LP’s verklaar: ʼn Pelsjas, sokkies en Johnnie Walker

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Argieffoto: Kopano Tlape, GCIS

Die register vir ledebelange is Dinsdag in die parlement bekendgestel en gee insig in die rykdom en sakebelange van parlementslede en voordele soos reise en geskenke.

Egte volstruisleer-notaboekomslae, gratis kaartjies na jazzkonserte en sokkerwedstryde, bottels whiskey en wyn, dasse, sokkies, selfone, woonstelle en huise, grond, aandele en direkteurskap van maatskappye is van die geskenke en sakebelange wat verskyn op 2016 se register vir sakebelange.

Die sluitingsdatum vir LP’s, om hul belange te verklaar, was einde Augustus maar is na 21 September verleng, nadat 55 LP’s nie betyds hul inligting ingehandig het nie. Daar was egter steeds 14 LP’s wat ook nie by die uitsteldatum gehou het nie.

Pres. Jacob Zuma se naam verskyn nie in die register nie. Adj.pres. Cyril Ramaphosa, Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking en Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, is van die LP’s wat die meeste geskenke ontvang het.

Volgens die register besit Ramaphosa aandele en finansiële belange ter waarde van meer as R130 miljoen, is hy direkteur van verskeie maatskappye, besit hy verskeie eiendomme in Johannesburg en Kaapstad en is hy ʼn trustee van minstens vier trusts.

Nkoana-Mashabane besit twee eiendomme en het verskeie geskenke, waaronder ʼn pelsjas ter waarde van R3 000, ontvang tydens ʼn hoflikheidsbesoek van ʼn ambassadeur.

Gigaba het wyn, sokkies, serpe, dasse en boeke persent gekry. Hy het ook ʼn bottel  12 jaar Johnnie Walker Black Label ter waarde van meer as R4 000 gekry by ʼn ambassade in Pretoria.

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het by drie geleenthede wedstrydkaartjies gekry van Orlando Pirates.

Mmusi Maimane, leier van die DA, besit twee eiendomme in Roodepoort en het verskeie geskenke gekry, waaronder skilderye ter waarde van onderskeidelik R10 000 en R6 000 en ʼn Fabiani-pak, hemp en das, ter waarde van R6 000.

Julius Malema, leier van die EFF, het aangedui hy het “niks om te verklaar nie”, behalwe sy belange in familie- en beleggingstrusts wat glo geen voordeel het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Ek vertrou die lp het die paar sokkies met die diamante in verklaar wat ek vir hom gegee het, Malema moet die klap in die gesig verklaar het wat hy gekry het.

Geskok ·

Dis baie lekker as dinge so in ons regering gaan? Alle direkteure van maatskappye moet al hulle direkteurskappe verklaar asook geskenke wat ontvang word – en daar word limiete op die waardes van geskenke geplaas. Verstaan hierdie mense nie of hou hulle hulleself net dom? Weet hulle wat is “Corporate Governance and Compliance”? En dan is die sperdatum al lankal verby? Dit lyk maar of almal kop in een mus is … hoe kan ‘n land vooruitgaan as die topbestuur die mense is wat nie by die wette hou nie? Of geld hierdie wet net op maatskappye? Se maar net.

Koos1 ·

Prez. Zuma hoef niks te verklaar nie. Alles wat hy besit behoort en is betaal deur die belastingbetaler!

Jem ·

Nog n bedrogspul wat hier aangaan. Was ook onder die in druk jy mag nie geseende aanvaar vir die uitvoer ingredients van jou pligte nie. Die pot word weer heeltemal mis gesit. Noem dit maar wat dit is omkoopgeskenke.

Jan maak n Plan ·

Heerlike self verykking. Hulle is ook net daar om te skep.

Sê maar net ·

Ek is ook ‘n Staatsamptenaar, ek durf nie ‘n blikkie koeldrank van ‘n dankbare kliënt aanvaar nie, terwyl van my kollegas en hoofde openlik geskenke aanvaar. Dubbele standaarde en omgekeerde rassisme geld beslis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.