Louis Botha-standbeeld ook gevandaliseer

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die standbeeld van Louis Botha voor die parlement in Kaapstad is Woensdagaand met rooi verf besmeer.

Die verf bedek die inskripsie onderaan die beeld wat lui: “Louis Botha, Boer, Krygsman, Staatsman”.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het Maroela Media se navraag na die polisie se nasionale mediasentrum verwys. Geen terugvoer is tot dusver ontvang nie.

Die Louis Botha-standbeeld is een van talle beelde wat oor die afgelope paar dae gevandaliseer is. Die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in die Pretoriase middestad is Sondagaand met groen verf besmeer, terwyl die perdegedenkbeeld in Port Elizabeth Maandag deur vandale geskend is. ʼn Oorloggedenkstandbeeld op Uitenhage se markplein is verlede week aan die brand gesteek.

Die vandalisering van standbeelde kom nadat die EFF in Pretoria vroeër gesê het hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in die stad vernietig, insluitend die Kruger-standbeeld. Die party het ook ondersteuners aangemoedig om die beeld van die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika en Jan van Riebeeck in Heerengrachtstraat in Kaapstad te laat tuimel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frik Lotz ·

Nee wragtig, so kan dit nie aangaan nie. Hierdie lafhartige vandale wat ons standbeelde so bemors moet vasgevat word en aan die pen ry. Genoeg is nou regtig genoeg!

david ras ·

Kerkgeboue en wanneer teiken hulle ons begraafplase ? In hulle verwronge breine sal enige grafsteen met ‘n Afrikaner naam daarop ook soos koloniale monument figureer !

Poemelman ·

Ek het al self begin wonder wanneer ons ou kerkgeboue geplunter gaan word.

Willie ·

Ja nee….hoekom is ek nie verbaas oor die “standbeeld herrie” nie…sal jou se waarom….”small things amuse small minds…”

jacques ·

Waar is hulle bewyse dat hulle in Suid Africa was voor ons hier gekom het,wys my een gebou of standbeeld van hulle wat nog staan van hulle verlede,of waar hulle dit neergeskryf het in n boek of iets voor Jan van Riebeek gekom het.

Jakes ·

Die goed wil mos nou die standbeeld voor die parlement weghê. Kom ons rig daar 2 nuwes op van ware volkshelde:Eugene de Kock en Wouter Basson.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.