Losprys van R6 miljoen vir baba Eden geëis

Eden Laird (Foto: Pink Ladies)

Die polisie het Saterdag bevestig ʼn losprys van R6 miljoen is vir die dertien maande oue Eden Laird van Brackendowns geëis, voor hy met sy ouers herenig is.

Maroela Media het vroeër berig Eden is net ná middernag gevind en vyf verdagtes, insluitend ʼn huishulp, is in hegtenis geneem. Die kontant wat as losprys betaal is, is ook teruggekry.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn taakspan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Gauteng het tot die inhegtenisneming van die vyf verdagtes gelei.

Eden is Woensdag as vermis aangemeld nadat sy huishulp met hom gaan stap het, maar nooit teruggekeer het nie.

“Die polisie het dadelik begin ondersoek instel en verskeie telefoonoproepe, waar die verdagtes R6 miljoen as losprys van die ouers geëis het, gemonitor,” het Dlamini bevestig. “Met behulp van inligting van die gyselaar-onderhandelaar is twee verdagtes by die punt in Ekurhuleni-Wes, waar die losprys afgelewer moes word, aangekeer. Verdere ondersoeke het die polisie na Windmill Park gelei waar die huishulp en ʼn vermeende samesweerder in hegtenis geneem is. Die vyfde verdagte is in Katlehong aangekeer waar die polisie ook beslag gelê het op ʼn voertuig wat vermoedelik tydens die misdaad gebruik is.”

Eden is met sy ouers herenig en is ongedeerd.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe verder moet ondersoek instel om ʼn suksesvolle vervolging in die hof te verseker.

Van die vyf verdagtes is vier van Zimbabwe afkomstig en die vyfde verdagte is ʼn Suid-Afrikaner. “Dis belangrik om die nasionaliteit van die verdagtes in dié geval bekend te maak, om lede van die publiek te waarsku teen die roekelose aanstelling van persone sonder om behoorlik hul agtergrond na te gaan,” het De Lange bygevoeg. Hy het die span geloof wie se doelgerigtheid en toewyding daartoe gelei het dat die vermiste baba met sy ouers herenig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Lene ·

Well done SA Polices. Thank you God for the save return of the little one

Koeks ·

Sien! Ek is nie die enigste een!!! Kyk goed! Maakseker voordat jy mense by jou lewe betrek!!

Buitestander ·

Dit is belangrik om die werker se ID dokument onder oë tekry voor aanstelling. Dit vergemaklik net opspooring later.

Koos ·

“Buitestaander”, weet jy hoe maklik word ‘n ID-boekie met vals info verkry?

Muriel ·

Baie dankbaar Eden is gevind. Ek het saam almal gebid vir die mensie se veiligheid. Vandag voel ek ook trots op die SAPD vir hulle werk. As eggenote van n afgetrede speurder weet ek hoeveel spanning en werk in so n saak gaan. Jammer hul kry nie altyd die erkenning wat hul verdien nie.

Rita Labuschagne ·

Dank aan ons Vader in die Hemel vir gebede verhoor!!

Ronel ·

Sjoe, dis lekker om te hoor van sulke insidente wat ‘n goeie einde het! Welgedaan aan die SAPD en hul verskillende taakspanne!

LR ·

Die optrede van hierdie polisiemanne moet wyd en tot op die hoogste vlak geprys word. CR moet nie hieroor stilbly nie. Die kaliber van hierdie polisie moet 100 voudig vermeerder en die korupres moet 100 voudig verminder, dan kan daar dalk hoop wees vir hierdie land. Ons is tans in n staat van anargie, misdaad, korupsie, moord en doodslag, verkragting ens ens ens vasgevang.

Michelle Kellermann ·

Dankbaar die kleinding is ongedeerd en veilig terug by sy ouers.
Welgedaan SAPD

Susan ·

Dis hoekom ek ‘n ID afskrif het van my huishulp en presies weet waar sy bly.

Naja Nivea ·

Baie dankbaar, en het groot waardering vir SAPD. Wens ANC regering begin ook die gevaar van oop grense te sien. Ons het genoem skurke in RSA, nie Zimbabwers nodig nie. Sterkte aan ouers.

pieter ·

Baie dankbaar die baba is gevind en ongedeerd. OOK baie bly om te sien die SAPD het net lof ontvang in al die kommentare . Wel gedaan mense in blou. Ek kan net hoop julle kaliber word meer, baie meer.

Essa ·

Puik SAPD. Puik!! Dit bevestig ook net weer dat losprys situasies nie self hanteer moet word nie. Hoop die gesin herstel gou van so ‘n groot trauma.

foxi ·

Baie dankbaar die kindtjie is gevind. Dankie aan die SAPD ook.
Maar glo dit, daardie huishulp sal nie daarmee weggekom het nie. Woorde maak seerder as geweld.

Wilma ·

Knap gedaan manne in blou. Weet mens kry goeie huishulpe ma ai weti of mens nog jou kids in hul sorg kan laat. Te veel kriminele wat dai oppassers kan intimideer. Dankie Jesus vi baba se veilige trugkeer na sy ouers.

Hanna ·

DANKIE HERE BY LEEF EN IS WEER BY SY OUERS, GROOT IS U NAAM.

WitBlits ·

Welgedaan SAPS en maak dit sommer ‘n nuwe standaard om in die toekoms die Nasionaliteit van misdadigers bekend te maak sodat die ware bron van misdaad duideliker raak.
Dis te maklik vir immigrante om hierheen te kom en as dit warm raak nadat misdaad gepleeg is verdwyn hulle weer soos mis voor die son oor die grens!!!

Carel Kat ·

Ek hoop nie dis nou ‘n nuwe ding wat gaan kop uit steek nie. Soos in Suid Amerika en Mexiko.

