LP’s sal vuurwapenamnestietydperk oorweeg

Argieffoto

LP’s sal volgende maand amptelik Bheki Cele, minister van polisie, se aansoek vir ʼn ses maande lange vuurwapenamnestietydperk oorweeg.

Francois Beukman, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie, het gesê Cele het ʼn skrywe aan die komitee gerig en voorgestel dat daar van 1 September tot 28 Februarie ʼn amnestietydperk is.

Vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, sal dan hul vuurwapens by die polisie kan gaan inhandig sonder vrees vir vervolging.

“Die voorgestelde amnestie kan moontlik help met die vermindering van vuurwapens wat in die land in omloop is. Die grootste uitdaging is egter om die kwessie van onwettige vuurwapens wat in omloop is te hanteer en te voorkom dat wettige vuurwapens gesteel word en verlore gaan in die poel van onwettige vuurwapens,” het Beukman gesê.

Cele se versoek sal nadat dit deur die komitee oorweeg is na die Nasionale Vergadering verwys word vir goedkeuring.

Dit kom nadat die konstitusionele hof in Junie uitspraak gelewer het in die hofgeding rakende vuurwapenlisensies. Die konstitusionele hof se uitspraak het tot gevolg dat vuurwapeneienaars wat nie betyds aansoek gedoen het om hul wapenlisensies te hernu nie, hul vuurwapens by die polisie moet gaan inhandig.

Cele het reeds in Mei in sy begrotingsrede in die parlement aangekondig dat vuurwapeneienaars wat onwettige vuurwapens in hul besit het, weer kans sal kry om die wapens vrywillig in te dien sonder om vervolg te word.

Hy het gesê die kabinet het die vuurwapenamnestietydperk vir 2018 goedgekeur, en die doelwitte hiervan is om die aantal onwettige vuurwapens wat steeds in die land in omloop is te verminder; vuurwapeneienaars die geleentheid te gee om wettige vuurwapens wat hulle nie meer wil hê nie in te handig; misdaad en geweld te voorkom en te verseker dat Suid-Afrikaners veilig voel en nie langer in vrees vir misdaad leef nie.

Cele het gesê daar sal binnekort ʼn aankondiging gedoen word oor hoe die proses sal ontvou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Carmen Orsmond ·

Gosa kom Vrydag 27 Julie weer voor en ons sal meer antwoorde he na Vrydag.

Gert ·

Gosa se aansoek is by ooreenkoms uitgestel van Dinsdag die 17de na Dinsdag die 24ste omdat die SAPS vasgebrand het en nie hulle hofstukke betyds kon indien nie. Die dringende hof werk so dat alle dringende aansoeke vir ‘n Dinsdag geplaas word. Dit kan dan enige dag van Dinsdag tot Vrydag aangehoor word. Hierdie week se rol is reeds so uitgewerk dat Gosa se aansoek nou Vrydagoggend voor regter Prinsloo kom.

wonder ook ·

Dis n goeie vraag Fiela, Want dit sou die 17 Julie plaas gevind het.

Kellies ·

Hulle behoort jou ook die opsie te gee om jou lisensie te hernu in hierdie tydperk en nie net jou te dwing om in te handig nie. Dit sal mos n logiese oplossing wees tensy hulle net jou wapen wil af vat!!! En dit lyk hulle doelwit te wees!!

Cherokee ·

Waarom Kellies, sal mense wat vir jare geweet het hul vuurwapenlisensies moet hernu word en dit nie gedoen het nie, dit nou skielik binne ses maande doen? Ek is jammer vir die mense wat hul vuurwapens verloor maar dit verander niks aan my vraag nie.

pawnee ·

cherokee het jy nog nooit laat jou rybewys hernieu nie? natuurlik nie want jou hernuwings kennisgewing word omtrent 90 dae voor die tyd ontvang vyf jaar is n lang tyd. mense onthou mer die kennisgewing nie eers altyd om voerruig of tv lisensie betyds te hernieu nie en dit moet jaarliks gedoen word. hierdie is net n gulde geleentheid om die blanke te ontwapen vir hulle rewolusie.

Cherokee ·

pawnee, met die vorige hernuwing was een van my vuurwapenlisensies meer as ‘n jaar verval. Ek het in ‘n opvolg-kommentaar daarvan vertel maar dit is nie geplaas nie. Die lisensie is probleemvry hernu. Ek het verduidelik dat die probleem dikwels lê by die vuurwapen-offisier en dat appèl juis om daardie rede meesal slaag, maar soos reeds gesê, om een of ander rede het ‘n maroela-sensor dit nie geplaas nie.
Terloops, my vraag verwys nie na mense wat vergeet nie maar wat dit bloot ignoreer.

Hendrik UAE ·

En al die kriminele gaan hulle wapens inhandig.Mense klou aan jou wapen of skenk aan iemand wat jy weet bevoeg is.

Hendrik ·

Hoekom nie die amnestie toestaan om heraansoek te vir lisensies wat verval het nie?

