LP’s hoor by kenners oor grondonteiening

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Verskeie kenners het Vrydag aan die parlementêre hersieningskomitee gesê die regering moet nie “onbeperkte mag” kry om grond sonder vergoeding te onteien nie.

Die komitee ondersoek die moontlikheid om artikel 25 van die Grondwet, wat oor eiendomsregte handel, te wysig en stel ondersoek in ná ʼn resolusie in die parlement om grond sonder vergoeding te onteien as gevolg van die slakkepas van grondhervorming in Suid-Afrika.

Prof. Ruth Hall van die Instituut vir Armoede, Grond en Landboustudies (Plaas) het aan LP’s gesê die huidige stelsel van grondhervorming is nie deursigtig nie. “Die stelsel kan deur korrupsie en begunstiging misbruik word.”

Sy stel ʼn nuwe onteieningswetsontwerp voor om die wet in ooreenstemming met die Grondwet te bring met ʼn gelykstaande hervormingswetsontwerp om die regte van alle burgers te verseker.

Hall het gesê, ondanks wetgewing wat dit verhoed, is byna ʼn miljoen swart Suid-Afrikaners sedert 1994 met dwang van grond verwyder. “Die koers van gedwonge grondonteiening van arm, swart mense het die eerste 10 jaar van demokrasie eintlik versnel. Grondhervorming is verder verhinder deur swak instansies wat ingestel is om die wetgewing toe te pas.”

Dr. Annika Claassens van die Navorsingsentrum vir Grond en Verantwoordbaarheid (Larc) het saamgestem en gesê twee vrae bly sentraal tot die gronddebat: “Kan ons die regering met meer mag vertrou en is ons instansies bekwaam?”

Sy het gesê nuwe wetgewing moet seker maak dat landsburgers die regering aanspreeklik kan hou. Ondanks besware hoe dit ingestel gaan word, meen sy grondonteiening sonder vergoeding is nodig vir die gelyke verdeling van grond. “Ek dink onteiening sonder vergoeding is nie net moontlik nie, dit is nodig wanneer ons sê dat mense kompenserende regte het.”

Dan Kriek van AgriSA, een van die grootste kritici van die voorgestelde grondonteiening sonder vergoeding, het gesê die besluit sal ʼn impak hê op voedselsekerheid en finansiering vir kommersiële boere. Hy stel vennootskappe tussen swart en wit boere voor as ʼn beter oplossing.

“Ons glo nie die Grondwet hoef te verander nie. Ons moet die werklike struikelblokke tot grondhervorming aanspreek. As vennoot is ons gewillig en bekwaam … daar is ʼn gebrek aan vertroue waaraan ons moet werk.”

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het nog nie ʼn formele posisie ingeneem nie. Die organisasie het Pierre Venter gestuur om met LP’s te gesels, en hy is van mening dat ʼn Grondwetlike wysiging nie nodig is nie. Hy het gesê daar is reeds genoeg ruimte in die wet vir grondhervorming en hervorming in Suid-Afrika, maar dit word belemmer deur “politiek, begunstiging, korrupsie en ʼn regering wat lamgelê is”.

Venter het gesê Basa is nie gekant teen grondhervorming nie, maar wil seker maak dit word op ʼn manier gedoen wat nie ʼn impak sal hê op banke of beleggersvertroue nie. “Ons wil sien dat dit op ʼn ordelike manier geskied. Andersins sal dit waarborge vir eiendomslenings ondermyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

15 Kommentare

Eish ·

Baie dankbaar dat Agri SA wat 80% van die boere verteenwoordig, ook betrokke was. Afriforum kan dus al hul energie op die gewone burgery fokus synde die Boerespreekbuis se kanaal oop is.
Ek is seker dat dit baie logistiek sal kan bevry vir aanwending waar ons stemloos is.

Grondhonger ·

Dit is seker elkeen se reg om te droom en om die droom bewaarheid te sien MAAR daarna kom die benutting (plase/plotte) en dorpsgebiede (instandhouding) ter sprake. Dit sluit in kundigheid, implemente, die wil om te boer ens. Daar is nou alreeds die voortsetting van die kultuur van wan- of geen betaling vir dienste en belasting wat verband hou met eiendom. Die onderverhuring van eiendom vind nou alreeds plaas waar die eienaar (of selfs huurder) nie die mas kan opkom. Graag sal ek wil sien waar gaan die streep getrek word tussen die wat by magte is en die wat net doodeenvoudg nie kan. Die ‘gee van eiendom’ gaan lei tot die eise van ‘as jy dit kan hê hoekom ook nie ek?’ Hierdie stelling van my geld vir ALLE rasse.

Joshua ·

Hoekom is die ANC regime so stil oor die miljoene hektaar grond in hul besit? En hoekom is hierdie einste regime so swygend oor die 4000 plase-ja regte egte PLASE- in hul besit? Want hierdie regime is onbevoeg, onwillig en korrup om die grondkwessie vreedsaa op te los.

