‘Los Magashule uit,’ sê ANC ná mediaberigte

ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die ANC het Sondag vinnig sy sekretaris-generaal Ace Magashule verdedig ná hy in mediaberigte onder andere van korrupsie beskuldig is en dat hy aan die hoof staan van ʼn goedgeorganiseerde staatskapingnetwerk.

Pres. Cyril Ramaphosa en “die hele leierskap van die ANC”, spesifiek die topses, lei ʼn hernuwing van die ANC en die breër Suid-Afrikaanse samelewing, het die party in ʼn verklaring gesê.

“As die ANC het ons reeds openlik erken dat ons foute gemaak het en ons het onsself die opdrag opgelê om die ANC weer te laat opstaan. Ons het die ander wang gedraai toe die media en ander opponente van die ANC doelbewus sekere leiers van die ANC aangeval en twyfel versprei het oor die eenheid en doel van die leierskap. Die volwassenheid wat die ANC getoon het, is egter nie aan ons terugbetoon nie. Dit lyk eerder of ons goeie aard misbruik word. As die ANC en die leierskap word ons nou moeg daarvoor.”

Die ANC het gesê die jongste berigte in Sondag se Sunday Times en City Press oor Magashule is ʼn “goedgekoördineerde media-aanval”. “Die inhoud van die voorbladstories in albei koerante is byna identies en daar is selfs paragrawe met presies dieselfde bewoording. Dit is gebaseer op ʼn tipiese stratcom-tipe fopnuusboek deur Pieter-Louis Myburgh, met die sensasiewekkende en belaglike propaganda-opskrif, ‘Gangster State – Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture’ [Rapport: “Ace ‘steel by jou, gee dit vir ANC’ – Skokboek betrek ANC se sekretaris-generaal by nes van bedrog”].”

Aldus die verklaring is Myburgh reeds sedert 2016 besig “om leuens oor die sekretaris-generaal te versprei”. “Ons beskou dié boek nou as die kroon van dié leuens.

“Die tydsberekening van die publikasie van dié fopnuusstories en die twyfelagtige boek waarop dit gebaseer is, is skaars ʼn maand voor die algemene verkiesing op 8 Mei om die grootste hoeveelheid skade teen Magashule aan te rig. Dit is duidelik die openingsalvo in ʼn sorgvuldig beplande operasie wat oor die volgende paar dae en weke teen die ANC en Magashule sal ontvou.”

Die ANC het gesê hy beskou “hierdie persoonlike en wrede aanval” op die sekretaris-generaal as ʼn “direkte en goedberekende aanval nie net op die persoon van die sekretaris-generaal nie, maar die kantoor van die sekretaris-generaal, die administratiewe enjinkamer van die ANC wat noodsaaklik is vir ons verkiesingsveldtog”.

“Dis duidelik die sekretaris-generaal van die ANC, as die uitvoerende hoof van die ANC, is die teiken. Hierdie aanvalle het ten doel om die ANC se verkiesingsveldtog te ondermyn en die ANC oor die algemeen te verswak. Dit moet ook nie in isolasie beskou word van ander propaganda-aanvalle wat teen talle ANC-leiers van stapel gestuur is nie (spesifiek diegene wat op die ANC se kandidaatlys voorkom) en bewerings teen ander nasionale ampsdraers (topses) van die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johan ·

Los Mnr M uit! Ongeag wat hy doen, gedoen het of gaan doen. Los hom uit want hy is mos “untouchable”. Hier is tweede Zuma oppad. “Make way”

Ali Swart ·

Wie dink die ANC en Mnr Magashule gaan hulle glo? Kyk hoe lyk die Vrystaat en AL die munisipaliteite!!!!!!! Hy het die Vrystaat gereunieer!!!!!!!!

