‘Los ons Steve uit!’

Steve Hofmeyr en Danie Langner. Foto: Theana Breugem

‘Los ons Steve uit!’

Só het dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Donderdagaand voor ’n skare van sowat 2 000 mense in die Voortrekkermonument se amfi-restaurant in Pretoria, gesê.

Hofmeyr is met ’n FAK-prestige-prys vir die bevordering van Afrikaanse musiek die afgelope drie dekades vereer tydens ’n dankie sê-konsert waar hyself, Jak de Priester, Monique Steyn, Pieter Smith, Dewald Wasserfall en Demi Lee Moore opgetree het. Die kunstenaars het ook hulde aan Hofmeyr gebring deur van sy liedjies te sing.

’n Video wat Hofmeyr se lewe en loopbaan opsom, asook video’s van Carike Keuzenkamp, Johan van Rensburg en sy vrou, Rina Hugo, waar hulle huldeblyke aan hom lewer, is op groot skerms vertoon.

Steve Hofmeyr. Foto: Theana Breugem

Langner het in sy toespraak spottenderwys gesê Bruce Beyers het ’n suksesvolle loopbaan begin as ’n Afrikaanse sanger en akteur onder die skuilnaam Steve Hofmeyr. Hofmeyr het in die 1980’s dié rol vertolk in die TV-reeks Agter elke man.

“Ons weet hensop, oorgee, onderdanig, jabroer, kniebuig, kuddedier, massamens en lafaard was nooit deel van Bruce Beyers se mondering nie en is nog minder deel van Steve se woordeskat,” het Langner gesê.

“Op ’n unieke manier verteenwoordig Steve die onverskrokke waagmoed, besliste dryfkrag en voorop-die-wa hardkoppigheid van Afrikaners. Hy gee inhoud aan woorde soos vasstaan, opstaan, sterk staan.

Steve Hofmeyr en Demi Lee Moore. Foto: Theana Breugem

“Dit is die kulturele ruggraat van Afrikaners. Dit is die gees en karakter wat ons in Steve sien en wat soveel Afrikaners inspireer en moed gee. Vir die napraters, beswaardes, onderdrukkers, veroordelaars, beterweters, regeringspapegaaie en selfaangestelde sensuurraad sê tannie Stienie (in Agter elke man): Los ons Bruce uit! Die ‘ou lady’ mag sommiges kwaad maak, maar wie is ons om met tannie Stienie te stry? Ons sê ook ‘los ons Steve uit!’”

Hofmeyr het gesê dit was ’n stormagtige drie dekades. “Ek dink baie mense lees my verkeerd. Ek wil eintlik net sing. Ek wil komponeer en dig, toneelspeel en ’n bietjie toer. Ek vra min. Ek vra om weer ’n sanger te word en nie saans te huil oor die lot van ons mense nie. Voor ek doodgaan, wil ek weer ’n boerseun wees wat sy volksliedjies mag sing en sy vlag mag laat wapper. Ek is nie ’n goeie boekhouer nie – ek is so sleg om my woorde te tel.”

Steve Hofmeyr. Foto: Theana Breugem

Langner sê niemand kan wegredeneer dat Hofmeyr verskriklike diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf getrap het nie.

“Die FAK gee as kultuurorganisasie vir Steve erkenning vir sy bydrae tot die kultuur. Die FAK beoordeel nie die persoonlike standpunte van die kunstenaars aan wie ons erkenning gee nie, maar ons voel baie sterk daaroor dat ons erkenning moet gee waar dit verdien word. Dit is deesdae hoogmode om etikette aan mense te hang as hulle ’n standpunt stel wat nie politiek korrek of gewild is nie, maar dit is nie te sê dis die definisie van rassisme of dat iemand ’n rassis is nie.

“Behalwe dat die huldiging ’n dankie is vir Steve se kultuurbydrae, is dit ’n baie duidelike ‘ja’ en ook ’n baie duidelike ‘nee’,”sê Langner verder. “Dit is ’n ja vir vryheid van denke, vryheid van spraak, die reg om jou standpunt te mag stel en vir oop gesprek. Maar dit is ook ’n nee teen sensuur.”