Thys ·

Ontwapening Hulle maak net seker die laaste wapens word ook in gegee

Thea ·

My wapen lisensie het verval in Mei 2016. Ek het April 2016 aansoek gedoen. Die SAP persoon het aangedui die bevoegdheid sertifkaat (competence) was nie nodig. Na jaar moes ek verneem dit moes ingehandig word en moes dit toe teen koste gaan oordoen het omdat dit verval het. (was nog geldig April 2016) Ek het dit weer ingestuur om net die jaar te hoor, ek moet weer vorms stuur. Wat nou. My wapen was wettig, ek het aansoek gedoen (nie 90dae nie), wel voor verval datum). Wat nou? Het iemand raad?

kas ·

Jou kwitansie sal toon dat jy voor die vervaltydperk aansoek gedoen het en daarom dink ek nie dit sal ‘n probleem wees nie.Ek het ook ‘n maand voor die vervaltydperk aansoek gedoen en my bevoegdheidssertifikaat en lisensie is goedgekeur.

HPV ·

So, die regime is vasbeslote om ‘n minderheidsgroep te ontwapen deur hul wettige vuurwapens in te neem. Ontwapen in die misdaad helhool waar alreeds meer as 400000, en ons tel voort, mense vermoor is deur mense met onwettige wapens.

leon ·

Die saak van GOSA sou die 17e voorkom, maar is op versoek van die SAPS na vandag uitgestel. Die saak het vandag voor gekom, en die uitslag of vordering sal hopelik vanaand bekend gemaak word. Dit gaan nie net oor die amnestie nie, maar ook om die “wit” lisensie finaal te skraap. Op GOSA se facebook kan die hele storie gevolg word.

Gert ·

Die saak het van vandag af afgestaan na Vrydag toe. Regter Prinsloo hoir dit Vrydagoggend 10-uur. Dit is maar hoe die dringende hof werk. Kyk ook my pos hierbo.

Yster ·

Die SAPS moes my n sms gestuur het om te sê my pistool se lisensie verval. Niks gekry nie. Nou is hy onwettig. My geweer se sms het wel laas maand gekom. So dis doelbewus nie gesms nie. My wapen ingee sodat ek nie my self kan verdedig nie. Dit sal die dag wees. Sluit my maar toe. Ek sal makliker uit die tronk kom as uit die graf.

Cherokee ·

Yster, ek het nog nooit kennisgewing ontvang met betrekking tot ‘n vuurwapenlisensie wat verval. As jy so iets ontvang het is dit klaarblyklik nuwe werkswyse.

Dolla ·

Volgens my prokureur is my groen lisensiekaart n geldige lisensie, al het ek die wit een gekry maar nie hernieu nie. Ek sal ook nie my wapen inhandig nie.

LouE ·

Ons weet dis bilik om die mense kans te gee om hulle lisensies te hernu. Maar die politici WIL die wapens wegvat. Dit is hulle strategie. Jy mag nie jou wapen verkoop of weggee of by ‘n handelaar ingee nie. Jy MOET hom by SAPS ingee en dan word hy vernietig – ten minste sê hulle so. Dis nou maar jammer vir die mense wat in die strik getrap het – daar is geen uitkoms nie.

Netso ·

Onteiening sonder vergoeding het reeds begin! Waar is die manne wat sê dit sal nooit gebeur nou?

anton ·

Hierdie saak is te belaglik vir woorde!!!
Wanneer gaan ons mense besef dat dit hier oor gaan om ons te ontwapen???
Mense maak oop julle oë!!!
As jy vergeet om jou Bestuurs lisensie na 5 jaar te hernu, neem hulle nie jou lisensie weg nie!!! Die ergste wat kan gebeur is n boete.
Jou bestuurs lisensie verval nooit tensy n hof dit verbeur verklaar.
Hierdie hele wapen storie is van die begin af n groot gemors!!!

Lerato ·

Na hoeveel jaar verval jou lisensie? Kan iemand asseblief help?

IK ·

Laas was dit 5 jaar vir ‘n handwapen (pistool, rewolwer) en 10 jaar vir ‘n geweer. Waarom dit so is sal nugter alleen weet.

Cherokee ·

5 jaar vir ‘n selfverdedigingswapen en 10 jaar vir ‘n skyfskietwapen.

Cherokee ·

En dit wat ek hier noem; 5 jaar selfverdedigingswapen en 10 jaar as dit vir sportskiet geregistreer is, laat nou iets ander wat interessant is opduik.
Bevoegdheidsertifikaat is 5 jaar geldig. As jy (soos ek gedoen het) handwapens vir selfverdediging en vir sportskiet gelyktydig lisensieer, is jy in besit van ‘n 5 jaar bevoegdheidsertifikaat, 5 jaar pistool-lisensie en 10 jaar rewolwer-lisensie. Natuurlik word die bevoegdheidsertifikaat met herlisensieering van die pistoollisensie ook hernu. Maar wat van iemand wat slegs die skyfskiet-wapen het? Dit sou beteken dat so een vir die tweede 5 jaar van die rewolwer se lisensie, dit wettig sou besit sonder ‘n bevoegdheidsertifikaat. Die eienaar van ‘n vuurwapenwinkel het my verseker dat die bevoegdheidsertifikaat so lank geldig is as die 10 jaar lisensie en die vuurwapen-offisier het nie saamgestem nie. “It’s only seventy rand” he said so ek het dit ook maar weer hernu. Wou buitendien nie stry nie, want ek was besig om ‘n vervalle lisensie te hernu:-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.