Akademi Buktu ·

Die rookwalms rondom hom kom al jare lank – uit sy eie Vrystaat ANC geledere. Ek onthou die destydse beskuldigings van manipulering van ‘n provinsiale konferensie wat in Parys gehou is en waaroor daar groot ontevredenheid onder ANC mense was.

ChrisE ·

Ek weerhou my gewoonlik aan politiekery vernaam wanneer dit op die huidige regime betrekking het. Ons wittes moet ons uit die swartman se “poitiek” hou. Dit is nie volgens die “spelreëls en etiek” van die westerse demokratiese beginsels nie. Daardeur sê ek nie dat die westerse politiekery enigsins bo verdenking staan nie. Ons wittes sal nie die Afrikaan se politiek die volgende 500 jaar vervang en of verander nie. Ons wittes moet sit, sluk die wang draai en ander kant toe kyk. Ons sal nie hond haar afmaak met enige blootstelling van enige vergrype of wandade van die politieke bestel nie.

Tom ·

Het jy dalk aan bid gedink Chris E? Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar die geeste wat agter vlees en bloed sit. Dieselfde geeste kan agter wittes, swartes, bruines en Indiërs se optredes sit.

Tobie ·

Julle is reg ANC, dis alles slim beplan, EN gebaseer op feite – wat is fout daarmee?

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met hul spinstories. Hul het volwassenheid bereik in die plundering van SA. Ace is die Joker in die pak, maar die a en see se bluf gaan nie werk nie. Hoewel hul die mooi broodjies bak en dit nogal glo ook, sal die wiel draai en dan die See en A se stemvee en die res van die vrye wereld se oe dalk betyds oopgaan!

Jo B ·

Dit klink vir my, daar is ‘n slang in die gras. Weet Ace nie dalk meer as wat ons dink nie. Die ANC beskerm hom om nie met die sak patats uit te kom nie. Almal van hulle keer en beskerm hom as sy naam genoem word…. nogal opvallend… neh. Maak my bietjie wonder ?

Piet ·

Spyker op die kop geslaan hy is skuldig nou probeer hulle die aandag van hom aflei korupte anc en kie

Jerry ·

Ace is like the rest of the ANC, untouchable until proven guilty, but what the whole bunch forget, is that they will remain as the main suspects who stand accused in state capture/treason until such a time that a court finds otherwise! You can walk, but you will have to keep on walking for a very, very long time!

Deon ·

Die ANC kan die joernalis mos dagvaar indien hy twak geskryf het. Daar sal nog meer dinge uitkom.

fred ·

die ganse korrupte klomp staan weer as één man agter n ander korrupte leuenaar,hulle het mos ook jare met dieselfde taktiek agter Zuma gestaan ….moet ons weer so lank wag tot die korrupte ANC inklim?

Neels ·

Almal in die Vrystaat weet van sy manewales. Hy is mos nou die hoofman van Luthuli Huis en net soos met sy tyd in die Vrystaat mag niemand hom nou ook teen gaan nie . So die sogenaamde anc verklaring kom uit sy mond en pen uit , net n bang ondergeskikte moes nou dit uitreik

Andreas ·

Julle verstaan nie, die ANC en hul stemvee is nie vir die ANC en korrupsie nie, nee hulle is teen die wit mense.

Bekommerd ·

Die ANC reageer weer soos met die boek “The Presidents Keepers”. Met groot verontwaardiging. Dis te wagte. Maar hulle moet net weet, Pieter Myburgh en Jaques Pauw sal NIKS sê of beweer wat hulle NIE in ‘n hof kan bewys nie.!
So, “comrades” oftewel “comrats” hefaan lê vir julle voor. Ace is superslim en het oor 10 jaar sy spore doodgevee. Dit gaan nog BAIE fluitjieblasers en forensiese oudits wees om hom in ‘n hoek vas te keer. Wees net gewaarsku. Jul lewens is in gevaar.!!