Hofmeyr, sy vrou Janine en hul dogtertjie Romy-lee. Foto: Theana Breugem

Die FAK gee sedert 1937 erkenning aan Afrikaanse kunstenaars toe die eerste FAK-Sangbundel bekendgestel is. Die afgelope paar jaar het die FAK erkenning aan verskeie Afrikaanse kunstenaars gegee wat sedert die tagtigerjare ’n reuse bydrae gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

In die 2012 FAK-Sangbundel, wat in 2016 herdruk is, is van Hofmeyr se gewildste liedjies soos “Pampoen”, “Agter elke man”, “Ek ken jou soms”, “Kaapse draai”, “Kyk hoe lyk ons nou” en “Trein na Margate” opgeneem.

Hofmeyr is sedert 1986 in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, waar hy 30 CD’s in Afrikaans en Engels sedert 1989 uitgereik en in tien rolprente gespeel het. Hy het al meer as 200 Afrikaanse liedjies, waaronder vir homself en verskeie ander kunstenaars, geskryf en opgeneem, tien boeke gepubliseer, in verskeie dramaproduksies en sepies soos Agter elke man, Egoli en 7de Laan opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

141 Kommentare

Sanna ·

Mugabe se lyk is nog nie vir 48 uur koud nie, maar die kommentaar is reeds gesluit. Go Steve, jy oorleef vir Mugabe!

Hennie Barnard ·

Eks 63 en ń Steve fan van agter elke man se dae en trots daarop. Steve is ń Afrikaanse ikoon en ons is trots daarop !!!!

Wilmien ·

Wat ‘n wonderlike aand vir ‘n wonderlike geleentheid…DANKIE FAK

Kerneels ·

Die FAK het hul albasters verloor. Die stigters draai in hul grafte om vir die politieke speletjies wat nou gespeel word.

Vintcent ·

Daar is ‘n sekere mediagroep (links) in SA, wat dit hul missie maak om Hofmeyr te verguis. Eintlik is hul (en hul juigkoor-meepraters) besig met ‘n subtiele poging om Afrikaners te verneder. Maroela is baie meer objektief en daarvoor is ‘n mens nog dankbaar.

Natuur liefheber ·

Baie dankie vir jou Steve, wat bereid is om op te staan vir sy mense en sy taal TROTS OP JOU.

Magda ·

Geluk Steve – en dankie vir jou onuidhoudbaar ondersteuning vir AFRIKAANS – AFRIKAANS BO – Hou so aan.

Aney ·

Mooi soo Steve, ons is vol waardering vir jou bydrae in die AFRIKAANSE kultuur.
En baie geluk met die erkenning. Doen so voort.

kolla ·

Geluk met jou bydrae tot Afrikaanse musiek. Jou politiekery suig egter.

Dries du Toit ·

Kolla ek is nie n groot aanhanger van Steve se musiek nie maar wel n baie groot aanhanger van sy politieke standpunte

Elize ·

Steve jy is fantasties, nog net so goed soos 30 jaar gelede. Dit was n fantastiese vertoning gewees

Domvraag ·

Kolla hy het ruggraat en is bereid om op te staan vir die wittes. Dis jammer dat ons so slapgat en liberalisties is, te bang om standpunt in te neem en maar net toelaat dat ons geboelie word. Viva vir Steve

mitz ·

Dankie FAK, Dankie Steve, my trots, my hero! Waar ek nie kan loop nie daar sal ek kruip, maar volg sal ek jou volg. WELGEDAAN!!!

Stephan de Swardt ·

Behalwe dat ek dankbaar is dat Steve ruggraat het,is ek gek oor die woord wat in die artikel gebruik word nl. regeringspapegaaie. Wat n voortreflike woord…..mag dit deel v ons woordeskat word.

