Lufthansa voeg Kaapstad-roete by

Argieffoto (Foto: bernswaelz, Pixabay)

Argieffoto (Foto: bernswaelz, Pixabay)

Die lugredery Lufthansa het Vrydag bevestig hy bied binnekort direkte vlugte tussen Frankfurt en Kaapstad.

Die vlugte, wat drie keer per week beskikbaar sal wees, begin op 2 Desember. Lufthansa bied reeds daaglikse vlugte tussen Frankfurt en Johannesburg.

Direkte vlugte tussen München en Kaapstad is reeds beskikbaar.

“[Die nuwe roete] ontsluit nuwe toerismegeleenthede vir persone wat van Duitsland af kom, deur aantreklike kombinasie-opsies na ander bestemmings in Suider-Afrika te bied deur ons Star Alliance-vennote,” het dr. André Schulz, Lufthansa se algemene bestuurder vir Suider-Afrika, gesê.

Tim Harris, uitvoerende hoof van die Wes-Kaapse toerisme- en handelsbevorderingsagentskap (Wesgro), het gesê die nuwe roete sal ʼn positiewe impak op sake en toerisme in die Kaap hê. “Duitsland is ʼn prioriteitsmark as ons derde grootste bron van buitelandse direkte beleggings en die derde grootste aankoper van ons produkte buite Afrika.”

Deon Cloete, algemene bestuurder van Kaapstad Internasionale Lughawe, het die aankondiging verwelkom. “Dit is ʼn groot teken van vertroue in ons stad en ons sien uit na ʼn volgehoue vennootskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Lufthansa se personeel is baie vriendelik en professioneel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.