sien of die ANC se NUK Ace ongestraf laat.

Pieter ·

Stortkop, moet net alles weg gevat word om sy skelm streke terug te betaal en in die tronk gegooi word tot hy sterwe. Magashule, is net bang hoe al sy ander skelm streke op die lappe gaan kom. Want sy lot is selfde as Zuma sin- Verkoop al sy goed en gooi hom in die tronk.

Kokerboom ·

Hoekom word ons so konstant getreiter deur berigte en gesigte van die 2 korrupte, gemene, arrogante en verfoeilike persone?

Cd ·

Wat n laakbare uitlating!
Zuma wil so graag die martelaarsrol speel.
Soek maar net aandag van sy ook korrupte volgelinge.
Selfs Juliaas is nou al hand op die blaas met Zuma. ( tot Eff se eie voordeel)

Eragrostis ·

Hoekom kry Magashule enigsins dekking oor wat hy sê? Hy staan dan self agter die deur? Kriminele.

Suzette ·

Voels van eenderse vere. eish sê mos self “I did nothing wrong” -selfde met stortkop.

RS ·

Al rede hoekom Ace wil he Zuma moet uit gelos word is omdat hy gaan dalk dieselfde pad loop en hy soek nou al ondersteuners!

koos10 ·

Ace (eish), gaan jy net so lojaal aan hom wees as hy, soos ons hom ken, jou onder die bus gaan insmyt, om sy eie bas te red? Hy het mos hoeka gesê hy gaan die blik wurms oop maak. Hy is op geleende tyd, en hy het net 4 opsies, vlug soos die Guptas, getuig, tronk of die dood.
Plaas jy konsentreer eerder op jou komende hofsaak en los Zuma uit om sy eie “battles” te baklei.

Natasha ·

Ace Magashule sal natuurlik nie die hand byt wat hom voed nie.

Aikie ·

Dit moet sekerlik ‘n riem onder bra Zoempie se hart wees om so’ n sterk ondersteunings basis te hê nadat jy die land amper tot op die rand van ineenstorting gehad het. Of is dit dalk ‘n kwessie vir die ANC om hom stilletjies te beskerm terwyl hulle vrees as hy met die hele sak patats uitkom, gaan daar’ n menigte koppe rol.

Marietjie ·

Vinkel en koljander… een net so korrup soos die ander…

Althes ·

Met so ñ houding van hoë ANC profiel soos Magesule kan mens verstaan waarom die land in afgrond regeer word.
Hy en Zuma ook geen voorbeeld vir jong mense nie.
G’n wonder misdaad is so hoog nie, hul sien wat hul leiers doen.

Moedeloos ·

Ek is ook n Suid-Afrikaner maar het geen regte nie. Ek bly in n onveilige land. Ek bly in n korrupte land. Ek bly in n werklose land, Ek bly in n onchristelike land. So waar is my regte. Maar laat ek net 1 voet verkeerd sit, dan is die hele polisiemag op my.

Botterblommetjie ·

Hy weet – as hy praat sink daar ‘n groot skip (een al klaar vol koeëlgate)…. hy het die mag(septer) in sy hand… SR sê ook nie ‘n woord nie…. as ek deel was van daardie skip sou ek ook suutjies verdwyn…

Swanie ·

Ja want die een ken die ander se geheime. Dit is hoekom die ANC nog niks san Malema kon doen nie as die klomp op mekaar big in klink sit almal en als wat met politiek te doen het in die tronk.

Anel ·

Kyk, as ek nog gewerk het sou ek met die grootste liefde aangebied het om die arrestasie te doen.

Astrain ·

Jammer om jou borrel te bars Ace, maar Zuma is LANKAL nie meer Prez nie!!!

Jenny ·

Mmm, nou wat het Zuma oor Magashule in sy swart boekie wonder ek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.