Lotto-baas moet geskors word

(Argieffoto: Raymond Joseph/GroundUP)

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het aanbeveel dat die beleërde bedryfshoof van die nasionale loterykommissie geskors word – ʼn stap wat die DA verwelkom het.

Philemon Letwaba was vroeër 17 maande lank met verlof, teen ʼn koste van R3 miljoen.

GroundUp berig die aanbeveling dat Letwaba geskors word, volg net drie maande ná Letwaba se langdurige afwesigheid. Die SOE het glo sekere bewyse aan die kommissie oorhandig met die versoek dat Letwaba hangende ʼn tugverhoor geskors word.

Die SOE het sy ondersoek na die kommissie in Februarie verlede jaar van stapel gestuur nadat pres. Cyril Ramaphosa toestemming daarvoor gegee het. ʼn Ouditfirma is ook aangestel om ʼn onafhanklike ondersoek te doen na bewerings dat geld van die lotery wanbestee is.

Letwaba is glo ʼn sleutelfiguur in die ondersoek deur ouditfirma Sekela Xabiso (SkX) en GroundUp het berig volgens anonieme bronne is hy eintlik voorlopig geskors sodat hy nie met die ondersoek kan inmeng nie.

Letwaba, wat ʼn basiese maandelikse salaris van R265 000 verdien, het in dié tyd tuis gesit. In Julie het hy glo teruggekeer werk toe, al was SkX se ondersoek nog nie afgehandel nie.

Letwaba het ná sy terugkeer in ʼn onderhoud met Newzroom Afrika gesê hy is nie geskors nie, maar was met verlof.

Mat Cuthbert, die DA se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging, sê die aanbeveling wat die SOE nou gedoen het dui daarop dat die ondersoek by die loterykommissie byna klaar is.

“Die DA sien daarna uit dat die parlementêre komitee op die hoogte van die SOE se ondersoek gebring word sodra dit afgehandel is,” sê hy.

“Diegene binne die nasionale loterykommissie of met bande met die kommissie en wat van die armes en kwesbares gesteel het, moet in die hof vir hul hartelose optrede aanspreeklik gehou word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SlinkseKoljander ·

R265 000 `n maand vir wat??? Belaglik wat ons mense betaal word om niks te sit en doen nie.

Blikkies ·

Waaaaat…… ‘n Basiese maandelikse salaris van slegs R265 000. G’n wonder niemand wen die lotto nie. Vir ‘n Basiese salaris doen hy nie sleg nie met ‘n Pasella jaar en ‘n half se verlof. Dit maak my Naar.

Sê Ook Maar Net ·

Ek weet die volgende het nie veel betrekking op die Artikel maar: Die nuwe “elektroniese” trekking van die nommers laat die deur oop vir bedrog. Enige goeie “hacker’ kan die rekenaar wat die nommers trek “hack” en sy eie nommers kies. Met die ou stelsel was daar fisiese balle wat getrek word sonder kans vir bedrog. Die Lotto maak soveel geld dat hulle maar die ou stelsel kon volhou het

JohanR ·

Stem heeltemal saam. Ek wil die masjien sien, ek wil die rerige balle sien en ek wil die onafhanklike ouditeur sien, en ek wil he die trekking moet voor ‘n gehoor gebeur.

JohanR ·

Dit was nie oor daai PowerBall nommers 5,6,7,8,9 en Bonus Bal 10. Wonder hoeveel ANC kaders het in die lekker uitbetaling gedeel? Kon julle nie darem die Power Bal 15 gemaak het nie dan sou dit nie soe verdaag gelyk het nie!

anniekiewiet ·

Skaf die lotto af en gee alle kaartjie inkomste aan armes en besighede en plekke wat al die armes dra en bystaan. Maar dan sal min mense geld gee nè?

Misky ·

Waar kan ek aansoek doen vir die ou se pos? Ek sal eintlik opdaag vir werk, anders as hy en nie permanent met verlof wees nie.

koos10 ·

‘n Salaris word verdien. Dit beteken jy werk en daarvolgens verdien jy jou salaris. Hier het hy net elke maand geld gekry, vir bogerol (mooiste woord wat ek durf hier gebruik) doen.

Di ·

Glo die lotto is ook ‘n klug spul. Als wat hierdie kaders beheer loop uit op korrupsie. Die een wil skelmer wees as die ander. As hy skuldig is moet hy gestraf word soos die res van ons. Belaglike salaris, om presies WAT te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.