Lotto-boerpot meer as R15 miljoen

lotto 2Een gelukkige persoon kan Saterdagaand R15 miljoen ryker wees danksy ʼn groot Lotto-boerpot.

Ithuba Holdings, amptelike operateur van die nasionale lotery, het Vrydag die bedrag bekend gemaak.

Die trekking vind om 21:00 regstreeks op SABC2 plaas.

Kaartjieverkope sluit ʼn halfuur voor die trekking.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marianne ·

Waarom word GROOT BOERPOT WENNERS nooit onthul nie? Is dit omdat hulle nie bestaan nie of omdat hulle Parlements lede? Wil LOTTO SA werklik se uit ‘n miljoen plus mense wat speel – kry net EEN mens daardie 6 nommers???? I THINK NOT!!!! Daardie masjiene is gestel.

Steven ·

Nou vir wat is die masjiene gestel ? Gaan dink maar weer en wees realisties asb tog.

Johann Marx ·

Ek soek ‘n partner om mee Lotto te speel. Die rede hiervoor is eenvoudig: Ek kan al die nommers pick wat dit NOOIT maak nie. As dit nie so was nie sou ek mos al die ding gewen het?Dus, vir vanaand, sal ek 43 nommers speel…..en vir jou laat weet. Aan hulle raak jy nie, want hulle maak dit nêrens nie. Jy speel net die 6 oorblywende nommers……wen, en ons deel die boerpot 50/50.

Johann Marx ·

haha Marianne? Natuurlik wor die “masjiene gestel”?? Kom ek verduidelik vir jou: Net voor die trekking bereken die Lotto rekenaar sisteem hoeveel keer elke nommer gespeel is. Byvoorbeeld: No 1 is 38 miljoen keer gespeel, No 2 is 6 miljoen keer gespeel, No 3 is 14 miljoen keer gespeel. Dan identifiseer die sisteem die 10 nommertjies wat die MINSTE gespeel is. Daardie 10 balletjies kry elkeen ‘n ekstra lagie verf oor (of hulle gewig word kunsmatig verhoog). As al die balletjies dan in die “draw machine” gesit word, word lug van onder af deur die balletjies geblaas, en hulle word geroer. Die 6 “wen” nommers kom dan uit die 10 swaarste balletjies uit. Dit word gedoen sodat jy altyd net 1 of 2 “miljoen wenners” het, en duisende mense wat elkeen net 3 nommers reg het. As dit nie so gewerk het nie, en al die balletjies is in ‘n sak gegooi en met die hand getrek…….sou jy gekry het dat 100 mense die 10 miljoen deel….en elkeen sou net R100 000 kry…..en die LOTTO sou sy “aantrekkingskrag” van kits miljoenerskap verloor.

Magda ·

Moenie jou kaartjie in n gegoede woonbuurt koop nie. Se net dis defnitief n bedrog spul

SNEL ·

Klug spul of nie, miskien moet ons eerder weer die Bybel lees:

Jesaja 65:11 Maar julle wat die HERE verlaat, wat my Heilige berg vergeet, wat n tafel dek vir die GELUKSGOD en die mengsel insluk vir die godin van die noodlot – 12 Ek sal julle bestem vir die swaard……maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie begaag nie.

Psalm 15 Wie mag vertoef in U tent, o HERE?
vers 6; wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenke aanneem ….

1 Kor 10:21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwel nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwel nie.

Dis glad nie maklik as mens hoor hoe baie geld gewen kan word nie, maar miskien is dit beter om dit maar eerder net te los en gehoorsaam aan die Here te wees.

Johann Marx ·

Ek stem saam met jou SNEL. Die Bybel sê “Dit wat jy vrees sal jou oorkom!” Weet jy hoe vrek bang is ek vir die LOTTO??? hahahaha

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.