ChrisE ·

Tom beslis, ek het nie smeek gebede meer nie, elke gebed wat ek het is dankseggiging en lof aan ons Hemelse Vader. Ek dank Hom vir sy verdraagsaamheid, goedgesindheid en geduld wat Hy aan ons sondige skeppings van Sy handewerk openbaar. Al waarvoor ek smeek is vir vergifnis van ons sondes. Hy sal ingryp op Sy tyd, wanneer ons onself voor Hom verootmoedig en smeek vir vergifnis. Ons moet ook na Sy voorskrifte en Woord terugkeer. Wat doen ons in die land? God help die wat gehelp wil word.

Tom ·

Baie bly oor jou antwoord Chris. Skuldbelydenis is reg. Maar daar is meer wat kinders van God kan doen. Ons is nie verniet priesters en konings nie. Ons kan intree vir die mense van Suid-Afrika soos Jesus doen. Ons kan ook die planne en vestings van die bose verbreek in die naam van Jesus Christus. Ons kan die werking van die bose bind. Ons sit immers nou al saam met Jesus aan die regterhand van die Vader. Jesus wag dat sy vyande ‘n voetbank gemaak word. Kom ons doen dit soos Hy ons lei.

Bertie ·

Liewe Chris, ek stem 110% saam met jou. Dis ons EIE skuld dat dinge gaan soos dit tans is. ons ou boerevolkie moet ons sondes begin bely. God was, is, en sal in beheer wees, wat ookal gebeur. Ons het ‘n lui, nie-biddende volk geword. Dankie vir jou opbouende woorde. Mooi dag vir jou en God seen!

Manie ·

Daar word baie vingers gewys na die man en ek kry die indruk hy n geharde krimineel is wat dink almal in die land is so onnosel om sy toesmeer stories te glo van sy kriminele aktiwiteite. Waar is die verlosser CR wat n skoon regering beloof het. Hy’s in dieselfde klas as sy voorganger

Piet ·

Presies Deon. Hulle moet ophou praat en verskonings soek. As dit fopnuus is, kan dit in hof bewys word as naamskending. Hulle moet hom dan maar dagvaar vir naamskending. Maar ek glo hulle wil eerder hê die hele storie gaan n stille dood sterf. Dis net tragies dat al hul kiesers die ANC se leuens glo. Miskien omdat dit n blanke is wat die nuus versprei.

Hansie Slim ·

Waar is die storie van die geld moet terug betaal word?
Neewat sonder vervolging sal niks verander nie.

M ·

NIE EEN van hulle sal vervolg word nie. Hierdie is alles n rookskerm

O aarde ·

Ou Ace se manwales is wel bekend hier in ons dorp. Die skrywer het die kat aan die keel beet, en nie die stert nie. Die rakkers gooi nou wild rook, maar dit gaan nie veel help nie. Die boek se outeur het sy feite diep in die ANC se binnekringe gekry.

J ·

Natuurlik sal hulle hom beskerm, die hele spul is vrot, Ace is nie alleen vrot nie, maar onthou as een uitgehaal word, dan gaan hy praat, daarom beskerm hulle mekaar, iets wat hulle baie goed kan doen

Katryn ·

Nou wag ons ook vir ‘n boek wat David Mabuza verder gaan ontmasker.

pieter ·

Vrot spul.En ANC gaan nog lank regeer met hulle korrupte vriende

Stripes ·

Die hele blerrie spul beskerm mekaar want as die een val, gaan baie saam met hom/haar val. Kan ek dan nou maar ook miljoene in my sak druk en as ek gevang word net sê dat ek jammer is, ek het my les geleer en ek gaan nou hard daaraan werk om myself so te verander dat ek dit nie weer doen nie? Die spul is belaglik en dink almal is idiote.

