LP’s versoek nóg snelwegpatrollies ná N2-moord

Die misdaadtoneel op die N2 waar die polisiebeampte vermoor is toe hy stilgehou het om sy motor se band te ruil. Foto: Twitter

Die misdaadtoneel op die N2 waar die polisiebeampte vermoor is toe hy stilgehou het om sy motor se band te ruil. Foto: Twitter

Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het Donderdag opnuut die Wes-Kaapse polisie versoek om snelwegpatrollies op die N2 te verskerp nadat ʼn beampte van die Valke op dié pad vermoor is.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die provinsie behoort sy bedrywighede te vermeerder om hierdie voorvalle te hanteer,” het Francois Beukman, voorsitter van die komitee, gesê. “Die SAPD moet waaksaam optree om hierdie kriminele elemente op ons paaie uit te roei.

Maroela Media het vroeër berig ao Petrus Holz (50), wat betrokke was by die Valke se eenheid vir kommersiële misdaad, is Woensdagoggend met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Hy het stilgehou om sy motor se band te ruil.

Verskeie verdagtes is Donderdag ondervra in verband met die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.