Losprys van miljoene glo vir ontvoerde leerder geëis

Lindokuhle Masuku.

ʼn Gr. 8-leerder is glo Dinsdag buite ʼn skool in Johannesburg ontvoer waarna die ontvoerders na bewering ʼn losprys van R5 miljoen geëis het.

Volgens Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, is Lindokuhle Masuku by die hek van die Queen High School ontvoer terwyl hy op ʼn saamrygeleentheid gewag het.

“Daar word nou beweer dat sy ontvoerders ʼn losprys van R5 miljoen vir sy vrylating geëis het.

“Die polisie ondersoek die omstandighede rakende die voorval,” het Lesufi gesê.

Intussen word nog ʼn gr. 8-leerder vermis.

Die meisie van die Lantern- remediërende skool, ook in Johannesburg, is Maandag as vermis aangemeld. Volgens Missing Children SA was die 13-jarige Kate Mpho Spies nie meer by die skool toe haar pa haar wou oplaai nie.

Die polisie ondersoek ook die omstandighede rakende dié voorval.

“Dit is regtig kommerwekkend dat ons leerders by ons skole geteiken word.

“Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede wat dalk inligting het oor die voorvalle om die polisie in te lig sodat die skuldiges vasgetrek kan word,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Die verbruikersraad behoort op te let dat die verhoging in lospryse strek ver bo die inflasiekoers.

Dries

“…kommerwekkend dat ons leerders by ons skole geteiken word.” Rerig, Lesufi? In teenstelling met dat hulle in hulle ouerhuise oorval word deur inbrekers en moordenaars, soos wat MEER gereeld gebeur?

Jaco

Ek hoop Lesufi doen iets daadwerkliks. Dis immers 2 van “our people” wat ontvoer is.

Magda

Begin skoon maak daar HEEL BO -en dan sal dit 80% klaar beter gaan. Die priobleem le nie by die Publiek nie maar by die FROT EN KORRUPTE REGERING EN PILITIEKE PARTYE WAT DIT AAN HITS SOOS EFF. Vee eers voor julle eie deure want daar le die meeste */-8-*8-*8.

Leon

Die kinders word deur ‘n internasionale sindikaat geteiken wat hulle vir onderduimse dinge gebruik wat te gruwelik is om te beskryf. Daar is blykbaar ‘n oud Amerikaanse presidents vrou ook hier betrokke. Ek voel jammerder vir die kinders as die ouers. Wat hulle sal deurmaak voordat hulle vermoor word is aaklig.