Lufthansa se ‘koningin’ op pad na SA

Lufthansa se "Queen of the Skies", die Boeing 747-8 Foto: Lufthansa

Lufthansa se “Queen of the Skies”, die Boeing 747-8 Foto: Lufthansa

Die Duitse lugredery Lufthansa is besig met die opgradering van hulle diens op die roete tussen Johannesburg en Frankfurt.

In die komende somerseisoen, vanaf Oktober 2015, sal die lugdiens die volgende generasie van Boeing se ikoniese Jumbo Jet, die Boeing 747-8, op dié roete begin gebruik. Dit sal die eerste keer wees wat die “Queen of the Skies”, soos daar na dié vliegtuig verwys word, op die Afrika-kontinent gebruik word.

“Suid-Afrika is steeds ‘n belangrike rolspeler in ons netwerk in Afrika en internasionaal,” het Tamur Goudarzi-Pour, Lufthansa se adjunkpresident vir kliëntediens vir die Midde-Ooste, Afrika en Suid- Oos-Europa, gesê. “Die Boeing 747-8 is die mees gevorderde langafstand- en mees doeltreffende brandstofverbruiker in die Lufthansa vloot.”

Lufthansa, wat 19 van die verlengde Boeing 747’s op bestelling het, sal aanvanklik van die vliegtuig gebruik maak op die roete tussen Johannesburg en Frankfurt, in ʼn vierklaskajuit-konfigurasie. Dit sal dus bestaan uit agt eersteklas-, 80 besigheidsklas-, 32 premium ekonomieseklas- en 244 ekonomieseklas-sitplekke.

Goudarzi-Pour het verduidelik die toename in aanvraag na eersteklas-, besigheidsklas- en premiumklassitplekke maak van die Boeing ʼn groot troefkaart.

Goeie nuus op die Lufthansa-front kom ook na Kaapstad.

Lufthansa se "Queen of the Skies", die Boeing 747-8 Foto: Lufthansa

Lufthansa se “Queen of the Skies”, die Boeing 747-8 Foto: Lufthansa

Te danke aan Kaapstad se gewildheid as top toeriste-aantreklikheid beplan die lugdiens om daaglikse vlugte met ʼn Airbus A340-600, op die roete na München beskikbaar te stel tydens die komende Suid-Afrikaanse somerseisoen, wat in Oktober begin.

Volgens dr. Andre Schulz, Lufthansa se nuut aangestelde algemene bestuurder vir Suid-Afrika, word Lufthansa se vlugte tans nie juis geraak deur die nuwe visumregulasies van Suid-Afrika se departement van binnelandse sake nie en bly Suid-Afrika nog steeds vir die lugdiens een van hulle top bestemmings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.