Liezl ·

Amen, dankie Vader vir U beskermhand oor Eden. Soooooo dankbaar

Avra ·

Hierdie taakspan maak op vir die treuriges wat maande neem om positief resultante op te lewer. Well done.

Adele ·

Thank you to SAPS and all involved so proud. You are heroes! Hope they receive sentences deserving of their crime. We should petition for life imprisonment no bail

LB ·

Ek is saam met die land se mense baie bly en dankbaar dat hierdie kindjie veilig is.
Ek vra egter ‘n vraag wat baie sal kwaad maak, hoe los jy iets so kosbaars soos jou kind by ‘n ander persoon wat jy “redelik seker is” jy vertrou, want jy kan onmoontlik nie doodseker wees dat jy haar kan vertrou nie. Ek los nie eers my honde by relatief vreemde mense nie. Ek dink net mense moet besin daaroor om ander aan te stel en hulle deel te maak van jou lewe…soos dit nou in die land gaan kan juis daardie blinde vertroue vir jou eie gerief jou lewe kos. Liewer ‘n bietjie stof as jy nie by alles uitkom nie en weet jou tuiste en jou gesin se bewegings bly onbekend aan ander.

Oujongvrou ·

LB jys doodreg. Maar die mense wil nie hoor nie. Ek word baie gou uitgetrap as ek vir jong vroutjies vra vir wat kyk hulle nie self na hulle kinders nie. Maar nouja dis die moderne lewe. ☹

Pim72 ·

Nou wat doen moet jy doen as jy werk? Dis nie asof jong ma’s ‘n keuse het nie. Kleuterskole is ook nie altyd die veiligste plek nie……

Petro ·

Ek stem 100% saam met jou – dit is net te maklik om jou verantwoordelikheid af te skuif op iemand anders – ek is jammer maar daar is geen maar geen rede hoekom jy as ouer ‘n “vreemdeling” moet “vertrou” om na jou kind om te sien nie – kyk na jou eie kind hy/sy is aan jou toevertrou om ten alle koste te beskerm en veilig te hou – hy/sy is jou verantwoordelik.

kiki ·

Ek is baie bly julle almal se lewens was so maklik dat jul jul eie kinders kon groot maak. Ek en my man werk. My ma en skoonma is oorlede. Die res van my familie werk. Ek en my man verlaat die huis voor 5 uur soggens en kon na 7 saans terug. Ek sal dit waardeer as enige een van julle vir my ‘n skool uitwys wat daardie ure oop is. Maklik om te oordeel as jy nie in dieselfde situasie is nie. En @Oujongvrou wie dink jy is jou om nogal vir mense te vra hoekom kyk hul nie self na hul kinders nie? Hopeloos te arrogant as jy my vra.

George ·

Hoop die polisiemanne word vergoed vir die groot daad wat verrig is en dat Ons Vader ook Sy dank opreg sal kry

Petro ·

Prys die Here vir Sy almatigheid en alomteenwoordigheid. Puik werk SAPD – well done – ek salueer julle.

Anoniem ·

Dankie Dankie Jesus ! Al sien ons dit nie nou nie maar DIE GOEIE SAL OP DIE OU END ALTYD OORWIN OOR DIE SLEGTE !! SAPD – TROTS OP JULLE SLIM SPEURWERK Bid vir JULLE

jaco ·

Vergelyk nou die SAPD se hantering van hierdie saak met hulle hantering van plaasaanvalle en plaasmoorde…

Helene Heyns ·

Wonderlike nuus. Baie dankie aan ons Hemelse Vader dat Hy ons gebede verhoor het. Aan die SAPD wil ek sê dankie manne, jul het jul kant honderd persent gebring. Mag julle geseën word daarvoor.

Kyk na jou eie kind!! ·

As jy nie jou kind in n kleutwrskool wil sit nie HOU OP WERK! PAS HOM SELF OP! weet nie HOE mense nannies vertrou nie…

dom ·

Is darem snaaks hoe baie skeinheiliges hier is. Nou prys jul sap. More is hulle weer sleg. Onthou dis nie altyd n maklike task om mense soos julle te beskerm nie…

GM ·

So dankbaar hy is ongedeerd gevind! @Dom, die betrokkenes wat gehelp het om Eden op te spoor, verdien die erkenning. As die polisie toestaan en kyk hoe trokke afgebrand word, verdien hul ‘n tik oor die vingers. Daar is goeies en slegtes, mens kan nie almal oor dieselfde kam skeur nie.
En dié wat so kla oor kinders in ander se sorg gelaat word – het jul al daaraan gedink dat albei die kind se ouers dalk MOET werk om aan die lewe te bly? Soos ek al voorheen gesê het, elkeen se omstandighede is anders. Respekteer ander se besluite. Mens is nêrens meer veilig nie, die kind kon netsowel ontvoer gewees het terwyl die ma na hom gekyk het. Wat sou die kommentare dan gewees het? Moet ons populasie eerder uitsterf omdat die lewe so duur geword het dat baie ouers van hulpe gebruik maak? Die beste wat sulke ouers kan doen, is om ingeligte besluite te probeer maak. As ek die dag moet kies tussen kos op die tafel vir my kinders, of aanhou by hul bly en hul ly honger omdat pappa nie alleen kan voorsien nie, dan sal ek ook eerder gaan werk en hul in ‘n skooltjie sit. Wat sou jul ‘judgemental’ mensies gedoen het?

madels ·

Toe ek my tuinier aangestel het, het ek vir hom gese ek wil n foto van hom neem, ek het 2 geneem, een waar hy glimlag en een waar hy nie glimlag nie.. al het jy nie n ID van iemand nie is daar ander maniere om dit te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.