Louis Heyns-moord: Saak uitgestel

Prof. Louis Heyns

Prof. Louis Heyns

Marthinus van der Walt (34) het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn in verband met die moord op prof. Louis Heyns, akademikus en pediater van Stellenbosch.

Van der Walt en sy broer Sarel (43), is aanvanklik van die moord beskuldig. Sarel het verlede jaar ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Heyns is na bewering op 22 Mei 2013 gekaap nadat hy omstreeks 20:30 sy broer se huis in Somerset-Wes verlaat het. Hy is daarna glo aangerand en verwurg. Sy liggaam is agt dae later in ʼn vlak graf gevind.

ʼn Derde verdagte, Juan Liedeman, ʼn sakeman en skrootwerfeienaar van Malmesbury, het skuldig gepleit op ʼn aanklag dat hy nie ʼn grondige rede gehad het om te glo dat die gekaapte motor, ʼn Peugeot 308, behoorlik aangeskaf is nie. Hy het ook ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan. Hy is ʼn boete van R100 000 opgelê of vyf jaar tronkstraf. Die helfte van die vonnis is opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie tydens die periode skuldig bevind word aan ʼn soortgelyke oortreding nie.

Die saak teen Marthinus hervat op 11 Mei.

Bron: Tammy Petersen, News24
Lees alle vorige berigte oor Louis Heyns op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.