LP’s wil vinnig SAUK-raad se vakante posisies vul

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Vrydag gesê hy sal sonder versuim al agt vakante posisies op die raad van die SAUK vul ná vier bedankings vandeesweek.

Die komitee het in ʼn verklaring gesê Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het ʼn brief van pres. Cyril Ramaphosa ontvang waar hy die bedankings van adjunkvoorsitter van die raad Khanyisile Kweyama en raadslede Krish Naidoo, John Mattison en Mathatha Tsedu aanvaar.

“Die komitee is besorg oor die feit dat die bedankings kom te midde van ʼn tyd waar ons reeds besig is om die ander vir vakante posisies te vul en die oorblywinde raadslede nou sonder ʼn kworum gelaat is,” het Hlengiwe Mkhize, voorsitter van die komitee, gesê. “Die uitvoerende bestuur word gemaan om die openbare uitsaaier in die beste belang van die land te lei terwyl die komitee spoedig die agt vakante posisies probeer vul.”

Mkhize het gesê onderhoude sal met die uittredende raadslede gevoer word wat vandeesweek bedank het om die “ware motief” vir hul bedanking te bepaal.

Die openbare uitsaaier, wat tegnies insolvent is, ontvang weerstand oor planne om minstens 2 000 personeellede af te dank om kostes te besnoei en die deure oop te hou. Die SAUK skuld diensverskaffers honderde miljoene rand. Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het verlede maand gesê die openbare uitsaaier kan nie aan sy finansiële verpligtinge voldoen nie en het geen ander keuse nie as om met afleggings voort te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Geregtigheid ·

moenie de posisies vul nie. Laat dit deel wees van inkomste regstelling aksie.

alida ·

Lyk my Mnr Gordhan moet maar daar ook ingryp. As hy praat word dinge gedoen en reg ook.

Daan Erasmus ·

Staak gerus 7 de Laan. Dit het in ‘n warboel ontaard en geen beskaafde
Mens kan dit verstaan nie. En hoe raak ek van my TV lisensie ontslae.

John ·

Ons kan sonder die SAUK oorleef. Die plaaslike stasies is in elke geval meer interessant en sonder bombastiese alwetendes. Soos die SAL wat net daar is om die regeringsamptenare gratis rond te vlieg dien die SAUK as spreekbuis vir die ANC.

Irma ·

SAUK, SAL, TRANSNET, ESCOM om ‘n paar te noem almal loop dieselfde pad omdat die mense in beheer oor die algemeen net daar is oor “what’s in it for me”. Dieselfde siekte is sigbaar op munisipale vlak. Seker gedink die mense in SA het onbeperkte fondse en dit kan van lekker na nog lekkerder gaan. Verrassing, toe werk dit nie so nie en nou sit die bevolking in die knyptang van korrupsie.

zoom zoom ·

Al wie nodig is im die poste is Hlaudi zuma se girlfriend Dudu en Ou Tom die X Sars man en die Sauk Sal ‘n sukses wees. En net Om Te wys wie beheer die land gooi ‘n Gupta ook by

jakes ·

Die LP’s moet liewer eerste in die parlement begin ingryp en helfte van hulle moet afgedank word want hulle is saam met die sogenaamde leierskap te blameer vir die gemors waarin die land is. As jy onbevoeg is om enige iets ordentlik te bestuur kan jy soveel nuwe raadslede aanstel soos jy wil maar die eindresultaat gaan altyd dieselfde wees. Hierdie narre behoort eintlik in n sirkus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.