LP’s begin werk aan konsepverslag oor onteiening

LP’s bespreek weer volgende week die konsepverslag oor grondonteiening. Foto: www.parliament.gov.za

Parlementslede het die konsepverslag begin bespreek wat handel oor of die eiendomsartikel in die Grondwet verander moet word om die staat toe te laat om grond sonder vergoeding te onteien.

Volgens die konsepverslag, wat aan die grondwetlike hersieningskomitee voorgelê is, het landwye openbare verhore “oorweldigende steun” vir die wysiging van artikel 25 van die Grondwet getoon.

“Die openbare verhore het getuig van oorweldigende steun vir die wysiging van die Grondwet en die onteiening van grond sonder vergoeding,” lui die konsepverslag.

Geskrewe voorleggings en sprekers wat na die parlement gekom het om hul mening te lug, was egter meestal teen die wysiging gekant.

Volgens die verslag was “net 449 522 van die voorleggings geldig” nadat die geheelgetal se inhoud ontleed is. Nadat “onverwante en dubbele voorleggings” van die ontleding uitgesluit is, het dit die getal van 630 609 afgebring na 449 522.

Volgens die konsepverslag was sowat 65% van die mense en instellings wat aan die komitee geskryf het, gekant teen die voorgestelde wysiging, nagenoeg 35% was ten gunste daarvan en 1% het nie ʼn bepaalde mening gehad nie.

LP’s kom weer volgende week byeen om verder aan die konsepverslag te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Koos ·

Gaan dit net oor landbougrond, of is huise in dorpe en stede ook ter sprake?
Ek besit 2 huise. Gaan net 1 onteien word omdat ek “geldgierig” is om 2 te besit, of gaan ek altwee verloor bloot omdat ek wit is?

marco polo ·

Nou hanteer hulle dit soos ‘n referendum, goeie genade!

Brutus ·

Valse verslag wat beweer die steun was oorweldigend, ons almal weet dit is net n skelm manier vir ANC om voort te gaan met onteining. Patetiese spul.

Manipuleer ·

Ek stem. Hulle manipuleer die syfers om in hul guns te tel.

Ouwaas Koos ·

Nou het jul die Ouwaas verloor… 65% is teen die voorgestelde verandering van Art. 25 van die Grondwet maar daar is “oorweldigende steun vir die wysiging van Art. 25 van die Grondwet”???

Arak ·

Ja Ouwaas, dit is nou wiskunde in die nuwe Suid-Afrika vir jou. 35% is oorweldigend…

Bocalier ·

35% plus 65% plus 1% (dus 101% uit is die nuwe wiskunde)

Andre ·

n Konsepverslag om diefstal te wettig ? Politiek = Misdaad ?

adriana ·

Lekker om ander se goed uit te deel – en te gryp!! Myne myne myne!!!!

zoom zoom ·

Is CR se plase ook op die lys vir weggee. Wat van al die andet ministers wat grond en huise besit gaan hulle ook onder dieselfde kam geskeet word. Dit is mie net een groep wat plekke kan brand en afbreek nie ander kleur mense kan dit ook doen en die SA sit op ‘n tydbom.

Witte ·

Alles op die blanke gerig. Ek wonder hoe voel dit om aan NIKS anders te dink behalwe om die BLANKES by te kom met wetgewing nie??? Wanneer gaan hulle nou op die REGTE probleme en korrupsie en bedrog begin konsentreer of is die SOFT TARGETS te lekker om op te trap …????

Grassie ·

Al hul besprekings is net ‘n blufspel, die besluit is al ‘n jaar gelede finaal geneem. Die ANC doen dit om aan bewind te probeer bly. Afrika is ‘n bedel, plunder en pasella vasteland, die party wat die meeste onverdiende pasellas belowe gaan meer as 80% steun kry. Dit is ‘n land sonder toekomsvisie, net vandag tel, Dit is ‘n land sonder gewete of ‘n sin vir regverdigheid.

Theo ·

Ek dog dat die meerderheid teen artikel 25 se verandering is, hoe dan nou???

Bocalier ·

Die oorsee se regerings skenk mildelik aan ons regering om te verkwis. Miskien moet ons ‘n organisasie op die een bring, om die skenker fondse direk na die persone. wie se eiendom ontneem word, te kanaliseer.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie tog kan ons asb nou hierdie bladsy toemaak en fokus op belangrike kwessies.

GP ·

Dis bloot krimineel. ANC kan dalk stemme wen, maar die wereld doen nie besigheid met kriminele nie. Die gaan die regering nog hard bykom, ongelukkig lei mense van die land ook daaronder. Ek wens werklik ons blankes gaan op ‘n stadium begin vas staan. Niemand gaan my oortuig dat ons nie kan saam staan nie, dis net om tot daardie besluit oor te gaan.

Adri van Niekerk ·

Los Hulle(ANC/EFF) Hulle kultruur en totale gebrek aan oordeelsvermoee gaan hlle nog vernietig.

Sien ·

Die 65% en 35% soos ons lees is wat aan die komitee geskryf is. Die oorweldigende meerderheid is die wat geraas gemaak het by samesprekings. Die meeste van die tyd was dit nie die plek vir beskaafde mense gewees nie daarom die skrywes.

Om Koos se vraag te antwoord. Om wet te wysig gaan op die stadium hoofsaaklik oor landbougrond. Wanneer dit wel gebeur gaan dit n wanpersepsie by die populistiese samelewing veroorsaak en wat dan deur hul blinde leiers opgesweep word om anargie te veroorsaak en jou 2 eiendomme sal mettertyd ook in gedrang kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.