Lugbesoedeling: Waar in SA kan jy sien wat jy inasem?

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die departement van omgewingsake het vanoggend in die parlement ʼn voorlegging gedoen oor die stand van lugbesoedeling in Suid-Afrika, en die drie gebiede met die vuilste lug in die land uitgewys.

Die twee gebiede met die ergste lugbesoedeling in die land is geen verrassing nie: dit is die Vaaldriehoek en die steenkoolvelde van Mpumalanga se hoëveld. Maar die streek wat die derde vuilste lug in die land het, het nie so ʼn lang geskiedenis daarvan nie, naamlik die gebied in en agter die Waterberg in Limpopo.

Luidens die kaarte oor lugbesoedelingsvlakke wat die staat bekend gestel het, sluit die mees besoedelde gebied spesifiek die gebiede Drie Riviere (in Vereeniging), Sharpeville (by Vanderbijlpark) en Zamdela (by Sasolburg) in.

Dorpe in Mpumalanga se steenkoolvelde met die mees besoedelde lug sluit in Standerton, Delmas, eMalahleni (Witbank), Middelburg, Hendrina en Ermelo.

In die Waterberg-streek is spesifiek Lephalale (Ellisras), Thabazimbi en Mokopane (Potgietersrus) se lug baie vuil.

Oor die algemeen lyk die vlakke van lugbesoedeling in die land grootliks stabiel die afgelope paar jaar. Die lugkwaliteit word deurgaans gemonitor by 136 meetstasies in staatsbesit en omtrent 25 in private besit.

Buiten die drie ergste gebiede soos hierbo genoem, is daar ander dele van die land waar lugbesoedeling die afgelope jaar soms bo aanvaarbare vlakke gestyg het.

Daardie gebiede is Phalaborwa, George, Bellville-Suid, Kaapstad-Sentraal, Kaapstad-Roggebaai, Goodwood, Khayelitsha, Table View, Bedfordview, Springs-Etwatwa, Springs-Sentraal, Vanderbijlpark, Olifantsfontein, Thokoza, Alexandra, Buccleuch, Sowet-Jabavu, Olievenhoutbosch, Rosslyn, Bloemfontein-Sentraal, Port Elizabeth-Walmer, Durban-Sentraal, Chatsworth, Durban-Wentworth, Marikana en Mahikeng.

In Kaapstad is die lugbesoedelingsvlakke baie laag, maar die hoogste lugbesoedelingsvlakke is aangeteken by die Wallacedene-plakkerskamp by Kraaifontein, in Khayelitsha en in die Kaapse middestad.

Die lugbesoedelingsvlakke in Johannesburg is tot ses keer hoër as in Kaapstad, met die townships Alexandra, Diepsloot en Ivory Park die ergste gebiede.

Pretoria se lugbesoedelingsvlakke is sowat drie keer so erg as die Kaap s’n, met Olievenhoutbosch, Pretoria-Wes en Booysens wat die slegste rekords het.

Aan die Oos-Rand is lugbesoedeling ʼn bietjie erger as in Pretoria. Etwatwa buite Springs en Wattville buite Benoni spook dit uit vir die slegste lug, met Germiston nie te ver agter nie.

ʼn Verrassing in Mpumalanga is dat Standerton die mees besoedelde lug het, gevolg deur Delmas, Balfour en Middelburg.

Kragonderbrekings is ʼn groot onlangse bydraende faktor tot lugbesoedeling, het departementele amptenare gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Azanie ·

Diensleweringbetogings se bande wat brand, is van die grootste lugbesoedelaars in die land.!

Martie ·

Al die dorpe om Bethal,Mpumelanga word genoem,Standerto,Middelburg,Kriel ook een,Secunda en Bethal in die middel die lug us baie vuil hier ook want al daai swart koolstof en trokke moet hier deur die dorp ry ek stof elke dag ongeveer drie tot vier keer af omdat dit so vuil dorp is.

John ·

Die giftigste gasse tydens besoedeling kan glo nie geruik of gesien word nie. Sekere maatskappy glo hulle kan wegkom daarmee. Sulke groepe se deure moet summmer gesluit word… maar geld praat….

Derick ·

Section 24 of Constitution
Everyone has the right— (a) to an environment that is not harmful to their health or wellbeing; and (b) to have the environment protected, for the benefit of present and future generations, through reasonable legislative and other measures that— (i) prevent pollution and ecological degradation; ens.

YVONNE ·

Nou hoe op AARDE haal Richardsbaai nie hierdie lys nie? Verstommend!

PK ·

Dit word seker nie in dorpe rondom Saldanhabaai gemeet nie. Alles is rooi van die ystererts. Weet nie wat die arme diere als inkry nie

Gemaskerde Sopbeen ·

Hier kom NOG ‘n “tax”….die trog is leeg en die snoete baie. As jy in Zim in ry dan betaal jy ‘n “besoedelings-belasting”…Ek vra die voorpoot “If you ask me for road tax, you use the money to fix the roads. If you ask me for water tax, you use the money to sanitize the water, né? So where is the plant you’re using polution tax money to sanitize Zimbabwe’s polluted air?” Hy dink seker nou nog aan die antwoord….maar ek kon nie wag nie, toe ry ek maar….

Swanna ·

Hierdie departement moet sommer ook na die omgewing kyk byvoorbeeld riviere en spruite want dit is net so besoedel en ruik soos riool afvoer kanale, maar ons ken die storie. Hierdie is maar een van daardie opkikkirings oomblikke om die publiek aan die gons te kry en almal te laat dink iets gaan reggemaak word en dit waar dit stop. Hierdie regering het nog niks verbeter nie net wette in gestel om geld uit die belasing betaller te tap en nou soosdat jy meer gaan betaal vir water, maar die water is frot in die riviere en die suiwerings aanlegte het agterwee geraak a.g.v. hul wanbestuur en nou moet ons betaal daarvoor. “Whats new”

Anneli ·

Baie waar! In Gauteng is die riviere en spruite riool strome. Als oppad na Hartebeespoort dam toe en van daar af op die groente wat ons eet. Die oplossing is om die riool aanlegte te herstel en ek vra hoe moeilik kan dit wees?

JV ·

Met al hierdie miljoene plakkershuise wat opksiet kan dit nie anders nie, dan ontbos hulle SA om vuur te maak. Binnekort is daar geen bome oor nie. Van dit gepraar, hul verbrand al die ou buitebande en geboue.

Uncle Buck ·

Thabazimbi, nou verstaan ek waar kom al die allergieë vandaan wat die dokters sê jy het as jy sê jy is siek. Van hooikoors, hoofpyne en wat nog. Gedink die dokters maak ‘n fout maar weet nou van beter.

AndrewL ·

As oud Pietersburger kan ek dit skaars glo dat Noord-Transvaal nou so lyk. Maar nou ja, dis nou ook ge-Azania en herdoop.

Hendrik van George ·

George! Nee wat, hulle droom seker. Waar kom die vuil lug in George vandaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.