Br ·

Kobus ons is as daar meer as een persoon betrokke is, ONS sluit jou met GROOT liefde uit

Maljan ·

As mens jou vir n toffie wil uitgee, kan jy nie verbaas wees as jy gekou word nie. Sweet Steve sweet. Gut? Nee te min ik.

Kobus ·

Met graagte Br, ek wil nie deel wees van daai “ons” nie. Daai “ons” is op pad na verdeelheid en verdere ellende. Gee sommer Maljan ‘n daaglikse digitale high five. Hy het vrinne nodig.

Valerie ·

Is ook nie deel van die “ons” brigade nie; en dan kan die verwaande mannetjie nie eers behoorlik sing nie. Mense en hul ikone van plastiek.

Frik ·

Kobus ons is die wat glo dat die son oor ons almal skyn en dat ons in harmonie wil leef , maar dat ons nie rassisme teen ons net gelate gaan aanvaar nie. As malema en black first haat aanblaas moet ons dan bek hou want ons is te bang om te reageer.
Dis mense soos jy wat toelaat dat ander geboelie word en te lamsakkig is om op te staan daarteen. Ek is beslis nie deel van jou ” ons” nie en vereenselwig my nie met die charl niehauses en kortbroekbrigades nie

Neels ·

Frik, nou staan op en veg teen rassisme. Hou net op om die Afrikaanse kultuur te kaap.

Kobus ·

Frik, jou beskouing van kultuur word beinvloed deur waansinnige politiek. Dink weer.

hendrik ·

“Ons” is die mense wie se taal “hulle” vertrap en ons is die mense wie se kultuur vertrap word deur hulle en ons is die mense wie se toekoms vertrap word maar steeds is jou oe toe. Dit is die jaar 2019 en jy het nog nie wakker geskrik nie. Jy is die soort mens wat praat van “ons” wat vedeeldheid saai maar as jy nou nog nie die werklikheid sien nie dan moet jy maar voortgaan om jou by “hulle” te skaar.

Kobus ·

Hendrik, die meeste Afrikaanssprekendes is mense van kleur en deel van “hulle”. Nou is “ons” net gewone kultuurkapers wat alles en almal vervreem. “Ons” sal dit nog besef, maar dan is dit te laat.

hendrik ·

Kobus, ek sien verder aan dat jy jou distansieer van die Afrikaanse blanke Boerevolk. Mooi man en geniet dit want jou denkpatroon laat veel te wense oor.

Kobus ·

Korrek, ek is nie deel van die Afrikaanse Blanke Boerevolk nie. Dit is ‘n subspesie van die Afrikaner. Maar ten minste maak ons vordering om te bepaal wie is die “ons”. Baie dankie daarvoor.

Ernest Rossouw ·

Steve ek is BAIE ouer as jy, en daarom wil ek vir jou namens die “ou” SA BAIE GELUK WENS met jou voorbeeldige lewe asook jou betrokkenheid by die Boerevolk se skatkis van sang, kultuur en leierskap. Jou dade is nie ongesiens nie en jy kan staatmaak op jou mense.

Kobus ·

Ernest, ek is ‘n Kaapse Afrikaner. Indien jy my by die Boerevolk insluit beskou ek dit as ‘n growwe belediging.

Thinus ·

Dankie Steve, jou yster en aan die FAK om nie die polities korrekte rigting in te neem nie. Hou ons taal en kultuur hoog. Trots op julle.

Annatjie Coetzee ·

Ek is deel van daai groep wat mal is oor Steve as mens en se musiek. So ek is ook deel van ons

Manie van Worcester ·

Dankie Steve en FAK, moenie die knie buig behalwe voorGod

Sanna ·

Kobus Kobus Kobus
Ons is ons almal behalwe jy en nog n paar ander is nie ingesluit nie. Jy raak vervelig

Steve hoort in die parliament
Of hoe se ek Br

Catherine ·

Los die arme man uit. Hy sê ten minste wat ons almal te bang is om te sê. Go for it Steve. Have always been a fan of yours!

kolla ·

Jy oorskat die hoeveelheid mense wat sy politiekery ondersteun. Selfs die meerderheid Afrikaners ondersteun nie sy politieke twak nie.