Voetnota ·

Die regering moet in gedagte hou dat ons boere ook menseregte het en dat ons nie sal toelaat dat ons regte vertrap word nie. Hou ook in gedagte dat swartmense ook nie eeue terug hier gewoon het nie maar van die noorde af inbeweeg het so daardie argument van oorspronklike eienaars van die EFF dra nie water nie, en ons plase is gekoop, so hou dit in gedagte voor enige besluit oor hervorming geneem word.

Leeutjie ·

Plaas hulle liewer werk maak aan werkloosheid..Dit help niks as jy n stuk grond kry en plak net op dit nie. Watse vooruitgang is dit? Ja jy het die grond en dan…wat maak jy met dit? Ploeg en plant? Met wat? Gaan die regering dit ook vir jou gee? Nee wat…hierdie gaan n ontnugtering en doodloopstraat vir baie wees. Dit gaan net tot verdere verval lei tot ons land in n totale rommelhoop ontaard…

Judge Dredd ·

Dr Annika Claasen is absoluut verkeerd wanneer sy se grondonteiening sonder vergoeding is noodsaaklik vir die GELYKE verdeeling van grond:

1. Grond word vir virskillende doeleindes gebruik om vir elkeen ‘n hektaar grond te gee gaan nie werk nie – ‘n boer/fabrieke/nywerhede het baie meer grond nodig.
2. Is ‘n hektaar semi-woestyn grond net so waardevol soos ‘n hektaar grond met water of naby stedelike area? – Nee dit is nie.
3. Wat van bestaande verbeterings op daardie hektaar grond? Wie bepaal waarde van verbetering en wat GELYK is?
4. Wat van natuurlike aanwas van populasie? Gaan ons elke 10 jaar weer grond moet herverdeel sodat ons almal GELYKE grond kan he?
5. Wat van die persoon wat sy hektaar grond verbeter na afloop van tyd? Gaan hy sy stukkie grond weer moet verdeel sodat hy gelyk kan wees aan die wat nie hulle grond verbeter het nie?

Wie sal nog enigsins grond wil verbeter of probeer om iets daarop aan te rig as dit maar net weer herverdeel word?

Met bo-staande rede het ek klaar bewys dis onmoontlik om GELYKE grondverdeeling toe te pas.

Lerato ·

Judge
Jy vra toepaslike vrae wat die mense nie wil hoor nie.

Piet ·

Boerdery is nie op die ANC se agenda nie, hulle het jare gelede gesien, onder “leiding” van ANC leiers soos Derik Hanekom, met wie Agri SA deesdae hand om die blaas is, maar wat die Kill the boer liedjie verdedig, en Dirk du Toit wat nog voor Malema begin het om te se dat hulle plase moet vat. Almal weet van Estina maar daar is baie ander voorbeelde. Den Staat in Mapunguwe park is meer as 10 jaar gelede gekoop vir n alllemintige R56’000’000.00 net om vandag n paar hoenders en n groentetuin te huisves. Die dam in die limpopo wat elektrisiteit kon opwek en n stroom water automaties deur die hele plaas kon pomp werk nie meer nie en die kannale en damme is droog, toegesluk en aan flarde. Grond herverdeling en boerdery moet nie eers in dieselfde parragraaf genoem word nie! Die staat het baie hektare ongebruikde grond maar hul objektief met grondhervorming is ongelukkig baie meer onheilspellend as wat openlik erken word. Hulle stel nie belang om grond wat in onbruik le te benut nie. Ek kan wel voorstelle maak maar ek glo nie dit sal geplaas word nie. Ek moet eerlik noem, dat ek skepties staan teenoor Agri SA. Ek steun wel hul pogings in die buiteland om steun vir die boere te werf. Hou dus so aan!

Ek gaan nie afgee ·

Ek gaan nie my grond, my enigste inkomste net afgee nie, hou verby ANC, gaan loot op n ander plek.

Maggie botes ·

Gaan jy 30 dae kry om te ontruim. Mag jy jou meubels vat en waar moet jy dan heen gaan gaan hulle n soort ghetto he waarheen ons sal moet gaan soos die jode destyds in duitsland. Mag ons nog werk of gaan ons vir die staat moet werk sonder betaling

Ek gaan nerens ·

Ek gaan nerens. Ek sal nie dit wat ek my lewe deur AFBETAAL het weggee aan korrupte politici nie.

TDW ·

Hoekom word die erwe waarop die mense geplak het nie aan hulle verkoop of gegee nie? Hoekom kry hierdie mense nie titel aktes vir die grond waarop hulle jare terug al hul plakkershuise gebou het nie? Hoekom besit die staat steeds die grond? Die mense sal hul huise met bakstene bou as hulle weet hulle besit dit. Namibië is ‘n goeie voorbeeld. Die mense is aangebied om hul erf te koop teen ‘n baie lae prys, die mense het baksteenhuise daarop gebou. Meeste mense wil naby dorpe en stede bly nie die sukkel bestaan van boerdery trotseer nie. Gee titel aktes aan die mense in plakkerskampe! Hoekom wil die staat dit nie doen nie? Swartmense moet die regte vrae vra!

Marie Visser ·

Annika Claassens beloof dus om haar eiendom/me verniet weg te gee. Hoop die gebaar kom dié maand al op Sondag Rapport se voorblad.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.