Lughawe-bende word met 16 ander misdade verbind

Die vermoedelik gesteelde BMW waarmeed die verdagtes gery het Foto: Facebook

Die vermoedelik gesteelde BMW waarmeed die verdagtes gery het Foto: Facebook

Twee vermeende rowers wat Sondag in ʼn skietery met die polisie dood is, word met minstens 16 ander misdade verbind.

“Die derde verdagte, wat steeds in die hospitaal is, is nog nie aan enige ander misdaad verbind buiten Sondag se voorval nie,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Hy het gesê Tyson Mdluli en Benson Kalusi, die twee verdagtes wat Sondag dood is, was óf verhoorafwagtend óf is deur middel van vingerafdrukke met die ander misdade verbind. “Kalusi was verhoorafwagtend vir nege ander misdade en word met vier ander sake tusen 2006 en 2013 in Johannesburg en omgewing verbind deur vingerafdrukke,” het Naidoo verduidelik. “Mdluli was verhoorafwagtend vir drie misdade, ook in Johannesburg en omgewing, wat tussen 2011 en 2013 gepleeg is. In meeste gevalle was die verdagtes betrokke in gewapende roof en ander sake soos poging tot moord en die besit van gesteelde goedere.”

Maroela Media het vroeër berig die polisie het die drie mans oorval toe hulle glo ʼn inwoner van Haarhoffstraat in Pretoria Moot in haar oprit wou beroof. Hulle het haar na bewering van die OR Tambo Internasionale Lughawe agtervolg. “Die verdagtes het op die beamptes losgebrand. Mdluli (43) en Kalusi (40) is doodgeskiet en die derde verdagte, wie se naam nog nie bekend gemaak mag word nie, is in sy kop en skouer gewond.” Nie een van die polisiebeamptes is beseer nie.

Die derde verdagte staan tereg op twee aanklagte van moord (Mdluli en Kalusi), aanklag van gewapende roof, vyf aanklagte van poging tot moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ongelisensieerde ammunisie en die besit van ʼn vermoedelik gesteelde blou BMW-voertuig.

Die polisie het beslag gelê op die vuurwapens op die toneel en dit word vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit in enige ander misdaad gebruik is.

Lees alle vorige berigte oor die lughawe-bende op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

miemie ·

Hulle het hom agtervolg en haar in haar oprit wou beroof?????

Sune van Heerden ·

Dagsê Miemie

Ons vra om verskoning. Dit was inderdaad ‘n vrou wat beroof is, ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

lappop ·

Dit is wat gebeur as verhoorafwagtende kriminele, wat geen breinselle en gewete het nie, op straat rondloop. Hoekom is hulle nie agter tralies nie?

Landie ·

Hoekom op aarde is verhoorafwagtende gevangenes nie AGTER tralies nie, maar loop vryelik in die samelewing rond!!! Veral as hulle met sulke misdade verbind word. Ons regstelsel kort ‘n dringende regruk!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.