Lottokaartjie lei glo tot ernstige botsing

Foto: Emer-G-Med

Foto: Emer-G-Med

ʼn Man is dood en minstens twee mense beseer, in ʼn botsing waarby vyf motors en twee motorfietse betrokke was op die N1 noord naby die Rivonia-afrit in Sunninghill.

Volgens Emer-G-Med-ambulansdienste, het ʼn motoris se lottokaartjie glo by sy motor se venster uitgewaai, terwyl hy op die hoofweg bestuur het. “Die bestuurder het langs die pad stilgehou en oor die hoofweg gehardloop om die kaartjie te kry.”

Die man is deur ʼn motorfiets getref, waarna nog ʼn motorfiets en vyf motors in die botsing betrokke was. Die man is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurders van die motorfietse het matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Verkeer is erg ontwrig.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

hafe a haert ·

Rerig kry n hart n man is dood en jy warry oor die lotto kartjie

Amanda Smith ·

Dit was ‘n jong pa, iewers sit daar nou ‘n weduwee en treur oor haar man wat weggeruk is, en ‘n 3 jarige kindjie wat sonder sy pa moet grootword. Dink net vir ‘n oomblik daaraan voor julle wrede grappe maak. As julle nie respek vir die dooies het nie, wys dan bietjie respek vir hul geliefdes.

Piet Snot ·

Amanda, jy’s reg.
Ons almal hou van ‘n skerp opmerking.
As dit egter oor iemand se dood gaan, is dit te ver gevoer.

charlene ·

Amanda, Baie dankie vir jou kommentaar, dat jy die mense mooi op hulle plek sit.

Wie ·

Rerig??? Wie hardloop oor ‘n besige snelweg agter ‘n lotto kaartjie aan??

gatiep ·

Iemand wat opgewonde was wat gewen het Wie.Almal maak voute in sy lewe as ek terugdink het ek ook al amper n ongeluk veroorsaak in verlede

Jean ·

Ongelukkig moet ek met jou saamstem. Alhoewel ek baie simpatie met die man se gesin het wat nou sonder ‘n pa en man is, het hy ook ander ongelukke veroorsaak wat NOG lewens in gevaar gestel het, en hulle dood kon veroorsaak het. Wie betaal nou vir al daardie mense se skade en beserings? Jammer dit was nie verantwoordelik nie.

At Carstens ·

Ek dink MM moet kommentare opskort. Hier is net ‘n spul onopgevoede trolle (moegoes ) wat kommentaar lewer.

Neewat ·

Who died and made you the pope? Mense is geregtig op hulle opinies soos jy op joune is om ander moegoes te noem. Hoekom opskort? Hulle sal wel onvanpaste kommentaar verwyder, maar hoekom opskort? Belaglik man.

Poot ·

Regtig At Carstens?
Om mense moegoes te noem wat hul opinies lig. Moet dit dan nie lees nie of deregistreer jouself van die web tuiste.

Wateklees ·

Hoe is dit bepaal dat sie persoon se lotto kaartjie by die venster uitgewaai het?
Was daar enige betroubare getuie wat getuig die kaartjie is by die venster uit ?

Johan Gouws ·

Ja sy vrou en kind het vir hom in die kar gewag toe tref die Jeep hom.

m ·

Dis baie tragies en onnodig wat gebeur het, maar mens kan vir jouself dink dat dit lewens gevaarlik is om oor so besig pad te wil hardloop… Hierdie is nou n onnodige ding wat baie hartseer veroorsaak het.

charlene ·

Goeie genade!! Dis tragies, een besluit wat mens se lewe so kan verander. Ek wou nog kommentaar lewer en sê ek hoop nie hy het `n vrou en kinders nie – maar lees nou die ander mense se kommentaar en sien daar is `n vrou sonder haar man en kiddies sonder pappa. Dis `n baie moeilike tyd vir die familie – ek hoop eintlik nie die vrou lees hier nie want hier is `n paar kommin mense en kommintaar! Dit was seker onverantwoordelik van die man, maar ons almal doen baie kere sonder om te dink…. Sterkte aan die vrou en kind, julle verdien nie die seer nie, Sterkte ook aan die ander mense betrokke ek hoop julle herstel spoedig.

Madsi ·

Presiese oorsaak van ongeluk word nog ondersoek? Die man het oor ‘n besige pad gehardloop voor voertuie in!!!!!! Dis die presiese oorsaak van die ongeluk……..het hy regtig gedink dis die slimste ding en niks gaan gebeur? Regtig……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.