Lughawe-dwelmvonds: ‘Sy is aktrise maar nog nie bekende nie’

Foto: Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Foto: Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hou vol die 29-jarige vrou wat Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is, is wel ʼn bekende aktrise, terwyl die polisie volhou sy is nie ʼn bekende Suid-Afrikaner nie.

Die vrou het pas vanaf Abu Dhabi in Johannesburg aangekom en glo ongesiens verby doeane probeer glip,  toe sy deur beamptes voorgekeer is. Meer as 15 kg se efedrien ter waarde van R4,6 miljoen is glo in haar besit gevind.

Volgens Luther Lebelo, woordvoerder van die SAID, is die vrou ʼn bekende aktrise wat rolle vertolk het in onder meer Scandal, Isidingo, Rhythm City en Skeem Saam. Die vrou se naam mag nie genoem word voordat sy in die hof verskyn het nie.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het egter gesê die “vrou is nie ‘n Suid-Afrikaanse bekende nie”. Hy het egter glo aan The Times gesê die vrou was al ʼn ekstra in ʼn sepie. Sosiale media is intussen aan die gons oor wie die vrou moontlik kan wees.

Die vrou sal Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit lyk my die rolle vertolk “Skeem saam” en “Scandal” het nou ‘n werklikheid geword.

Eliza-beth ·

Bekend of nie, aktrise of nie, wat sy gedoen het kon, sou sy slaag om dit in te bring, baie wyd uitkring en lewens van talle opmors. Sy verdien die heel swaartste straf – en geen verskonings weer van “iemand het haar tas vir haar gepak” of ooo, “iemand” het haar gevra om ‘n “pakkie” huis toe te bring en sy het nie “geweet” wat is binne in – sy dog dis tee of iets, en sulke twak nie! STRAF haar, maak ‘n voorbeeld van haar!

SI ·

Hoeveel lewens sou verwoes gewees het hierdeer …. maak ‘n voorbeeld van haar! Die ander vraag natuurlik …. wat is ‘n ‘swaar’ straf in SA?

Jax ·

Sy was nie n baie goeie aktrise nie. Kon nie genoeg geld maak nie en kon nie die doeane ouens flous nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.