Miljoene vir Bolhuis se kop geëis

Mike Bolhuis. Foto: kykNET.

Die private ondersoeker, Mike Bolhuis, het Maandag aan Maroela Media bevestig hy is bewus van ‘n man wat bereid is om sowat R4 miljoen aan die persoon te betaal wat Bolhuis sal vermoor maar hy vrees nie vir sy lewe nie.

“My organisasie ondersoek die betrokke persoon al langer as drie jaar vir onder meer bedrog en rampokkery. Die persoon hou my nou verantwoordelik vir sy dogter se selfdood einde verlede jaar en het hom na sosiale media gewend waar hy hom as die slagoffer uitmaak,” het Bolhuis gesê.

Hy sê die man wat die losprys op hom uitgeloof het, was al verskeie kere in die tronk en in aanhouding. Hy was onder meer betrokke by vervalsing, slenters en bedrog en het onlangs die land uitgevlug.

Die man gebruik nou sosialemediaplatforms waar hy bewerings maak dat Bolhuis ʼn hand in die dood van sy dogter het.

Bolhuis het besluit om op die man se bewering en stellings te reageer na hy die naweek telkens deur die media daaroor uitgevra is. Hy wil egter nie nou al die man se naam bekendmaak nie omdat die ondersoeke teen hom steeds in ʼn sensitiewe stadium is.

“Sy dogter was onder my organisasie se beskerming. Dit is ʼn moeilike saak aangesien sy ook die betrokke man se vrou was. Hy het aan ʼn sekte behoort wat glo hulle kan enige iemand misbruik, gebruik en beïnvloed.”

Volgens Bolhuis het die man al sy kinders by sy misdade betrek.

“Hy het verlede jaar dokumente vir haar gestuur wat vir ʼn egskeiding gevra het. Sy was erg getraumatiseerd oor die skeisaak en die ondersoeke teen haar.

“Dit is hoe sy by my organisasie uitgekom het. Sy het onder ons beskerming ingetree as informant maar die skade was reeds gedoen. Ons wou haar beveilig, maar dit is moeilik om iemand te keer as hulle eers besluit het om hulle lewe te neem.”

Bolhuis het gesê sy span neem altyd enige dreigement teen hulle ernstig op maar hy leef nie in vrees vir hierdie man nie.

“Ek het die beste tegnologie, infrastruktuur en span aan my kant en ons monitor hom.”

Hy glo ook nie professionele sluipmoordenaars sal belangstel om op die man se versoek te reageer nie.

Volgens Bolhuis het die man al sy kontakte in die plaaslike onderwêreld verloor omdat selfs die misdadigers al besef het hy is ʼn bedrieër en sal nie die geld wat hy in die losprys belowe het, kan lewer nie.

Hy het verder bevestig dat hy die volle vertroue het in plaaslike polisiespeurders wat nou dié man se saak ondersoek en gesê dat oorsese wetstoepassers ook op die man se spoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

willem Botha ·

Sjoe,as iets met Mike Bolhuis moet gebeur is daar niemand in SA om misdaad te ondersoek nie.

Martie Judeel ·

Nee daar is baie ondersoekers(privaat) wat absoluut tops is met speurwerk, die bal stop nie by hom nie

Johann cb ·

Is ek nou voorbarig as ek almal aan April-gek herinner?
Nou kan ek gerus die R4m kry!

Piet kokewiet ·

Niks fout met mike nie hy is een van die beste da buite en doen teminste sy werk

Will nog hoor!! ·

Wil nog graag hoor van die duisende bekende sake waar hy betrokke was wat hy en sy span opgelos het, nog nooit van een saak gehoor nie. Hy pronk net!!

Ruaan ·

Wil nog hoor, so toon jy jou gebrek aan insig. Mike is n privaat ondersoeker, nie n aanklaer of n landdros of n prokureur of die NVG nie. Bewyse word aan SAPS oorhandig. Ai tog genade!

sarel ·

Ruaan, jy is 100% reg.
slim dom mense soos WIL NOG HOOR is orals…. hulle is ook gewoonlik die rede hoekom ons land in sy kanon is..

Jan ·

@Wil graag hoor, stem saam. Wonder of hy nou al die person gekry het wat in die Joost video was. Want hy het ook hoog en lag gesweer dit was nie Joost nie en dat hy die skuldige party sal opspoor.

GRIET ·

? julle is net jaloers,omdat julle nie SY breins en looks en sukses het nie!!! ?

Sanet ·

Oeehhhh….wat ñ oulike en briljante en HANDSOME man,is mike!!!!!!
MAPSTIEKS

Se net... ·

Oh Please! Hy sou kamstig daai tyd vir Joost help toe Joost nog ongeskuldig gepleit het vd drug use saam die girls

Gielie Hill ·

Julle wat hom so prys het vergeet hoe hy Joost op ‘n lie detector toets onskuldig bewys het en later het Joost erken hy was skuldig. Ek het al met hom gewerk, sal hom nie aanbeveel nie.

