LP’s soek antwoorde ná Nkandla-besoek

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Pres. Jacob Zuma se privaat woning in Nkandla, KwaZulu-Natal Foto: @power987news, Twitter

Die parlement se ad hoc-komitee wat Nathi Nhleko, minister van polisie, se verslag oor pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning oorweeg, het op nog ʼn vergadering met hom aangedring nadat sommige afwykings gevind is tydens hulle onlangse besoek aan die woning.

“Die komitee se sake in KwaZulu-Natal word afgehandel deur die minister van openbare werke, asook die minister van polisie te versoek om te reageer op uitstaande kwelvrae van komiteelede ten opsigte van die sekuriteit en ander opgraderings by pres. Zuma se Nkandla- private woning,” het die parlement Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Nhleko het Dinsdag die hele dag met die komitee vergader om sy verslag, waarin hy pres. Jacob Zuma vryspreek van enige aanspreeklikheid in die Nkandla-kwessie, te bespreek.

Nhleko het in Mei ʼn verslag vrygestel wat, teenstrydig met ʼn vorige verslag van die Openbare Beskermer, bevind het dat alle bykomstighede aan Nkandla as sekuriteit dien en die president dus vryspreek van enige terugbetaling van die R246 miljoen-projek. Dit sluit ʼn swembad in wat glo as ʼn noodsaaklike brandbad dien.

“Die polisieminister se aanbieding het die komitee bemagtig, maar lede voel dat hy terug moet kom om klaring te gee oor sommige kwessies wat tydens Woensdag se besoek opgeduik het,” het Cedric Frolick, die komitee se voorsitter, in die verklaring gesê.

Frolick het gesê dit is ook nodig vir Thulas Nxesi, minister van openbare werke, om voor die komitee geroep te word aangesien hy die politieke hoof van die departement is wat verantwoordelik was vir toesig oor die onderhandelinge tussen kontrakteurs en die staat vir sogenaamde prestige-projekte.

“Lede wil weet wie verantwoordelik is vir die growwe inflasie van pryse op die Nkandla-projek sodat dié wat aanspreeklik is die staat kan vergoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blom ·

Eerlik waar die geld op die projek kon beter tepas gekom het vir mense wat werkloos is en minder bevoorregtes wat honger gaan slaap maar nou gaan dit nie meer oor ons land en mens nie maar net vir sy eie sak wonder net waar is sy bees krale van al die beeste wat hy persent gekry het of het hy dit ook op geeet dat hy so lyk ek kry skaam om te se hy is ons president

CHRISTA ·

Hy moes seker al sy beeste gebruik om labola te betaal vir sy klomp vrouens!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.