Kobus ·

Wag tot Steve oor die tou trap en in die hof verkyn, dan sal sy “ondersteuners” hom drop soos ‘n warm patat. Net soos met ET.

Frik ·

Afrikaners was nog altyd liberaal. Was ons nie liberaal nie het ons nou nog in die Kaap onder Britte krepeer. Maar ons was liberaal en het aanbeweeg.

Neels ·

Jy is reg Frik. Paul Kruger was ook een van die mees liberale leiers wat die land opgelewer het. Die ou ZAR was ook ‘n liberale land en het teen onderdrukking geveg. Regses twis te veel onder mekaar en trek mekaar af. Hulle is maar dieselfe as die radikale linkses.

Susan ·

Vir wat moet Steve aftree.
Sy lewe en loopbaan begin nou eers.
Petrus miskien moet jy aftree en gaan sit dink wat het jy gedoen vir ons taal en mense .

Br ·

Petrus jy is welkom om af te tree niemand gaan dit eers agterkom nie. Lees weer die berig LOS STEVE UIT. As jy dit nie wil lees nie hoekom dan die moeite doen om die berig te lees.

treurgrond ·

Steve Hofmeyer aftree – agge nee man Petrus jy joke nou sommer. Steve bring mense nog bymekaar – go Steve go sing verder en bring nog meer mense bymekaar en skryf nog meer boeke.

Petrus ·

Nee Susan, ek is jonk en wil nog iets doen. Maar ek is bevrees “ons” gaan alles beduiwel en dan moet ek ook emigreer.

Only me ·

Hoekom sal Steve nou wil aftree?Hy nou meer sexier as ooit…was nog altyd!!Love you Stevie

Rissiepit ·

Ou Petrus julle wat so dreig publicly om te emigreer en tyd het om Steve te kritiseer, dink jy nie jy behoort jou tyd meer productive te spandeer om werk oorsee te soek of jou visa uit te sort? Darem staan Steve op vir homself en mense wat hou van sy musiek en ways. So hopelik kry ons jou volgende antwoord vanaf jou nuwe “possie”!

Gert J ·

Stem saam, hy moet nou maaqr aftree, hy is verveelig en probeer om n 18 jarige seun te wees

Christo ·

Na ANC se standpunt dat xenophobiese aanvalle op ligte velle gemik moet word is al Steve se waarskuwings beaam.

Frik ·

Hoekom aftree. Ek dink steeds hy is n goeie wêreldklas sanger en as ons glo in vryheid van spraak dan moet ons liberalisme sy siening ook respekteer

Petrus ·

Rissiepit, ek kom uit ‘n familie van entrepeneurs. Ek het my eie ondernemings en skep werk. Ek soek nie werk nie.

Pottie ·

Jy is reg steve hulle werk vir ons belastingbetalers al dink die mnre nie so nie

Martie ·

Stevie Dankie dankie dankie dat jy en Jan van Rieebeeck al die houe vat wat ons kry. Ek is trots om te se ek is een van jou ondersteuners

Suzette Geringer ·

Welgedaan FAK en Steve Hofmeyr!!
Ek het baie tyd vir Steve Hofmeyr want hy vra nie om verskoning omdat sy vel wit is nie, hy is nie heeltyd jammer dat hy lewe nie, hy staan op vir wit Afrikaners wat tans deur ander kleurgroepe vertrap word. Hy het ook nog NOOIT gevra dat enige persoon wat nie wit is vermoor moet word nie…. en omdat hy nie skoothondjie speel nie, nou is hy alles wat sleg is – asseblief. Onthou net dis deur die eeue heen oor en oor bewys die wat so alles vir hulle doen en agteroor buig word ook vermoor en sal nie oor die hoof gesien word nie.

