Los tradisionele grond uit, hoor grondonteieningskomitee

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Grond onder beheer van tradisionele leiers moet nie onteien word nie, het ʼn parlementêre komitee wat die hersiening van artikel 25 van die Grondwet oorweeg, Donderdag gehoor.

“Die 13% in die hande van tradisionele leiers moet nie aangeraak word nie. Ons wil hê 87% van grond moet sonder vergoeding onteien word,” het Segale Pilane van Bakgatla Ba Kgafela aan ʼn gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee in Rustenburg gesê.

Aldus Pilane is tradisionele grond vroeër sonder vergoeding onteien en tradisionele leiers en hul onderdane het die grond teruggekoop. “Om tradisionele grond sonder vergoeding te onteien, is om weer die grond van die tradisionele gemeenskappe weg te neem,” het hy gesê.

Nog ʼn lid van die publiek, Kgomotso Khunou, het egter gesê geen stamhoof moet grond besit nie. “Ons oer-oer-voorvaders het die grond besit, nie die stamhoofde nie,” het hy verduidelik.

ʼn Grondaktivis, wat haarself as Modiegi Azania bekend gestel het, het gesê grond onder beheer van tradisionele leiers is reeds gevat, en daar is dus geen grond beskikbaar vir weiding nie.

Die gesamentlike grondwetlike hersieningskomitee sluit die openbare verhore vir Noordwes in Rustenburg af.

Die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies het die komitee opdrag gegee om te bepaal of ʼn hersiening van artikel 25 van die Grondwet en ander klousules nodig is om die regering in staat te stel om, in openbare belang, grond sonder vergoeding te onteien en noodsaaklike wysigings aan te beveel waar nodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ferrand ·

As die konings 13% beheer en die “wittes” 87%……hoeveel % beheer die regering dan?

Tiaan ·

Goeie vraag, die mense maak vreemde stellings en dit vanaf leiers

Hanna Hoekom ·

Ag, julle “fool” niemand nie! Die besluit is reeds geneem: slegs produktiewe grond in blanke besit gaan onteien word. Tradisionele leiers se stem is te veel werd… Ek dink nie julle gaan die buiteland “fool” nie: nie almal het die deursnee ANC-kieser se mentaliteit nie. Koebaai my pragtige land, koebaai!

Jaap ·

Welkom Zimbabwe.
Hier kom oorlog.
Ja boere net grond gevat.Wil sien wat die banke gan doen met lenings???
Haha haha grootste grap nog. En ja die mense dink hulle gaan grond kry,nee wat alles gaan net mooi nul werd word want wil graag sien hoe boer hulle…

David ·

Eers was daar geskree vir stemreg en nou het hulle nie werk nie.

Nou skree hulle vir grond en hulle gaan nie kos hê nie.

Jaco ·

Wat my pla is, hulle soek grond, as hul dit dan nou gekry het, gaan hul begin brand en toi toi vir krag, water en sanitasie, wie gaan dan daarvoor betaal?

Myne ook ·

My eiendom moet ook heeltemal gelos word, ek wil dit net baie duidelik stel.

Basjan ·

“Myne ook”, kyk hoe bewe die ANC nou vir jou “dreigement”! Hulle lag vir jou, man.

schalk ·

Dit is werklik verstommend dat die regering hulself nie omring met kennis nie. Die regering redeneer in sirkels en probeer alles met wette en kommisies regverdig. Die menigtes gelukkig hou wat oningelig net grond beloof is. Sonder geld , kennis en markverwante modern besigheidsmetodes is dit soos om weer die riet en die drawer stelsel in te bring vir hooflyn kommunikasie. Dit was in elk geval meer betroubaar as SAPO. Hulle arrogansie gaan hulle ondergang bewerkstellig. Mandela het ten minste vir iets gestaan nie die nuwe ANC wat elkeen vir homself verryk. Gee ons blankes ‘n tuisland en ons sal weer opbou en geleenthede skep

Yster ·

Ek is ook n tradisionele boer . Nou wat nou. My voorouers was tradisionele boere en pioniers en setelaars. Nou wat nou.

