LP’s aanvaar kandidatelys vir SAUK-raad

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag die kandidatelys van agt nuwe raadslede vir die SAUK aanvaar wat aan die president voorgelê sal word.

Die name van Mary Papayya, Jasmina Patel, Marcus Socikwa, Saths Cooper, Marcia Socikwa, Mamadzile Mohlala-Mulaudzi, Bernedette Muthien en David Maimela is almal op die lys ingesluit. Dié lys sal nou aan pres. Cyril Ramaphosa voorgelê word vir oorweging en aanstelling.

Dié lys het egter wel teenkanting van opposisiepartye ontvang. Die DA het gesê sommige kandidate soos Papayya van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en Patel van die Instituut van Interne Ouditeurs is heeltemal geskik vir die pos, maar die ander is egter nié.

Die opposisie beskuldig die ANC daarvan dat hy sloer met die proses om die vakatures in die SAUK-raad te vul en dat die regerende party sukkel om stabiliteit binne die staatsuitsaaier te bewerkstelling ná ʼn tydperk van wanbestuur en politieke inmenging.

Madoda Mxakwe, uitvoerende groepshoof van die SAUK, het vroeër gesê die uitsaaier stuur op bankrotskap af met ʼn netto verlies van R568 miljoen vir die finansiële jaar.

Die openbare uitsaaier het dus noodgedwonge die Nasionale Tesourie gevra vir ekstra geld om krediteure te help betaal en het belowe om die ​​betaling van personeel voorrang te laat geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pinkie ·

Ag tog, nog steeds die SAUK saga? Maak die ding toe, almal kyk DSTV. Selfs die armstes van armstes het skottels teen hulle krotte.

Gert ·

As ek so kyk na die name, dink ek nie hierdie raad gaan iets verbeter nie.

Vlooi ·

Geen Afrikaner op die kandidatelys nie. Wat was nou weer die slagspreuk wat die Amerikaanse Vryheidsoorlog vooruitgeloop het? No taxation without representation! Dieselfde beginsel behoort myns insiens ten opsigte van TV lisensies (eintlik maar net nog ‘n belasting) te geld. As Afrikaners nie op die raad verteenwoordig word nie, behoort lisensiegeld ook nie van Afrikaners gehef te word nie. Dis natuurlik nou benewens die spul ander redes waarom die heffing van TV lisensiegeld ‘n totale klug is.

Al ·

Verduidelik asseblief:
1) 1994 kom ANC aan bewind
2) Raak van baie wittes ontslae by SAUK en neem al die nuusdepartemente oor
3) Verkoop al die winsgewende stasies bv Jakaranda, Hoeveld ens. teen miljoene.
4) Skaars 20 jaar later en staar bankkrotskap in die gesig.
Hoeveel kan mens opneuk voordat jy besef hoe nodig ons mekaar in die land het???

George in Bloem ·

Hmmmmm……nog ‘n onbevoegde kader wat nader staan vir sy beurt op die “gravy train.” Viva comrade!! Nog ‘n VIVA?!

Anita ·

Cyril Ramaphosa moet seker maak wat hy goedkeur, daar is geen bruin/of wit persoon op die raad nie, dus die SAUK verwag liksensie fooie vir hulle swak programme in Afrikaans, nie almal selfs die armste van die armste kan DSTV bekostig nie, e n DSTV herhaal al hulle programme jaar na jaar. Die SAUK moet vir al die landburgers daar wees maar bevorder steeds net een politieke groep. Hulle sal bankrot bly.

Hennie ·

Laat hulle bankro gaan en bly want geen program is die moeite werd nie en all advertensies is net swart ek boikot hulle sal nie my lesensie hiernu nie vergeet dit hulle kan dit maar weet ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.