Louiesenhof-moord: Twee in hof

Stefan Smit.

Twee verdagtes het Vrydag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn in verband met die moord op Stefan Smit wat byna ’n jaar en ’n half gelede op die Louiesenhof-wynlandgoed doodgeskiet is.

Derek Sait (50) en Steven Damon (56) is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat die polisie lasbriewe bekom het.

Die ondersoek na die 62-jarige Smit se moord het speurders na die drie verdagtes se huise in onderskeidelik Bellville-Suid, Milnerton en Wynberg gelei. Die polisie is intussen op die spoor van ʼn 56-jarige vrou wat speurders tydens die inhegtenisnemings ontwyk het.

Die Stellenbosch-landdroshof. Foto: Eunice Stoltz

Sait en Damon staan onder meer tereg op aanklagte van moord, huisroof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Beskuldigde twee het vir regshulp gevra, terwyl beskuldigde een deur sy prokureur, EJ McCullum, verteenwoordig sal word.

Die beskuldigdes sal Donderdag om borgtog aansoek doen en die staat het aangedui dat hy die aansoeke sal teenstaan.

Die Louiesenhof-wynlandgoed. Foto: Eunice Stoltz

Die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch se geslote hekke is nou ’n rou herinnering aan die moord op sy eienaar. Volgens ’n inwoner van ’n buurplaas vind daar ook nie tans enige werksaamhede op die grond plaas nie.

Smit is verlede jaar op 2 Junie skuins voor 19:00 op die wynplaas doodgeskiet toe vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het. Sy vrou, Zurenah, en ʼn familievriend was ook tuis, maar het die aanval oorleef.

Zurenah en Smit se twee dogters by sy eerste vrou, Louie Smit en Martine Smit, is intussen in ’n afsonderlike hofstryd in die Kaapstadse hooggeregshof gewikkel. Dit hou verband met Smit se jongste testament, wat sy dogters aanvoer vervals is.

Die Louiesenhof-wynlandgoed. Foto: Eunice Stoltz

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarel ·

Nou moet die Burgers nog hulle Regskoste ook dra. Hierdie misdaad word nou duur storie.
Voorstel dat geld eerder azngewend wird vir kinders.

quartus ·

Die wiele van geregtigheid draai maar stadig in die nuwe SA. Meer as n jaar het verloop na die moord voordat die beweerde moordenaars aangekeer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.