LP’s in ongeluk: Oorledene se naam bekend

Foto: Twitter via @ianollis.

Die naam van die parlementslid wat Woensdagoggend in ʼn motorongeluk buite die Paarl dood is, is bekendgemaak.

Die ANC het die LP as Timothy Khoza geïdentifiseer. Die drie LP’s wat in die botsing beseer is, is ANC-LP Nomalungeko Gina, DA-LP Ian Ollis en UDM-LP Cynthia Majeke.

“Ons innige meegevoel aan sy familie,” het die ANC in ʼn verklaring gesê oor Khoza se dood. “Hy het gesterf terwyl hy aan diens was. Ons hoop sy familie vind vertroosting in die feit dat hy sy lewe gelei het om dié van ander te verbeter,”

Maroela Media het vroeër berig die LP’s was op pad na die Paarl vir oorsigtelike besoeke aan verskillende skole toe die motor waarin hulle gereis het, teen ʼn minibustaxi gebots en gerol het.

Ollis het intussen op Twitter laat hoor dat hy mediese behandeling ontvang. “My medelye aan Khoza se familie, hy is langs my dood.”

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het ook haar medelye met Khoza se familie betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

7 Kommentare

Andre ·

Die R301 is ‘n verskriklike pad. Kan nie die verkeersvolume dra nie en dus n resep vir n ongeluk. Arrogansie (en swak oordeel) van baie motoriste tussen die Paarl en Franschhoek ken ook geen perke nie.

Basjan ·

Volgens ‘n SABC 2 nuusberig het die motor, waarin die LP’s was, ‘n u-draai op die pad gemaak omdat hulle verdwaal het. ‘n Mens kan maar net wonder wat die presiese oorsaak van die ongeluk was.

Ellisras ·

Is daar nie dalk per ongeluk die verkeerde Khoza dood nie. Het iemand nie bedoel dat Dr Mev Khoza moet gaan nie.
Niks is onmoontlik nie.

Anoniem ·

Hulle sê mos op die nuus dat daar na veiliger vervoer vir LP’s gekyk moet word. Dalk moet hulle eerder by bevoegde drywers begin.

cor ·

Die veiliger vervoer gaan seker n ratel met blou ligte , ‘n hoe spoed engin met stootskraper lem vooraan wees sodat die lp’s vinniger en veiliger kan beweeg en ongewenste voertuie uit die pad stoot

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.