Lotto-wenner sterf in KZN-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Die wenner van ʼn R18 miljoen-boerpot van die nasionale lotery is dood in ʼn motorongeluk naby Empangeni in KwaZulu-Natal.

Die Zululand Observer het Donderdag berig Nhlanhla “Budha” Dlamini (30), wat in 2014 die boerpot gewen het, is op slag dood saam met sy passasier, Siyanda Gumede, toe sy V8 Mercedes Benz ʼn bakkie op die R102 naby Felixton, suid van Empangeni, getref het. Die ongeluk het Maandagmiddag plaasgevind.

Die bestuurder van die bakkie en sy twee passasiers is beseer en na ʼn hospitaal geneem.

Volgens die koerant het Dlamini in Ngwelezane- informele nedersetting gewerk en vleis gebraai teen R10 per klant, voor hy die boerpot gewen het.

“Hy was ʼn vrolike persoon met ʼn passie vir vinnige motors. Hy wou net die heeltyd rondry en na musiek luister,” het ʼn anonieme vriend aan die koerant gesê. “Hy was vry en nederig en altyd bereid om enigiemand te help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ben Prinsloo ·

Wys jou maar net: grootgeld kan soms lewensgevaarlik wees.

johann cb ·

Ek hoop hy het nie intestaat gesterf nie. Sterkte aan sy naasbestaandes.

Jo ·

Dit is nou al die hoeveelste lotto wenner wat dood is. Daai geld is
“gecurse”.

Ekke ·

Hi Jo, Ek het dieselfde gedink toe ek die lees. Mens hoor van soveel van die mense wat dood gaan en hoeveel is nie al dood in motor ongelukke nie.

Sarie ·

Daar is mos baie mense wat se die lotto is ‘n curse. Ek het self ‘n wenner van ‘n R20 miljoen lotto geken wat ook nie baie lank daarna dood is nie. Al wat ek weet is dat miljarde rande jaarliks in hierdie land in die spreekwoordelike rioolpyp afgespoel word vandag dobbel in ons land gewettig is.

C ·

Nou wat gan nou met sy vinnige 18 mil word, nou dat hy sy vinnige motor wat die heeltyd net wil rondry en musiek luister so tragies verlaat het. Ag shame man, sterkte aan die familie en vriende.

Sarie ·

Ek wonder hoeveel is daar nog oor van die R18 miljoen geld. Is dobbelgeld nie maar soos erfgeld, dit word swerfgeld

Ag ·

wys jou net, vandat dood in die wereld gekom het is jou lewe nie meer veilig nie

Ilse ·

Dobble is ‘n sonde. Dis hoekom die goed gebeur. Jy moet werk vir jou geld en vir wat jy het.

Gesiggie ·

Kan jy nou meer, hy het sy lewe ten volle geniet , hy het al die geld gehad en die begeerte om altyd n vinnige motor begeer, maar dit het sy lewe gekos… hoeveel is oor van die 18 Miljoen? hopenlik sal die res van die geld reg gebruik word… hy het sy lewe geniet en was gelukkig, maar geld wat stom is, maak nie reg wat krom is”’ hoop die regte gesegte”’ Geld is n Evil”’

Mike ·

Ek het self n paar miljoen gewen maar dit vas belê, en ek werk nog steeds ek is baie gelukkig met my afsterwe is my kinders versorg en al dit net met n paar rand rente per maand……………

gp ·

Genade, van die kommentaar hier bo is lagwekkend. Wonder wat sal van die mense hierbo se as hulle swaar kry en n man wat geld gewen het koop vir hulle so vinnige paar duisend rand se goed by pick n pay. Wonder of hulle sal nee se??? Of dalk dat die kos ook dan “gecurse” is en dat hulle iets sal oorkom as dit geeet word….praat van bygelowig. Jaloesie is n lelike ding

Kiepie ·

Maroela, kan julle nie ‘n “Like” en “Dislike” knoppie by die kommentare aanbring sodat lesers kan wys wie se standpunte hulle ondersteun (soos WL s’n) en wie s’n hulle verwerp nie. Dit sal die sinnelose gegorrel van sommiges met die helfte verminder.

Landi Slatter ·

Dagsê Kiepie

Baie dankie vir jou kommentaar.
Die goeie nuus is dat ons kommentaarstelsel binnekort ʼn splinternuwe baadjie gaan aantrek – bly dus ingeskakel vir dié opwindende nuus!

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Shilo ·

Ai, pleks hy maar die leegle-ery gelos het en eerder iets meer prakties aan gepak het en werk gestig het vir minder bevooregte mense.

A3 ·

Aan almal wat wonder hy het amper al sy geld belê en die mense wat oor spoed praat – jy hoef nie te jaag by die interseksie om doodgery te word nie – baie gevaarlike t-aansluiting

Theresa ·

Sjoe, tog maar ‘n jammerte. Persoon het swaar sy geldjie verdien elke dag se bestaan wel met werk verdien. EN toe die heerlike wenslag! Hoop ook hy het voorsiening gemaak vir die wat agterbly. Maar dit was sy gelukskoot om te wen en eintlik daarmee te maak net wat hy wil – binne wet.

fred ·

Om n lotto kaartjie uit te neem, is nie sonde nie. Die Bybel se vir jou “Maar Ek bepaal die uitslag daarvan”. Dit is, – ek veronderstel, hoe jy daarna leef en as jy dan die Aller Hoogste gaan vergeet, dit is sonde. Ek se nie hy het nie, net as n voorbeeld. Voel jammer vir sy naas bestaandes en hoop hy het die nodige voorsorg maatreels getref in hierdie tyd van nood. Sterkte aan hulle.

WL ·

‘n Bietjie logiese statistiek vir al die persone wat dink die lottery is “ge-curse” met die bose:

Ongeveer 18 mense uit ‘n 1000 sterf per jaar in Suid Afrika. Ek het probeer uitvind hoeveel lottery wenners daar al was in Suid Afrika, maar ek kon dit nie kry. Maar volgens my berkeninge was die lottery al ongeveer 1 500 keer gespeel, so ek skat daar is ongeveer 300 wennners. Heel moontlik baie meer as mens die Powerball, LottoPlus, ens in berekening bring, maar kom ek hou dit by ‘n konserwatiewe 300.

Dit beteken, volgens statisktiek, gaan 5.4 van hierdie lottery wenners per jaar sterf. So hou maar julle julle bygelowe vir julself, en probeer liewers jul logika gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.