Luckhoff-plaasaanvallers steeds op vrye voet

Die egpaar se gesteelde motor is na die aanval naby die Havenga-brug gevind waar dit van die pad af gery het. Foto: Verskaf

Die egpaar se gesteelde motor is na die aanval naby die Havenga-brug gevind waar dit van die pad af gery het. Foto: Verskaf

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar Donderdagmiddag op ʼn plaas in die Luckhoff-omgewing in die Vrystaat oorval en aangerand is nie.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê gerugte wat die rondte doen dat ʼn verdagte vasgetrek is, is nie waar nie. “Daar is gister tydens die soektog na die verdagtes twee mense ondervra, maar hulle is nie ingeneem vir formele ondervraging nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 80-jarige man en sy 79-jarige vrou is op die plaas Avondsrus deur twee verdagtes oorval en aangerand. Die verdagtes het ʼn jaggeweer, ʼn .303-geweer, selfone en ʼn onbekende bedrag kontant geroof en met die egpaar se wit Toyota Corolla-motor op die vlug geslaan.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Corolla is kort na die aanval naby die Havenga-brug gevind waar dit van die pad af gery het. Die verdagtes en vuurwapens was skoonveld, maar die gesteelde kontant is in die motor gevind.

Die man en vrou het self na die polisiestasie gery om hulp te ontbied en is in ʼn kliniek op Luckhoff behandel. Maroela Media weerhou die name van die egpaar op hul versoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rika Smith ·

Wat de diekens gaan aan dat weerlose oumensies geteiken word om so mishandle te word? Net lafaards sal sulke wreedhede toepas!!!!!

Piet Pompies ·

‘n Groot gedeelte van ons samelewing leer vir die eerste keer iets van “waardes” as hulle in die tronk beland.

Aitsa ·

In bykans elke aanval is dit bejaarde mense wat deur die ‘mop’ aangeval word. Laat mens dink hulle is selfs nog versigtig vir die ouer mense. Ons het in Desember 2016 byna ook statistiek geword toe die manne my en my man in ons huis wou aanval. Gelukkig vir organisasies wat soos blits reageer het en die aanval afgeweer het. Dit maak mens net 100 keer versigtiger en meer oplettend as in die verlede

Annie ·

Hulle het mos toestemming om te vat wat hulle wil he … kan nie eers bestuur nie … kla hulle aan vir poging tot moord/diefstal en roekelose bestuur … gooi sommer tronk sleutel ook weg …. gemors

snoefie ·

as ek sulke berigte lees en kom by die gedeelte van vuurwapens wat geroof is, viel ek lus on te se “eie skuld eie skuld eie skuld.” wat maak hulle met vuurwapens as die vir buit of dalk aas in die kluis lê. new wat, daar is nie salt aan te smeer nie.

annoniem ·

dit sal baie help as ons ook in kennis gestel kan word waar die soek tog die polisie gely het want soos hulle in die berig se is dit duidelik baie onsekkerheid onder gemeenskap en mense vrees vir hul kinders en wie kontak jy as jy iets gewaar wanda polisie stasie of luckhoff polisie stasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.