Lugballon-ongeluk in VSA eis 5

Die mandjie het glo gedurende die ongeluk van die lugballon losgekom. (Foto: Twitter)

Vyf mense is dood nadat ’n lugballon in aanraking met ’n kragdraad in Albuquerque in die Amerikaanse deelstaat New Mexico was. Die mandjie het glo gedurende die ongeluk van die lugballon losgekom en met die insittendes neergestort.

Die plaaslike polisie het aanvanklik gesê twee mans en twee vroue is dood en nóg ’n man kritiek beseer ná die voorval Saterdag vroegoggend plaasgevind het. Die owerhede het later die dag bekend gemaak dat die man ook aan sy wonde beswyk het.

Die mandjie het glo in ’n straat neergestort en aan die brand geslaan.

Ongeveer 13 000 mense het gister weens die ongeluk sonder elektrisiteit gesit hoewel die kragtoevoer later herstel is.

“Ons gebede gaan uit aan die vriende en familie van al vyf mense wat hul lewe op dié tragiese wyse verloor het,” het die polisie in Albuquerque op Twitter gesê.

Bykomende bronne: BBC, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

annie ·

En wat het van die adrenalien-kicks toe geword? Human rights en human wrongs is ‘n paar rand uit mekaar, maar laasgenoemde eindig dikwels 6 vt onder. Nà die swart pes in 1349+ het mense die mees belaglike dinge aangevang wat soms tot dieselfde uiteinde as die pes gelei het. Is ons nou amper daar?

Belinda ·

…. en dis een van die redes hoekom ek nooit op so ding sal gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.