Marita ·

Het die geleentheid bygewoon en baie trots om deel daarvan te kon wees. Welgedaan aan FAK. Welgedaan Steve – mag jy ons nog baie jare betower met jou musiek.

@Kolla ·

Haha, tog kan jy jou nie inhou om belangestelling te toon nie

Frikkie ·

Wat het jy bereik , ? Lewer net komrtaar , Hy dien iets, Wad doen jy

Sloet ·

Steve staan op TEEN plaasmoorde daarom hou ons nie van hom nie, want DIE van ons hou van plaasmoorde, hy moet eerder VIR plaasmoorde staan DAN sal die LIBERALE hom laaik, en natuurlik die Malema Maats…..

kolla ·

Dis darem ‘n belaglike stelling om te maak dat “liberales” plaasmoorde ondersteun. Waar kom jy aan die twak? Liberales is wel gekant teen twak praatjies soos dat swartmense die oorsaak is van Apartheid en dat Apartheid ‘n goeie stelsel was.

Apools ·

Kolla vat nog ‘n kraantjie en lees die son. Antie mouna, Los die vir mense wat weet.

Maria Boshoff ·

Baie geluk Steve, jy verdien dit deur en deur!! Op sommer nog vele sulkes! Liefde en groete uit Namakwaland

Flemming ·

Steve,
Hou so aan ons maak vordering. Ek sien onse regering het nou selfs begin om op 6 September hul vlaggie halfmas te laat hang. Ek wil dus namens ons almal wat Dr Verwoerd se dood steeds betreur, dankie se vir hierdie blyk van respek.

Petrustwee ·

Aan die anti-onsers – soos oorle ouma gesê het. As jy niks te sê het, bly liewer stil. So nie – hou aan om die kokodil te voer dalk byt hy nooit!!
Regeringspapagaaie – skitterende woord.

Kobus ·

Dis druis in teen my DNA om met alles en almal saam te stem. Jy klink nou soos die ANC se propaganda masjien. “Klas, sit in ‘n ry en sing saam met my”.

Miekie ·

Petrus , jy is seker so oud soos Metusalem was maar jy het nie sy gees nie
Los asseblief vir Steve uit. As jy bietjie na die man se woorde luister in sy liedjies hoor jy nie oor en oor dieselfde nie. Al word Steve so oud soos Metusalem sal jy ook die nodige woema he

Petrus ·

Ek is na 1990 gebore. Hofmeyer tokkel net voort in die duisternis. Leef maar lekker in die verlede.

Al ·

Dankie FAK! Ons meer ruggraat organisasies soos jul nodig!
Ons sal nie gaan lê nie – eendag sal hierdie land weer ñ land wees waarvoor ons lief is.
SA vir almal.
Ons moet ons nie steur aan politikuste nie.
Vandag hier, môre weg.
Dankie Steve – ons is dit aan ons kinders en kleinkinders verskuldig om ruggraat te hê.

Jerry ·

Twee van die eienskappe van n regse groepering sien hier die lig. Vinnig om diegene wie van opinie verskil valslik af te kraak en beledigings toe te dig.

Kallie ·

Dit lyk vir my al hoe meer na kulturele kaping wat besig is om plaas te vind! Een van die dae moet jy aan ‘n sekere groep behoort voordat jy die reg het om Afrikaans te praat.

Frik ·

Kallie, dit wat jy noem pla my al lankal. Goeie term die “kulturele kaping”.

Wessel ·

Skitterend FAK!!! Ek is trots op julle. Steve verdien hierdie toekenning, hy is ‘n ware Afrikaner wat vas staan in wat hy in glo.

Martin ·

Nou gaan die armsalige liberale dit eers verloor….shame. My hart bloeie vir hulle.

Hallelujah ·

Sit die ligte aan op die aanloopbaan want ‘n Engel soek ‘n plek om in jou hart te land. Pappa Steve jou Engel het geland. Romy-Lee is absoluut pragtig en mens kan sien sy beteken baie vir jou en Janine. Sing verder vir ons Steve – ons is mal oor jou singery en jou stage performance. Dis net absoluut lekker om na ‘n vertoning van jou te gaan.
Dankie FAK vir julle!!

