LP’s bespreek Vuwani-situasie

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Beskadigde skoolgeboue in Vuwani, Limpopo (Mei 2016) (Foto: ANA)

Lede van die parlement het Dinsdag ʼn debat gehou oor die onlangse onrus in Vuwani in Limpopo waar 20 skole afgebrand of erg beskadig is.

Kevin Mileham, DA-LP, het gesê die ANC moet die optrede van ʼn raadslid, wat glo oor die naweek betrokke was by die brandstigting, openlik veroordeel en tugstappe doen.

Floyd Shivambo van die EFF het gesê gemeenskappe moet nie by interne ANC bakleiery betrokke raak nie, en versoek persone in die gebied om hul woede op die ANC te rig. “Die regte platform om dit te doen is op 3 Augustus, tydens die plaaslike verkiesings.”

Mkhuleko Hlengwa, IVP-LP, het gesê onderwys “bly ʼn eiland van hoop” in Suid-Afrika en het ook David Mahlobo, minister van staatsekuriteit, veroordeel en gesê hy versuim sy pligte. “Jou intelligensiedienste is baie swak. Dit kan nie wees dat 27 skole afgebrand is nie. Dit dui op tekortkominge in die stelsel. Alles moet gedoen word om die intelligensiedienste op te skerp. Dit is totaal onaanvaarbaar.”

ANC-LP Nomalungelo Gina het die regerende party versoek om te werk om die opleidingstelsel in Limpopo te beskerm teen verdere ontwrigting. “Die situasie in Vuwani het die stabiliteit in ons skole lamgelê en dit is ʼn ramp,” het sy gesê. “Ongeveer 60 000 leerders, waarvan 2 006 in graad 12 is, se regte is geskend en dit is moeilik om dit te bespreek. Ons moet seker maak dat dit wat in Vuwani gebeur het, nie op enige ander plek in die land gebeur nie.”

Mahlobo het gesê die verskynsel van skole, biblioteke en universiteite wat afgebrand word in ʼn poging om te betoog, kan nie geduld word nie.

Die geweld het uitgebreek nadat die hooggeregshof in Limpopo aan die einde van April ten gunste van die Munisipale Afbakeningsraad beslis het teen Vuwani-inwoners. Die inwoners wou hê dat hul gebied onder die Makhado-munisipaliteit (Louis Trichardt) moet val, en nie onder die nuwe Malamulele-munisipaliteit nie.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo, het Dinsdag bevestig verdagtes wat in Vuwani en omliggende gebiede in hegtenis geneem is in verband met openbare geweld, het in die Thohoyandou-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 24 Mei 2016 vir formele aansoek om borgtog.

Lees alle vorige berigte oor Vuwani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Buitestander ·

Om openbare fasiliteite te beskadig en af te brand kan geen sins gereg verdig word nie. Om belasling so te vermors grens aan hoogsverraad en moet daarvolging gestraf word.
Hoogsverraad is daar net een straf voor en dit is met die dood.
Die misdadigers is nie reabeliteerbaar nie.

Willie ·

Dis n definitiewe daai, dis hoogsverraad. Mense sal dit beslis nie in ander lande doen nie, dit word nie geduld nie. In die land is dit seke mense se reg om so demonstreer. Pak dit op die rug van apartheid, want dis mos onskuldige betogings. Daar is mos baie geld waar dit vandaan kom…

Riette ·

Een of ander tyd gaan dit ook apartheid se probleem word. Die geweld in die parlement is mos apartheid se skuld,

REGVERDIG ·

Ek het die ideale oplossing maar mag dit nie hier noem nie……. sal toegesluit word
Arme ou bloedjies…………

Maria van Dieweeck ·

Ja foeitog, en toe toe die departement alternatiewe reelings tref met klaskamers op wiele toe het die kindertjies nie opgedaag nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.