Louiesenhof-moord: Weduwee soek glo borgtog

Stefan Smit.

Die weduwee van die vermoorde wynboer Stefan Smit (62) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof in Stellenbosch in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op haar man.

Zurenah Smit (55) is Maandagoggend in hegtenis geneem vir die moord op Smit op die Louiesenhof-wynlandgoed buite Stellenbosch verlede jaar.

Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Zurenah staan tereg op aanklagte van sameswering om moord te pleeg, huisroof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Haar saak is tot Donderdag uitgestel wanneer sy saam met haar medebeskuldigdes, Karel Derek Sait (50) en Steven James Damon (56), sal verskyn. Hulle sal dan formeel aansoek om borgtog doen,” sê Ntabazalila.

Dieselfde klagtes staar al drie beskuldigdes in die gesig.

Sait en Damon is Donderdag in die vroeë oggendure reeds in hegtenis geneem nadat die polisie lasbriewe bekom het.

Die ondersoek het speurders verlede week na die drie verdagtes se huise in onderskeidelik Bellville-Suid, Milnerton en Wynberg gelei. Zurenah het die polisie egter tot Maandag ontduik.

Smit is verlede jaar op 2 Junie skuins voor 19:00 op die wynplaas doodgeskiet toe vier gewapende mans deur ʼn oop deur toegang tot die plaashuis verkry het. Zurenah en ʼn vriendin van die gesin was ook tuis, maar het die aanval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wondermaarnet ·

Los hulle agter tralies sodat hulle ‘n voorsmakie kan kry hoe dit voel om Kersfees sonder geliefdes te wees. Hulle het ‘n man ontsien om te lewe, dus moet hulle boet.

ES ·

So sy vrou was toe deel van die moord… ek hoop julle kom nooit weer uit die tronk nie.

JohanR ·

Herinner hierdie moord nie aan Taliep Pieterse se moord nie. Daai swart burka oor die gesig, steek baie dinge weg!

Herman ·

Hoe gewetenloos is hierdie vrou nou eintlik? Nooi haar vriendin ( wat niks weet nie ) uit as alibi, en sit dan en kuier en wag dat…wetend jou man enige oomblik vermoor gaan word….

Louise ·

Ek dink ook heeltyd daaraan, die arme ou tannie. Wreed. Evil.

Nella ·

Natuurlik het sy die aanval oorleef. Sy is dan deel van die moordenaars. Dink hul moet die vriendin maar ook ondervra.

Surfer ·

Miskien net die vriendin (onwetend) gebruik as alibi terwyl haar “span” die moord pleeg.

Elsabe ·

Hoe de hel is jy deel van ‘n misdaad op die man wat jy eens (?) liefgehad het? Is daar geen, geen meer gevoel oor in jou hart vir die man wat jou lewe gedeel het? Gaan dit oor geld? Het dit nooit in jou gedagtes gekom dat die volmaakte moord nog nooit geplees is? Hoe sleep jy jou vriendin in jou planne om jou man te laat vermoor? Hoe helse gretig is jy vir ‘n paar R? Dink jy nie daaraan dat God weet wat jou elke ‘move’ en gedagte is? Hoe frieken DOEN jy dit?

quartus ·

Verstaan nie wat hier aangaan nie. Ander fotos van Stefan wat die pers plaas toon n man wat heeltemal grys en erg oorgewig is. Is dit een en dieselfde persoon?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.