Hanlie ·

Baie dankie FAK!!! Baie geluk Steve, jy verdien hierdie toekenning en nog meer!!!! As almal maar opgestaan soos jy, was ons land nie waar hy nou is nie. Die wat so gal afgaan oor Steve, asseblief hou julle kommentaar vir julleself!!!!

Dries du Toit ·

Ha ha. Nou het hierdie 3 regerings pappegaaie lekker pak gekry

Nel ·

En ou Maljan so in die kouery trek daai einste toffie sommer ook ‘n klomp stopsels uit …so you go Steve, politiek en sing so veel jy wil. Die spul hensoppers, dingeskruipers en liberale jabroers sal wel dalk eendag bykom …as dit te laat is.

Anoniem ·

Baie geluk Steve en baie dankie vir die FAK asook die sangers wat Steve ondersteun. Ons is trotse afrikaners.

Ida Kriel ·

Baie geluk Steve. Jy het n pragtige sterk stem en alles wat jy doen verander in goud. Jou lirieke, boeke en artikels is altyd n plesier om te lees. Bly sing en bly wie jy is. Ten minste is jy nie skynheilig nie. Vat die houe wat ander uitdeel en lag hul af, want hul is swakkelinge. FAK baie dankie dat jy iemand besonders soos Steve benoem het, want sy bydrae tot Afrikaans is groot en hy is trots Afrikaans en Afrikaner. Maroela Media dankie vir die pragtige artikel wat jul gepla as het. Gaan voort Steve en weet jy is ONS STEVE!!!!

Verskil ·

Ek ook is ook nie deel van die ‘ons’ nie. Inteendeel, kry effe skaam vir die knaap.

Neels ·

Shame, en die regses gebruik Steve soos ‘n strooipop op ‘n karnavaal vlot. Mens moet senior burgers met respek behandel.

Sonneblom ·

Awesome, Awesome, Steve is n YSTER EN N YSTER BLY STERK, fantasties Steve ek staan rots vas agter jou, dankie vir jou mooi musiek

Jerry ·

Danie Langner moet maar eerder saam met Steve sing, want dit lyk my as hy praat dan raak hy net sulke snert soos Steve kwyt oor mense wat nie saam stem met Steve se politiekery! Hierdie snert en beledigings gaan julle regses nog n hele paar pakslae op die hals haal!

Frik ·

Nee Jerry. As jy regtig liberalisties is, dan moet jy vryheid van spraak toelaat en nie net geselekteerd wil luister nie. Wat vir jou snert is, maak dalk sin vir ander.

Christa ·

Steve is n ware man on na op te kyk. Hy staan vir Sy reg en vir Sy land. Die klomp wat Hom veroordeel is net jaloers op wat en Wie Hy is.

Frik ·

Genade die hoofletters is ‘n nuwe laagtepunt. Steve is net ‘n mens.

Sonneblom ·

Steve, dankie vir jou musiek en die mens wat jy is, jy se jou se en jy is reguit, so n bek moet jam kry, jy sal altyd ons Neil Diamond en Bruce Beyers wees vir altyd

Pieter ·

“Ons” is die mense wat teen DSTV = Kyknet, Toyota, P n` P wat borge was wil se: Wie gee hulle die reg om voorte skryf wie ons mag sien en wie nie by Afrikaanse konserte. Ons die publiek het vryheid van assosiasie. Die Goema mag die die liedjie Die Land `n toekenning gee nie. Kyk die video, swart en wit kinders verskyn.
Hulle mot onthou hulle gestaan ook deur wit geld. Vat ond ons geld weg, is julle in die moeilikheid. Steve tree asb by kleiner venues op, skoolsale, rugby velde ‘ONS” sal kaartjie koop. Die “Nie-Onse” kan maar in hulle huise bly.

