Lucky Montana gooi joernalis glo met baksteen

Die skade aan die motor waar die baksteen dit getref het. Foto: Twitter

Die skade aan die motor waar die baksteen dit getref het. Foto: Twitter

ʼn Saak van opsetlike saakbeskadiging is teen Lucky Montana, voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), aanhangig gemaak nadat hy Donderdagaand na bewering ʼn joernalis se motor met ʼn baksteen gegooi het.

Adriaan Basson, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), het aan Maroela Media gesê ʼn joernalis van Rapport, Pieter-Louis Myburgh, het omstreeks 18:00 verby Montana se nuwe huis in Waterkloof, Pretoria, gery nadat hy ʼn wenk ontvang het oor beweerde ongerymdhede rakendedie huis.

Pieter-Louis Myburgh. Foto: Facebook

Pieter-Louis Myburgh. Foto: Facebook

“Myburgh was in sy maatskappymotor en het nooit die privaat eiendom van Montana betree nie,” het Basson gesê. Hy het gesê Myburgh het egter nader aan die hek gery en een van die werkers gevra of Montana daar is en of hy met hom kan praat.

Montana het uit die huis gekom en op Myburgh afgepyl met ʼn baksteen in sy hand. “Pieter-Louis se passasiervenster was oop en toe hy sien Montana gaan hom met ʼn baksteen gooi, het hy vinnig weggetrek,” het Basson gesê. Die baksteen het die motor agter teen die kant getref en die voertuig beskadig.

“Sanef is baie geskok oor Montana se optrede en ons ondersteun Myburgh en Rapport se strafregtelike klagte teen hom,” het Basson gesê. “Ons onderskryf die vryheid van joernaliste om ondersoekende joernalistiek wat in die publiek se belang is te beoefen. Montana se optrede is onaanvaarbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HENNA ·

Voorbeeld van ‘n UITVOERENDE HOOF om bakstene en klippe te gooi
dis mos die regte ding om ge doen.

Bruno Stef ·

Dit is net jammer dit was nie Adriaan Basson in persoon homself nie dan kon hy dalk uit sy sluimerslapie wakker geskrik het en kennis neem wat om hom aangaan.

EMK ·

Lucky wat sovele “grade” het – nou wys jy jou ware opvoeding!

George ·

Die man is nie net ‘n leuenaar nie maar ook ‘n geweldenaar. Dit getuig nie net van swak opvoeding nie maar wel van geen opvoeding. Ek hoop hy word onbevoeg verklaar om ‘n wapen te besit.

Nico ·

Hoe kry sulke mense topposte? Is daar GEEN beter kandidaat, selfs onder die regstellendes nie? G’n wonder die wieletjies kom af nie…

Johan ·

Wonder hoekom die joernalis se teenwoordigheid die kabouter so ontstel dat hy bereid ís om hom met ‘n baksteen te wil dood gooi.
Daar ruik ‘n rot.

manie ·

Het hy hom werklik gegooi met ‘n baksteen of nie? NA BEWERING verwys na as dit ‘n bespiegeling is.

Michiel ·

Manie, okay al is dit dan ‘n KLIP, maak dit nou dit meer aanvaarbaar? Moenie hare kloof oor twak nie man. Die skade is daar – kyk na die foto. Baksteen/klip/stuk metaal wat maak dit saak wat hy regtig gegooi het die feit is hy het soos ‘n barbaar opgetree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.