Lugdienslisensiëringsraad sê oor Skywise

Foto: skywise.co.za

Argieffoto: skywise.co.za

Die lugdienslisensiëringsraad (ASLC) het Woensdag met die bestuur van die laekostelugdiens Skywise vergader om die operasionele uitdagings wat die sukkelende lugdiens ervaar, te evalueer.

Sam Monareng, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê die ASLC het met Skywise se bestuur vergader aangesien die raad, in ooreenstemming met die vereistes van die Wet op die Lisensiëring van Lugdienste, optree in belang van die veiligheid van die publiek.

“Skywise se dienslisensie is steeds geldig,” het Monareng na afloop van die vergadering in ʼn verklaring gesê.

“Gegrond op ʼn inspeksie wat in November vanjaar deur die Suid-Afrikaanse vereniging vir kommersiële lugvaart van Suid-Afrika ­(SACAA) op die lugdiens uitgevoer is, is bevind dat Skywise veilig en betroubaar is om ʼn lugdiens te bedryf.”

Verlede Woensdag is berig die Suid-Afrikaanse Lughawemaatskappy (Acsa) het die vlugte van Skywise onbepaald opgeskort.

Dit het daartoe gelei dat passasiers sonder verduideliking gestrand gelaat is en het hulle op sosiale media gekla het, nadat die status van hul vlugte nie deur die lugdiens bevestig kon word nie. Dit het gebeur ʼn dag nadat dié lugdiens sy vloot van “een vliegtuig sou verdubbel”.

Dié laekostelugdiens het die afgelope tyd deurgeloop onder bespiegeling oor sy toekoms. Tabassum Qadir, Skywise se medevoorsitter, het egter bly sê “niks het verander nie, ons hou steeds by dieselfde vlugskedule”.

Die lugdiens se daaglikse vlugte is in November van agt na ses verminder weens agterstallige betalings aan onder meer Acsa. Qadir het egter volgehou die lugdiens sal vanaf 1 Desember sy vloot uitbrei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michelé ·

Weet julle dalk of skywise binnekort soos in vandag of môre gaan vlieg?????????

arie plaasboer ·

Hoe het ons dit met Maroela vandag?
SACAA = South African Civil Aviation Authority
Ek sou dink (weet eintlik) dat die afkorting vir die Suid Afrikaanse Lughawe maatskappy = ACSA.
Ek dink ek behoort te weet. ek was lank aan een van die twee verbonde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.