Louis Heyns se moordenaar gevonnis

Marthinus van der Walt. Foto: Percivale Young/eNuus/Twitter

Marthinus van der Walt. Foto: Percivale Young/eNuus/Twitter

Marthinus van der Walt is Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op dokter Louis Heyns, ʼn pediater en akademikus van Stellenbosch.

Regter Andre le Grange het Van der Walt tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Heyns sowel as ʼn verdere 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede. Hy het beveel dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word.

Le Grange het in sy uitspraak gesê dat Van der Walt, wat in 1997 op 17-jarige ouderdom by misdaad betrokke geraak het, nie gerehabiliteer kan word nie. Van der Walt is vier maande voor die moord op Heyns uit die tronk vrygelaat. Hy het tronkstraf uitgedien vir diefstal.

Van der Walt is Dinsdag skuldig bevind aan moord en roof met verswarende omstandighede. Hy is egter onskuldig bevind op aanklag van ontvoering aangesien die staat nie kon bewys dat Heyns saam met sy motor gekaap is voordat hy vermoor is nie.

Heyns het op 22 Mei 2013 verdwyn nadat hy omstreeks 20:20 by sy broer se huis weg is. Sy liggaam is op 30 Mei in ʼn vlak graf naby Gordonsbaai in die Strand opgespoor.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MARTIN ·

Dit klink of die ou nie bang is om sy erk te doen nie.
Kom ons hoop Regter Beaton wys dieselfde staal in PE.

CHRISTA ·

Dink julle “lewenslank” gaan lewenslank beteken soos wat met Derby-Lewis gemaak word? Of gaan hy na 8 jaar op parool vrygelaat word?

Dave ·

Jy sien mos daar is reeds toegewings gemaak deur die 15 jaar tronkstraf gesamentlik met die ‘lewenslank’ te doen. Dit het nog nooit sin gemaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.