Jimmy Kgomotso Modisenyane (26), die sogenaamde “lover’s lane”-moordenaar is skuldig bevind op 14 aanklagte insluitend verkragting, moord, poging tot moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
“Die misdade is tussen Julie en September 2013 in Roodepan in die Noord-Kaap gepleeg,” het me. I Balang, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Volgens Balang het die man in Julie 2013 skote op ʼn man gevuur wat besig was om omgang te hê met sy minnaar. “Die man is vyf keer getref. Die beskuldigde het daarna die vrou verkrag en met haar weggery tot waar die motor sonder brandstof gaan staan het.” Modisenyane het die vrou agtergelaat en sy kon met ʼn rygeleentheid tot by die naaste polisiestasie kom om die saak aan te meld.
“Hy is in September 2013 in hegtenis geneem,” het Balang bygevoeg.
Hy sal op 17 Junie gevonnis word.
Die man het seker omgang gehad met sy MINNARES