Danny ·

Hy laat my dink aan die ou wat sy ma en pa vermoor het en nou se hy los my uit ek is n weeskind

JAN ·

Niks is erger as wat die NP aan hul eie mense gedoen het sedert die staatskaoing van 50 jaar gelede.
Onder afdreiging afpersing van burgeroorlog deur Pik se Masons.
Wens dit is nie waar nie.

fred ·

die punt is: ALMAL van hulle is doodsbang vir mekaar, honderde weggesteekte geraamtes van jare kriminele aktiviteite….hulle sal aanhou tot die dood toe….wie van hulle wil weer n donkie kar ry pleks n BMW X5?????

Hector Jooste ·

Ons het vrede daarmee dat julle moeg raak vir wat ookal!! Julle (die ANC) is korrup van bo tot onder! Die afgelope 24 jaar is die bewys dat julle (die ANC) ook geheel en al onbevoeg is om enige land in die wêreld te regeer. Julle (die ANC) het SA totaal verwoes, en dan het julle (die ANC) nog die arrogansie om aanspraak te wil maak op die respek van die SA-publiek. Niemand in die hele wêreld het enige respek vir julle nie. Ramaphosa is ‘n vrybuiter en oppertunistiese aanvoerder van die eerste graad van ‘n organisasie wat vandag met niks anders as ‘n 16de-eeuse seerower-skip vergelyk kan word nie!

Eddie de Jager ·

Dis moeilik om dit net te los as bewyse ooglopend om jou lê. Hierdie SG het ‘n eens mooi, ongerepte, vreedsame, trotse provinsie eiehandig vernietig. Mense in armoede en ontnugtering gelaat. Sy eie mense gaan dit nie los nie veral as jy hulle in halfgeboude huise sonder krag en lopende water en vensters laat bly terwyl jou dogter met miljoene wegkom (Vogelfontein, Bethlehem), miljoene verkwansel is op ‘n suiwel “opheffingsprojek” wat niks oplewer (Estina, Vrede). Dis soos ‘n kind wat kwaad is omdat sy/haar ouers geraas het en in die hoekie sit en skree “los, my uit, moenie vir my kyk nie.” Mnr. SG moenie kommer oor koerante nie, jou eie mense is keelvol. Jy het hulle verwerp vir ‘n paar stukke silwer.

jakes ·

Die ANC sal nooit verander nie en CR se geraamtes sal ook nog uitkom. Ace was n bondgenoot van Zuma en niemand sal teen hom getuig nie want dan sal hy blikke wurms oopmaak wat almal sal impliseer by bedrog en diefstal. SA is vrot tot in sy fondamente en is reeds oor die afgrond.

Annelize Mostert ·

Ag shame nou is die ANC skielik die slagoffers en “Mr Goodie Two Shoes” Dit is eintlik lagwekkend. Hulle skerm nou vreeslik kort voor die verkiesing. Tipies. Het al soveel kokka aangejaag en ons land tot byna gemors status verniel, maar dink nogsteeds hulle is goed vir ons land. Wow, niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.

John ·

?.. en nou gaan ‘n nuwe eenheid by die polisie ingespan word om alle kritiek jeens die ANC as rassisme af te maak en kritici te vervolg. Persvryheid gaan aanbande gelè word. Ace het Castro se beeld in Bloem opgerig, in Kuba geboer en tientalle Kubane in gastehuise onderhou om glo die waterprobleme in die stad op te los. En steeds heers waterbeperkings sonder enige aksie in sig. Ons land stuur op ‘n Acelike Kubaanse katastrofe af, dìt terwyl Kuba sy dwase ideologie probeer afskud.

Alida ·

Natuurlik moet hulle hom uitlos hulle eet dan almal uit dieselfde pot maar een of ander tyd gaan die bom bars. Daar n handjievol eerlikes in die ANC met skoon hande. 95% is vrot.

Anoniem ·

Los die man uit ja, hy doen presies wat die “comrades” sê. Lekker soustrein ry.

khat ·

Man as jy skelm is is jy skelm en anc is skelm hulle sal nooit verander nie sal net verder die staatskas rob en loot tyd dat hulle waai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.