Loteryraad steel glo R300 miljoen

(Argieffoto: Raymond Joseph/GroundUP)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Woensdag aan die portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging onthul dat die nasionale loterykommissie (NLC) se raad na bewering sowat R300 miljoen gesteel het.

Dié geld was glo bedoel vir dwelm-rehabilitasiesentrums, ouetehuise asook die bemagtiging van vroue en die jeug.

Die SOE het aan die komitee gesê dat hy byna 50 afsonderlike sake van korrupsie en wanbesteding van geld teen die lotery sal ondersoek. Slegs 12 van die 50 sake is tot dusver afgehandel.

Mat Cuthbert, DA-woordvoerder oor handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, sê grootkoppe van die loteryraad word na bewering met die geldverkwanseling verbind. Dit sluit glo voormalige raadsvoorsitter Alfred Nevuthanda, voormalige raadslid William Huma en geskorste bedryfshoof Philemon Letwaba in.

Letwaba is in Oktober geskors, drie maande nadat hy 17 maande lank met verlof – teen ʼn koste van R3 miljoen – was.

Die SOE het glo sekere bewyse aan die kommissie oorhandig met die versoek dat Letwaba hangende ʼn tugverhoor geskors word.

Die SOE het sy ondersoek na die kommissie in Februarie verlede jaar van stapel gestuur nadat pres. Cyril Ramaphosa toestemming daarvoor gegee het. ʼn Ouditfirma is ook aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na bewerings dat geld van die lotery wanbestee is.

“Die DA doen ʼn beroep op die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om vinnig en beslissend teen bogenoemde individue op te tree,” sê Cuthbert.

“Terwyl hierdie plundering op industriële skaal aan die gang was, het die ANC alles in sy vermoë gedoen om die NLC-raad te beskerm deur hulle te help om nie aanspreeklikheid vir hul dade te neem nie,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
domheks

wie in die NUWE SA is nie korrup nie? Almal het LAAAAAAAANGGGGG vingers!

WILLEM

Waar gaan dit stop?? En dat die ANC hulle help om nie verantwoordelikheid te neem nie -is die ANC ook betrokke by die diefstal.??Ons kan net sowel ons land op ‘n veiling plaas en sien hoe min dit werd is!!

Racheltjie Debeer

Wat is nuut? Alle staatsinstellings / semi-staatsinstellings is korrup.

Johann

En so sal hulle elke denkbare krip leeg vreet! En dan NOG wil hê. Dis kern aan die korrupte karskter van die Afrikaan. En trop saam om mekaar te beskerm.

Anel

Ja, nê!!!!!