Los Sahpra om sy werk te doen, sê minister

Talle lede van die EFF het Vrydag na die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se kantore in Pretoria opgeruk. (Foto: EFF/Twitter)

Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het ’n beroep op landsburgers gedoen om die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) toe te laat om sy werk te doen.

Dié beroep volg nadat duisende lede van die EFF Vrydag na Sahpra se kantoor in Pretoria opgeruk het en aangedring het dat die gebruik van die Russiese Sputnik V-entstof teen Covid-19 sowel as Sinovac se entstof by die regering se entstofplan ingesluit word.

Sahpra weier egter om voor die druk van enige politieke party te swig.

“Sahpra kan nie toelaat dat politieke druk ʼn duidelike wetenskaplike benadering tot die goedkeuring van gesondheidsprodukte vertroebel terwyl die veiligheid van die publiek in gedrang kom nie. Dit sal ʼn hartseer dag in die land wees wanneer die reguleerder deur enige party ondermyn of beïnvloed word,” sê die reguleringsowerheid in ’n verklaring.

Die verklaring volg nadat “valse en ongegronde” bewerings oor prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van Sahpra, geopper is en die EFF Vrydag op Rees se bedanking aangedring het.

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Sahpra fokus as deel van sy mandaat op die veiligheid en welstand van die publiek en geen entstof kan beskikbaar gestel word voordat dit aan hierdie regulatoriese vereistes voldoen nie,” benadruk die reguleringsowerheid.

Kubayi-Ngubane het intussen die “aanvalle” op Sahpra te leierskap as “teleurstellend en laakbaar” bestempel.

“Die regulerende stelsel van ons land moet nie gedwing word om weens enige politieke druk te buig nie, veral nie om die gebruik van entstowwe te magtig sonder dat die nodige prosesse gevolg word nie. Dit is gevaarlik en mag nie in die demokratiese Suid-Afrika toegelaat word nie,” het die minister gesê.

“Dit is jammer dat Sahpra die teiken van politieke partye word want dit bedreig die mandaat en gesag van die regulerende owerheid en kundiges wat die veiligheid van nuut ontwikkelde gesondheidsprodukte moet verseker.”

Die minister het voorts gesê die reguleerder het al telkemale die openbare prosesse uiteengesit wat gevolg moet word voordat enige entstof as deel van die regering se entstofprogram goedgekeur en geregistreer kan word.

“Dit kan nie gedoen word as daar geen duidelike inligting is oor die doeltreffendheid van produkte wat nie deur die reguleerder getoets is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Nick ·

Hierdie klomp narre kry te veel ‘airtime’.
Dis tyd dat Malema vervolg word en in die tronk land vir al sy oortredings van die wet.
Van On Point tot VBS. Hy is besig om hierdie land se mense teen mekaar te draai. Hy soek anargie. Hy dink dan sal hy wegkom.

Jr ·

Russian communist entstoffe vir rooi kommuniste gevolg deur Russian kommunis kickbacks. Communism 101 for FOOLS

Jaco ·

Let wel, Rusland is al 20 jaar lank NIE meer kommunisties nie.

Die Boerepompie ·

So weer eens kom daar niks vsn die wat die wet virbreek nie so dan kan ons ook mos 609 mens wees in ons ker …

Erik ·

Ek sal voorstel dat ons die Sputnik vaksine goedkeur vir die eksklusiewe gebruik deur slegs EFF lede… Malema kan voor in die ry val.

Henning ·

Erik. Daar is niks voud mrt Spudnik nie, gaan lees meer oor al die entstowwe wat beskikbaar is. Ek is ingeent met Spudnik in Kazakhstan omdat onse regering voetsleep met inenting. En ja daar was ander entstowwe ook beskikbaar maar na ek opgelees het oor almal wat hier beskikbaar is het ek op Spudnik beluit

Sarel ·

Hoekom word dasr nie teen Malemma en sy gessnte opgetree nie.

Persheks Adri ·

Nou laat die polisie hulle werk doen en die klomp toe sluit klaar! Ek hoop regtig nie die klomp gaan vir die EFF’ers luister nie

Philip ·

Die busse het van heinde en verre weer werkloses en behoeftiges aangery om die indruk te skep dat ou malemmer steun het. n Kospakkie en T/ Shirt is in hierdie dae nie te versmaai nie so ou juliaas gee maar die bevel FIGHTERS ATTACK ons is almal baie bang vir jou in SA.

Dup ·

Suid Afrika is deel van Afrika…..en word dus deel van die verval in sekere dele van Afrika.Dinge gaan net erger raak!

Ovelia ·

Hoop julle behou jul optrede en doen iets aan eff wat net wil vernieyig en hul ht ook gese hul sal ni na andet levels toe gazn ni hulle sal dit boi-,cot

Mariana ·

Hmmm hulle ruk altyd op met geen idee waaroor als gaan nie. Hul leiertjie is altyd die voorbok maar vra hom bietjie waar hy sy inligting kry en hoekom sy makkers sonder maskers die strate invaar sal hy jou nie kan antwoord nie maar waarskynlik met iets soos dis die wittes se skuld of so iets.

Nie Verbaas ·

En Ramaphosa en kie het absoluut niks gedoen om optog te stuit nie. Dit se baie.

Gert ·

Los hulle dat Julius en sy maats siek word en die gevolge van hulle dade dra. Net jammer hulle gaan andere ook siek maak

Nie Verbaas ·

Hoe kan julle vra om Sahpra te Los om hulle werk te doen? Het julle vergeet dat Julius hoogs geleerd is en alles weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.