Lotery-kommissaris swyg oor Covid-19-tender

(Grafika: NLC/Facebook)

In reaksie op parlementêre vrae deur die Demokratiese Alliansie, het Thabang Mampane, die kommissaris van die Nasionale Loterykommissie (NLC), gekies om agter regulasie 8 van die Loterywet te skuil sodat hy nie hoef te verklap aan wie ʼn Covid-19-tender toegeken is nie (sien aangeheg).

Mat Cuthbert, die DA se skaduminister van handel en nywerheid, het gesê die tender wat deur die NLC uitgereik is, was vir ʼn diensverskaffer om navorsing te doen oor die maatskaplike, ekonomiese en bedryfsimpak van die koronavirus-pandemie op gefinansierde organisasies.

“Volgens die NLC beloop die waarde van die tender R460 287,50 – ʼn beduidende bedrag van die belastingbetaler se geld wat spandeer is op ʼn gerieflikheidsoefening (sien aangeheg).”

Die diensverskaffer moes die NLC in kennis stel van hoe hulle te werk moet gaan om die R150 miljoen te spandeer in hul Covid-19-verligtingsfonds wat aan sukkelende organisasies oorbetaal moes word.

“Die NLC het in September 2020 laas voor die portefeuljekomitee van handel en nywerheid verskyn en ons laat weet dat slegs R32 miljoen van die R150 miljoen aan begunstigdes oorbetaal is. Dit is egter duidelik dat, wie ook al die diensverskaffer was, nie die NLC gehelp het om die noodsaaklike geld toe te ken aan organisasies wat reeds in ʼn erge finansiële verknorsing was nie.”

Cuthbert sê dit is duidelik dat die NLC, en gevolglik ook sy kommissaris nie uit hul pogings geleer het om begunstigdes in 2020 te verbloem nie – toe die parlement se regsadviseur bevind het hul gebruik van regulasie 8 om hul optrede te verdedig, is ongrondwetlik.

Die DA sal ʼn Paia-aansoek bring om die NLC te dwing om die inligting bekend te maak. “Ons glo dit is in publieke belang,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Genis ·

Die Afrcan National Coup sal weet…. Dis weereens n skande, laag en gemeen..

Jack ·

Nog n bedrogspul wat aan die publiek voorgehou word as n manier om skatryk te word. Arme onnosel publiek. Kyk gerus hoe wengeld teruggehou word tot na salarisdag van die staatsdiens en besluit self of die uitbetalings gemanipuleer word. Skel spul en nog n kasregister vir die ministers se hande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.