Die besluit van die Nasionale Loterykommissie om nie meer geld aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te gee nie is kortsigtig en jammer, en gaan groot dierelyding in veral die minder gegoede en afgeleë gemeenskappe veroorsaak. Só meen die VF Plus.
Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder, het gesê die DBV het in ʼn verklaring laat hoor dat hulle nou gedwing sal word om die gratis dienste wat in armer gemeenskappe gelewer word drasties in te perk.
“Volgens die DBV is daar veral ʼn dwingende nood om hulp te verleen aan werkdiere soos donkies, perde en beeste wat juis in afgeleë gebiede vir werk en vervoer gebruik word. Dié belangrike diens word reeds die afgelope 62 jaar gelewer en sal nou moontlik gestaak moet word indien ander befondsing nie bekom word nie,” het Alberts gesê.
Die Loterykommissie het laat blyk dat die fokus van befondsingprojekte verskuif het en dat daar voortaan op “armoedeverligting” gefokus gaan word.
“Die parlementêre portefeuljekomitee vir handel en nywerheid het oorsig oor die Loterykommissie, en die VF Plus sal dié aangeleentheid gewis op die agenda plaas met ʼn versoek aan die voorsitter om die besluit van die kommissie te laat herroep.”
Alberts meen die beskawingspeil van ʼn gemeenskap kan direk gemeet word aan die wyse waarop hy sy diere behandel.
“Liefde tussen mens en dier, en die versorging van die diere het ʼn helende effek op ʼn gemeenskap. Albert Schweitzer het gesê as jy nie deernis vir alle lewende wesens het nie, sal jy nooit innerlike geluk ervaar nie. ʼn Gemeenskap wat sy kop wegdraai van diere se lyding sal inderdaad ʼn siek en stukkende gemeenskap wees.”
Die Nasionale lottery moet ondersoek word. Met elke trekking word daar +/- R10 miljoen gemaak. Waar gaan die geld heen? Nou onlangs eers tehore gekom dat miljoene rande aangewend word vir sport terwyl die land onder groot ekonomiese druk is.
Slaan na wie Ithuba Holdings is… Dan sal dit sin maak
As ons gaan kyk na wie die Nasionale Lottery besit… Verstaan ons hoekom! So gemaak, so gelaat staan!
Gestremde, stem saam met jou,dan moet daar ook sommer gekyk word na die astranomiese salarisse wat uitgedeel word.
Volgens die Bybel is dobbel onwettig. So, voor die Loto begin het, waar het die geld vandaan gekom?
Nou word die gelg kamstig vir armoedevirligting gebruik word. Weereens die blankes se geld. Hoeveel blanke armes gaan 2 sent van daardie geld sien?
My voorstel aan almal wat so dobbel, skenk eerder daardie geld aan mense wat dit werklik kan gebruik. Dan dien dit ‘n goeie doel, veral as jy geld het om so te mors.
Ag kom asb by. Nogal “blankes” se geld. Alle rasse speel lotto!!!!
My hart gaan uit na al die diere! Baie dankie DBV dat julle omsien na soveel diere in nood!
what next
‘n nasie wat nie na sy diere kan kyk is nie werd om nasie genoem te word nie. Dis deel van van ons skeppings opdrag.
Daar is 14 miljoen kombinasies in die lotto. So as jy een kaartjie koop het jy 1/14000000 kans om te wen.
Koop eerder vir ‘ n arm persoon ‘n halwe brood. Dan gebeur daar iets met die geld.
Onthou om nie om te kyk as jy daai brood gegee het nie asb! Gaan betaal jou buurman wat sonder werk sit se krag vooruit of gooi petrol in jou pa se kar wat pensioen trêk dis maar net my gedagte! Hoekom voor ñ ander se deur gaan vee as jou huis ñ gemors is
Ek stem as ons nie meer lotto speel soos jaques weetals en die geld vir die DBV gee kan hulle beter funksioneer as nou
Donie karre 2018 koop vir die man n tweede handse se bakkie asb!!!!
Donkie karre 2018 koop vir die man n tweede handse se bakkie asb!!!!
Dit sal ‘n riem onder die hart wees as ons nuwe presidentsvrou ‘n lansie wil breek vir die ‘agtergeblewe’ diere van die gemeenskap. En haar sterk uitspreek nie net mbt
kindermishandeling maar ook dieremishandeling. Sy kan ons mees geliefde presidentsvrou word as sy so haar bydrae tot dierewelsyn kan maak.
Sommer ook haar invloed gebruik om die lottobase te oortuig dat die DBV-geld nie gestaak moet word nie – Nora
As elke mens – ELKE MENS wat Maroela lees elke maand sê net R20.00 skenk aan die DBV…. Maar dan moet dit elke mense wees en elke maand. Meer is beter maar ja… elke bietjie help. Dink daaraan as jy weer ‘n groot plak sjokolade koop of nog ‘n pak aartappelskyfies…