Iemand ·

Hoe het hierdie man wat hy ondersoek dit reg gekry om met sy eie dogter te trou? Die feit dat daar egskeiding dagvaardiging was beteken die huwelik was wettig….hoe kon dit moontlik wees?

Thelsa ·

Ek wag nog vir die 1e saak waar ‘n persoon in die hof verskyn en skuldig bevind word agv MB se ondersoek

Nettie ·

@Iemand, ek vra ook dieselfde ding. Hoe kan ‘n man se dogter ook sy vrou wees – op ‘n wettige manier? Maroela Media, het julle jul feite reg? Verwys jul bewoording in Paragraaf 6 – die meisie was onder Mike se organisasie vir beskerming, die saak is moeilik omdat sy ook sy vrou was.

ANA ·

Stem saam Uiltjie,hys opi bôl! ??
En genoeg vir n losprys op sy kop en genoeg om oor afgunstig ook te wees.
Los vir BAASSPEURDER MB uit

Chris Muller ·

Was ek President van RSA sou ek hom minister van Inligting of Polisie gemaak het.

Dell ·

Ou Mike is so vol van homself en ek twyfel of hy regtig rede daartoe het. Nee wat, hou verby.

Nico K ·

Ja hy het sy naam groot krater gemaak daai tyd met die Joos saak.

jakes ·

Mense wat Mike Bolhuis probeer swart smeer is of heeltemal onkundig of het al hul moses teegekom teen hom. Ek eien ook n paar name hierbo en julle is steeds onder die loep. Mike verrig meer werk as wat honderde polisiemanne saam nie kan nie.

Lark ·

Bwahahahahahaha @jakes ROFL dis hoekom hy só n groot sukses rate het bwhahahahaha

wielie ·

” Hy wil nou nie die man se naam bekend maak nie want die saak is in n sensitiewe staduim”
Nou vir wat is die saak dan ini koerant???

Jacoba ·

Sien jy die man se naam erens ? Tensy dit met in uitveer geskryf is. Hy stel net sy kant van die saak Wielie. Kry daai tor aan die gang op sy wielie dan sal jy verstaan.

Lizelda ·

Ek het baie respek vir Mike Bolhuis, vd werk wat hy doen nie net vir mense nie maar ook teenoor diere. Ek weet van n hele paar jaar gelede as jy net MB se naam genoem het was groot skelms lekker bang. Maar nee ek glo hom as hy se hys werklik nie bang vir sosulke dreigement nie.

Estelle van Wyk ·

Mike Bolhuis het n hart van goud!
Die baba-flaminke wat hy gered het vertel dat hy n omgee-mens is. Dankie!

Kiepie ·

Help my gou reg (want ek is nie “n privaat speurder nie :-) Paragraaf 2 sê dat die vrou wat selfmoord gepleeg het die man se dogter was maar paragraaf 6 noem dat sy ook sy vrou was. WAT!?

Daan ·

Kiepie lees weer die berig. Die rampokker behoort aan ‘n sekte, die dat hy met sy eie dogter ook getroud was. Verder aan al die mense wat Mnr Bolhuis so slegse, WELGEDAAN. Diegene wat hul medemens (Mede Blanke Suid Afrikaners) so afbreek en afkraak is juis die mense wat nie kan saamstaan nie en net skinder en slegse. Julle is die oorsaak van die ondergang van die blanke afrikaner

Kaasbrak ·

@Daan, nee dis mense soos dié wat met hul eie dogters trou, en dis molestasie en verkragting wat die “blanke afrikaner” se ondergang beteken, kyk maar net na die Dros ou, die kfc lot, die doodskis manne en wat van die sonneblom boys? nee wat, jy kan die “rampokker” verdedig en se dis n siekte, ons weet dis nie so nie.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Yip,KIEPIE jy lees reg! DIS SIEK
Ek weet persoonlik van ñ biljoenêr ‘ondergrondse’ mafia baas hier in pta wat met sy eie dogter getroud is…

ANNA ·

MB het ñ hart van goud! Hy stel sy eie lewe in gevaar,om ander mense te help en diere ook. Hy is een uit ñ miljoen TEEN misdadigers en ñ baie beter mens as sommiges wat NIKS doen,om te help nie!
KOMAAN MENSE,BÊRE DIE GENIEPSIGHEID TOE EN LAAT DIE SON BIETJIE SKYN OOR ANDER OOK

DS ·

Ek dink regtig nie Mike Bolhuis gee regtig om wie van hom hou en wie nie. So spaar maar julle self tyd deur kommentaar te lewer dat julle nie van hom hou nie want dit het GEEN invloed op sy lewe nie hy weet nie eers wie jy is nie maar tenminste weet julle darem wie hy is.

Hennie ·

Ai los tog die man uit hy het ook net n besigheid wat hy moet bedryf hoe goed of hoe sleg ookal tenminste probeer hy iets doen wat die SAPS en dalk jyself nie kan regkry nie. Sit Saartjie ma wil kinders tel.

Heksie ·

ek ken MB nou gladnie, maar daar is iets aan hom wat my afsit … weet nie wat nie, maar op sigwaarde hou ek nie juis van hom nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.