Frik ·

Nee, “ons” is die groepie wat die Afrikaanse kultuur gekaap het. Nou weet “ons” nie wat om daarmee te doen nie want “ons” veroorsaak meer verdeeldheid. Op hierdie trant sal “ons” maar beleef hoe die kultuur inklusief word en ten gronde sal gaan.

Neels ·

Steve is nie meer welkom by skole en universiteite nie. Ook nie rugbyvelde nie, selfs Loftus. Gaan slaan maar ‘n tent op in die bos en geniet hom.

Deurmekaar ·

Is Bruce Beyers, Steve se geboortenaam en het hy al die jare nog onder die skuilnaam gegaan soos in die berig hierbo gesê?

George in Bloem ·

Baie geluk Steve! Doen so voort. Jy het meer “guts” as enige van die liberale anti-Steve brigade op hierdie forum. Die afguns en jaloesie van die spul is eintlik lagwekkend. Doen jou ding ou maat en se jou se. Sterkte voorentoe.

Frik Lotz ·

Mooi gedoen, Steve! Ons is trots op jou. Doen so voort. Jy is n yster!

Frik ·

Nee Jerry. As jy regtig liberalisties is, dan moet jy vryheid van spraak toelaat en nie net geselekteerd wil luister nie. Wat vir jou snert is, maak dalk sin vir ander.

Ilse ·

Ek stem saam – ” los uit on Steve”!!. Dankie FAK dat julle hom vereer. Hy verdien dit.

Jerry ·

Steve is n goeie sanger en n goeie toneelspeler, sy retoriek en uitsprake getuig van goeie toneelspel. Ek reken mense moet ou Steve se uitsprake maar met n knippie sout vat net soos Ernst se verweer dat sy vertoon van die vlag vir akademiese doeleindes was! Mense moet hierdie twee nie ernstig opvat nie, want jy kan nie alles glo wat hulle aan die mense opdis nie!

Knapsekêrel ·

Indien ek so deur die kommentaar lees het ek nie veel hoop vir die toekoms nie. Die redenasies is eng en afgesaag. Ek wil glo dat meeste van die kommentators in die binneland woon. Hoe gouer die westelike gedeelte van die land afstig en ‘n nie-rassige land stig, hoe beter. Kaapstad kan maar deel bly van wat oorbly in SA. Binnelanders moet maar stry en baklei en saamtrek by die Voortrekkermonument om voor te berei vir die volgende geveg.

Wingman ·

Vir my is dit duidelik dat die verskillende Afrikaner groeperinge besig is om uitmekaar te spat. Die ou Transvalers leef in hul eie wêreldtjie. Ons Kapenaars dink weer anders. Suidwesters lag vir hierdie spulletjie. Wie gaan oorleef en wie sal vergaan?

Therese van Schalkwyk ·

“‘n Nie-rassige land stig” …

Hoe lagwekkend!

Daar bestaan nêrens só land nie.
Multi-kulturele lande wat ‘spog’ met hul ‘diversiteit’ bestaan wel.
En dit donder en druis van die rassisme daar.

Knapsekêrel ·

Wat van New Zeeland? Baie suksesvol, ten spyte van mal ‘n Australiër wat moeilikheid gemaak het. En duisende Saffas woon daar, baie gelukkig. Jou Blanke Boerevolk onderrok steek rerig uit. Maar julle is ‘n spesie wat uitsterf. Gaan koop ‘n plot by die monument en baklei met die ANC.

Neels ·

Nie-rassig en multi-kultureel kan saam bestaan. Rassime is uit.

ChrisE ·

What the FAK. Hoekom nou eers. Hy verdien laaankal meer ekenning. Mooi vir julle in elk geval.

Stephanie Tredoux Malian ·

Nou weet ek hoe voel daai ganse wat vetgevoer word vir hul lewers.

christa ·

Los Ons Steve Uit
JY is Tops Waardeer Al’s wat Jy Vir Ons Doen Sterkte met Alles Wat aan pak Jy is amazing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.