LP’s besoek dán Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

LP’s sal eers aanstaande maand polisieminister Nathi Nhleko se verslag oor Nkandla onder die loep begin neem.

Die ad hoc-komitee wat aangestel is om die verslag te bestudeer, sal op 21 Julie met hul werk begin en die volgende dag Nkandla besoek. Nhleko sal die komitee ook self toespreek oor die verslag waarin hy bevind het dat pres. Jacob Zuma nie enige geld hoef terug te betaal vir die opgraderings by Nkandla nie.

Nhleko se verslag weerspreek Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, se verslag wat bevind het dat Zuma onbehoorlik gebaat het by die opgraderings by Nkandla en ʼn gedeelte van die R246 miljoen wat bestee is, moet terugbetaal.

Corne Mulder, VF Plus-LP, het gesê die komitee wat verlede jaar Madonsela se verslag onder die loep moes neem, het ondanks ʼn beroep deur die opposisie geweier dat Madonsela self die komitee kom inlig oor haar verslag maar nou mag Nhleko self die komitee oor sy verslag kom inlig. “Miskien is hulle gelukkiger met hierdie verslag.”

James Selfe, DA-LP, het gesê sy party is baie bekommerd oor Nhleko se verslag aangesien dit poog om Madonsela se verslag te vervang en dit volgens wet nie toelaatbaar is nie. Madonsela het self ook dié punt gemaak en gesê volgens haar verslag moes Nhleko bepaal hoeveel Zuma moet terugbetaal en nie of hy wel enigiets moet terugbetaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bobbie ·

Waarom nog geld mors om die paleisie te besoek en ‘n ad hoc kommitee aan te stel? daar sal dadels van kom en nommer een sal net meer giggel

Hansie ·

Bobbie, ek weet nie of ‘n hiëna “giggel” nie…. Hoeveel geld is al op die storie gemors?

Se Maar Net ·

Hul is alweer besig met werkstigting. Spanbou. Kom ons mors nog geld. Hoeveel nog??

Almal weet daar gaan nie een sent terug betaal word nie. Zuma lag almal uit, en doen dit
sonder om te skroom. So waarom nog torring????

JWK ·

Al spandeer hulle dubbel die geld; dit bly steeds ‘n “hut” in ‘n stat (“hut” & “stat” soos ek 40 jaar terug op skool geleer is)

Theresa ·

Ek stem Bobby. Wie bluf nou eintlik vir wie hier………..???!!!

Winston ·

Ons kyk maar net weerloos en sonder hefboom hoe hierdie mense weereens net tyd steel en geld vermors. Hulle werk mos nie daarvoor nie, maar beklee net n pos. En die wêreld vee hulle af, aan ons kwellings af behalwe om te sê waarheen ons op pad is. Skandelik vir n eens florerende land soos SA. Nou n misdaad mecca

nog n belasting betaler ·

Ek dink dat die inspeksie by Nkandla wel nodig is maar die ad hoc kommitee moet toegelaat word om fotos te neem sodat die volk kan sien waar ons geld heen is. Die waarheid beskaam tog nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.