‘Lughawe-rower’ aangekeer

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy deel is van ʼn bende wat mense van die OR Tambo-lughawe agtervolg en hulle beroof as hulle by hul bestemmings aankom, is oor die naweek in hegtenis geneem.

Volgens kol. Vish Naidoo, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, is die 35-jarige verdagte deur die polisie opgemerk toe hy in ʼn luukse motor in die omgewing van die lughawe rondgery het.

“Die Mercedes Benz het by die beskrywing van die motor gepas wat die lughawe-rowers gebruik om slagoffers mee te agtervolg. Verdere ondersoek het bepaal dat die voertuig in April vanjaar in Germiston gekaap is,” het Naidoo gesê. “Daar is ook vasgestel dat die verdagte gesoek word in verband met minstens drie sake van gewapende roof. Die verdagte is ook van tevore skuldig bevind aan moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.”

Die man het alleen in die motor gery toe hy in hegtenis geneem is.

Hy moet Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

George ·

Ek hoop hy word nou toegesluit. Hoeveel skade en verdriet moet hy nog aanrig voordat hy uit die gemeenskap verwyder gaan word??? Skuim soos hy behoort nooit weer sonlig te sien nie.

Willie Paterson ·

Waarom word misdadigers so maklik vrygelaat? Is daar fout met ons regstelsel?

ladybug ·

Willie, daar is GROOT fout met ons regstelsel, en die aanklaers en landdroste die ouens wat die bal laat val!

Polisielede werk hul gatte af om die dossier oop te maak, verklarings ens. en dan kom die saak by die aanklaer en die landdros en al die harde werk raak ongedaan!

Lynette ·

Ek voel presies dieselfde. As hy reeds skuldig bevind is daaraan, wat soek hy op vrye voet?

tina ·

Nou vra ek myself af. Hoe is dit moontlik dat hierdie moordenaar vry rondloop? “Di verdagte is
ook van tevore skuldig bevind aan moord,
gewapende roof en die besit van
ongelisensieerde vuurwapens.” Seriously!!!!! wat was sy vonnis en hoelank het hy gesit en wat maak hy dan nou op straat?
Dan lees ‘n mens van vorige berigte van onskuldige mense wat hulself verdedig teen hierdie soort en jy besef daar is GROOT FOUT!
Regtig, die modus oprandi van hierdie kriminele, moet ‘n mens of dan die “gevangenis owerheid” fyn dophou.(of dalk hulself onder die vergrootglas sit, he-he)
Hulle het al so gemaklik geraak, dat hy/hulle weet hoe om die reels te speel. Net ‘n kwessie van tyd.

CHRISTA ·

Wat ‘n grap is ons regstelsel nie!!! Hy is SKULDIG bevind van MOORD, GEWAPENDE ROOF en besit van ONGELISENSIEERDE VUURWAPENS en hy LOOP LOS ROND?? Waarom is hy nie agter tralies nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.