Tiaan ·

Net so, wat van die traditionele grond van die wit mense in Suid Afrika?

Realis ·

Vir enige iemand wat dit nog nie agtergekom het nie; ons is op pad na ‘n totale kommunistiese stelsel. Ons kan praat tot ons blou is, ons kan elke slim plan maak wat ons wil; die uiteinde is reeds in rots gekap. Kyk in die geskiedenis wat het in Afrika gebeur vanaf die 50’s en 60’s. Dis nou ons beurt. Sterkte.

Gestremde ·

Grondonteiening is gebaseer op ras en dit is die blankes, indiërs, kleurlinge en uitlanders wat geteiken gaan word. Die kommentators wat hul mening gelig het is inderwaarheid reg…grond is gekoop en van miskien voorvaders wat dit in Jan van Ricbeeck se tyd onteien het en dan moet dieselfde reël toegepas word op tradisionele leiers ook. Die hele grondonteiening storie is ‘n grap wat in ‘n tragedie gaan opeindig.

Ray ·

Wat maak grond tradisioneel en nie tradisioneel nie. Die grondwet is die grondwet. Daar kan nie nou ge “pick & choose” word nie. Die regering wil artikel 25 wysig, jy kan mos nie met ‘n klaskamer vol kinders vir hulle vertel net 30% kan geskenkies oopmaak nie want jy as onderwyser hou nie van die ander nie.

Lekker ou tammeletjie vir die regering hierdie.

Nettie ·

AIKÔNA, BHUTI!!!!

“What’s good for the goose, is good for the gander”. Grond is grond, maak nie saak aan wíé dit behoort nie. As julle wil grond vát sonder vergoeding, tel dit ook vir ‘tradisionele’ grond én grond wat aan stamhoofde, die staat of politici behoort.

Jy kan nie die Grondwet verander en dan sê dit is net van toepassing op híérdie persoon of dáárdie ding nie.

Wonder ·

…..in openbare belang?????….wie word hier ingesluit? Definitief nie die huidige grondeienaars nie! Hulle dink werklik dat ons stupid is. Hidden agenda’s, dis wat dit is. Hulle wil ‘n sekere gedeelte van die bevolking “straf” vir iets wat hulle nie eens gedoen het nie. Ek woon in ‘n huis wat ek gekoop het. Die huis is in die sestigerjare gebou. Ek het nie ‘n idee wie die vorige eienaar (s) was nie en ook nie aan wie die grond waarop die huis gebou is, behoort het nie. As die regering die nuwe wet inbring, kan dit beteken dat hulle my huis vat. Wie gee hulle daardie reg? As ek die huis wettiglik verkry het, het ek mos niemand se grond gevat nie! Ek dink nie eens hulle gaan kan bewys dat grond afgevat is nie. Hulle kan mos nie net vat nie. Dan doen hulle presies dit wat hulle ons van beskuldig.

Wonder ·

Hoeveel het dit al en hoeveel gaan dit nog kos om al hierdie komitees en openbare sittings aan die gang te hou? Ek wonder wie gaan daarvoor betaal?

Nikita ·

Artikel 25 van die grondwet het CR gese moet so verander word (as dit nodig is) dat voedselsekuriteit, ekonomiese groei en beleggersvertroue nie in die land benadeel gaan word nie. Hoe gaan hulle dit baasraak? Eiendomsreg is n fundamentele mensereg en word deur talle internasionale konvensies erken. Hulle moet weer mooi dink. Onteiening sonder vergoeding het die potensiaal om die ekonomie te vernietig! Maar nee vir hulle blyk dit n saak te wees van twee wolwe en een lam wat moet stem wat is vir middagete!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.