LP’s ontsteld oor Ramaphosa se bewerings

Pres. Cyril Ramaphosa (17 Junie 2020) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Parlementslede oor partygrense heen het Donderdag hul ontsteltenis uitgespreek met pres. Cyril Ramaphosa se insinuasies dat dit die parlement se skuld is dat daar nie strenger wetgewing in plek is teen geslagsgeweld nie.

In sy uitgesaaide toespraak aan die land Woensdagaand het Ramaphosa gesê die parlement moet nie talm met wetgewing wat hy al teen die einde van verlede jaar aangevra het teen diegene wat geweld pleeg teen vroue en kinders nie.

Tydens Donderdag se vergadering van die parlementêre programkomitee het die DA-hoofsweep, Natasha Mazzone, die aanslag gelei deur uit te wys dat die probleem nie by die parlement lê nie, maar by Ramaphosa se eie kabinet. Sy het uitgewys dat die kabinet nog nie ‘n enkele stuk wetgewing by die parlement ingedien het wat die parlement kan oorweeg nie, en dat die president die fout daarvoor kan gaan soek by die minister van justisie, Ronald Lamola, of by die minister van vroue, kinders en gestremdes, Maite Nkoana- Mashabane.

Alle partye het hiermee saamgestem en die speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, gaan ‘n brief in daardie verband aan die president rig.

“Ek dink ons moet ons kloue wys,” het sy gesê.

Die programkomitee het besluit dat die minister van finansies, Tito Mboweni, Woensdag die nuwe begroting sal indien.

Voorts het die speaker die versekering gegee dat die ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, binnekort hersaamgestel sal word.

Die hoofswepe van politieke partye sal volgende week voorligting ontvang oor die impak van die konstitusionele hof se uitspraak dat die Kieswet ongrondwetlik is, vir die parlement.

Die speaker het erken dat die EFF se versoek vir ‘n parlementêre debat oor Black Lives Matter haar hoofbrekens besorg omdat sy vrees dit gaan emosioneel buite beheer raak. Sy sal volgende week finaal besluit of sy die versoek sal toestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

capie ·

ramaposa gee die parlement die skuld dat daar nie strenger wetgewing is nie. Dit sê hy oor tv sodat ondersteuners kan dink die opposisie is die probleem, maar intussen bedrieg hy die mense deur nie te erken dat sy eie anc die probleem is nie. Uitgeslape

Sarel ·

Hy as Staatshoof en sy betrokke Minister is verantwoordelik. Maar soos gewoonlik erken hulle nooit skuld nie. Hulle speel teveel Politiek met mense se lewens. Waar is die sg ANC Vroueliga.

Genis ·

Kyk ek was briesend oor sy rasistiese uitlatings oor wit mense… Ek sal graag saam met buffelkop wil gaan draf, en hom vertel hoeveel boontjies maak vyf…

Yvonne ·

Niks maar niks wat hulle kamtig besluit sal slaag nie want hulle motiewe is duister….Here behoed ons

Scalla ·

Die probleem le by Cr se trawante, nou is besluit dat Modise(wat nie eers basiese versorging van haar eie diere verstaan nie en nog skotvry en onaantasbaar is) n brief rig aan die president, almal speel vir tyd.

Jack ·

Ai die bal rondgooiery is maar tipies van die mense. Altyd iemand anders se skuld. Swak leierskap om so iets kwyd te raak. Hy moet iemand anders kry om sy opstelle te skryf.

Magda ·

Niemand anders se skuld as die ANC Regering nie – wat is so moeilik om dit te verstaan. Klomp onbevoegde (ALL NATIONAL CRIMINAL) wat daar sit, en nou moet onskuldige mense sterf en hulle moorde le op die voorstoep van die ANC , so ook ALLE PLAAS MOORDE. JULLE SKULD ANC, NET JULLE SKULD en ek hoop julle saak is reg met GOD wanneer julle voor sy stoel kom, en almal kom daar.

Pierreli ·

Die grootste rasis in die land is die een wat die hoogste posisie tans beklee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.