LP sterf in motorongeluk

Argieffoto

Fezeka Loliwe, ANC-LP, is Maandag in ʼn motorongeluk buite Fort Beaufort in die Oos-Kaap dood.

Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het in ʼn verklaring die party se skok uitgespreek en namens die party innige meegevoel aan haar familie, vriende en kollegas betuig.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk het op die R63 naby Alice plaasgevind.

“Die omstandighede rakende die ongeluk, waarin net een motor betrokke was, is nog onduidelik en word ondersoek. Ons kan bevestig die bestuurder was alleen in die voertuig,” het Govender gesê.

Volgens Mthembu het die ongeluk gebeur nadat Loliwe haar parlementêre kiesafdeling se kantoor in Fort Beaufort verlaat het.

“Loliwe was ʼn toegewyde openbare verteenwoordiger en het in 2014 by die Parlement aangesluit. Sy het onderskeidelik as voorsitter in die portefeuljekomitee oor arbeid en voorheen as die ANC se hoofsweep in dié portefeuljekomitee gedien,” het Mthembu gesê.

Sy was ook lid van die span wat die parlementêre ondersoek oor die SAUK gedoen het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tom ·

Een motor, een insittende, een dood. Strafbare manslag? Good luck met die ondersoek.

Soufie ·

Ja dit is nie so snaaks nie. Sy kon van die pad af gedruk wees. Is dit nou so moeilik om dit uit te puzzle?

B-man ·

Dis heel moontlik. Die ander persoon, wat die ongeluk kon veroorsaak, het seker weg gery/gehol. Het self daardie pad al gery en die plaaslikes gee geen gehoor aan padreëls nie. As jy oor ‘n blinde hoogte kom en daar is ‘n voertuig wat ‘n ander verbysteek op die kruin is al genade om uit te swaai.

Lawe ·

Die staat maak automaties n klag oop om ondersoek te kan instel. Net soos as jy iemand doodskiet in jou huis, word n dokket vir moord eerstens oopgemaak vir ondersoek.

Ken die pad ·

Ek ry gereeld daardie pad…dis besaai met bokke, beeste en donkies wat vryelik rondloop. Dalk het sy uitgeswaai vir een van daai. Dit is n gevaarlike pad so ek sal nie noodwendig vuilspel vermoed nie.

not in wonderland ·

RIV mev. Loliwe. Sterkte vir die familie en vriende sowel as kollegas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.